Profile photo of VozSola

by

As stilte jou die antwoord gee

Oktober 21, 2010 in Sonder kategorie

eksê het ‘n bloedstollende vraag gevra… Sommer net so, reguit, eerlik sonder baie woorde. Hierdie antwoord met baie woorde gaan seker op die ou einde niks sê nie, maar miskien sal ‘n paar verlore engele self ‘n woord of twee tussen my en die keyboard getik kry.

Hierdie vraag het ‘n paar maal naby my kom staan. Sonder te veel informasie en detail, wonder ek steeds oor die vraag meer as die antwoord, want die vraag verander altyd, maar die antwoord bly dieselfde… As my skrywes kras klink – is ek jammer – ek is nie ongevoelig nie, maar dit maak my soms kwaad.

Hoekom, as enigste kind moes my niggie selfmoord pleeg? ‘n Nota laat en haar begrafnis beplan, maar so ‘n gemors van haarself te maak dat haar ouers haar van die vloer te moes opvee?

Hoekom as ‘n wonderlike seun moes my nefie selfmoord pleeg? Stil, laatnag, alleen sonder nota, lank genoeg dat die petrol in die tenk lankal die geparkeerde kar laat stol het? Net so, sonder woord?

Hoekom moes my nefie so gebore word dat hy nooit die ouderdom van tien jaar sou oorleef nie. Die enigste van twee sulke siek kinders in SA? Selfs met die beste mediese sorg in Engeland, is hy sukkelend en stukkend na die anderkant?

Hoekom moes my susterskind sonder voetjies gebore word? Hoekom kon sy nie maar net daardie een ekstra beentjie in haar bene soos almal anders gekry het nie? Hoekom het dit nie op die sonar gewys nie…niks het my suster voorberei vir daardie skok nie!

Hoekom moes my Oom na hy vir dekades van sy familie vervreem was, kom vrede maak, en dan voor die trein gaan inloop?

Skielik dink ek terug, ‘n paar maande na my troue, moes ek bloed en haarwortel monsters na Engeland stuur vir ontleding om uit te vind of ek ook ‘n draer van die ginetiese siekte is wat my nefie gehad het. Na sowat twee weke het ek gehoor ek toets negatief. Maar dit het steeds drie jaar geduur om myself te oortuig dat dit okay sal wees. Fisies was my swangerskap fantasties – geen probleme of ouvrou stories nie. Maar die angs en stress het my opgevreet…tot die dag wat ek daardie volmaakte seuntjie kon vashou. Ek kon myself nie so ver kry om dit wee rte wou probeer nie…ek sou mal word.

Maar die seerste vraag is die een wat my ouers steeds oor Kersfees vra? Hoekom? Hoekom het hul eerste kind, ‘n pragtige seuntjie gebore die dag voor kersfees net lank genoeg gelewe om veels geluk Liewe Jesus te mag sug, voor hy minder as 24 uur later weg is…

Is daar ‘n antwoord, jip, net die een wat stilte in hul plek antwoord. Maar ons is nog te dom om te luister.

… en die wat wel luister, het lankal vergeet om hoor.

8 antwoorde op As stilte jou die antwoord gee

  1. Soms baklei ons so kliphard met alles en almal om ons en skop ons so kliphard teen die prikkels, dat ons vergeet om net te luister. Baie mooi inskrywing.

  2. zephur het gesê op Oktober 22, 2010

    Vrae met geen menslike antwoord

  3. VozSola het gesê op Oktober 22, 2010

    xxxOOOxxx

  4. VozSola het gesê op Oktober 22, 2010

    Dankie Pa-Flenters…jy is heeltemal reg.

  5. VozSola het gesê op Oktober 22, 2010

    Thanks Anha!
    xxx

  6. VozSola het gesê op Oktober 22, 2010

    !!!!
    ?
    😉

  7. VozSola het gesê op Oktober 22, 2010

    Dankie Nika!
    Jip, soms skop ons ander tussendeur ook per ongeluk raak…

  8. VozSola het gesê op Oktober 22, 2010

    ja-nee Zepman…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.