Profile photo of VozSola

by

Suid-Afrikaners kan nie braai nie

Oktober 18, 2010 in Sonder kategorie

Na ’n heerlike Latin American Sondag middag ete by en ten bate van die Katolieke kerk in Waterkloof is ek vas oortuig dat Suid Afrikaners nog baie het om te leer van braai.

…..

….

….

Reg, noudat ek julle aandag het…okay, dit is seker nou nie soooo erg nie. Ons weet darem ’n paar dinge van braai af, maar nie alles nie. Kyk, hierdie klompie van Suid-Amerika ken van lekker braai en kos maak. Maar hulle weet ook van saam partytjie hou sonder ‘kliek-kliek’ en verwaandheid.

Van ambassedeurs, die Lugmag, die Leër en ander hooggeplaastes, het hulle in hulle jeans en t’s goed op mekaar se wyn gekuier en die Chilean bier het nooit opgehou vloei nie. Almal het lekker saamgekuier. Elke land in Latin Amerika was daar. Van Bolivia, Colombia, Peru, Bazil, Chile, Argentina, Uruguay ens. ens.

Van vooroordeel tussen lande was daar geen sprake nie. Daar was tradisionele musiek en danse (die mooiste was die girl wat tradisionele passies van Easter Island gedoen het – paar mans het ’n goeie paar vlieë oopmond gevang!) Grasperk is kol-kol uitgedans.

Wonder hoekom ons sokkerballe nodig het om ook so saam-saam te party. Maar dit is mos onpatrioties om op ’n spesiale dag te braai… dit laat my glo dat ons inderdaad f…l van braai weet.

Maar, dis nou weer Maandag. Realiteit tref soms hard. Gans te hard.

10 antwoorde op Suid-Afrikaners kan nie braai nie

  1. Neander het gesê op Oktober 18, 2010

    Die rede is dat daar solidariteit tussen die S Amerikaanse lande is met gedeelde kultuurbelange.

  2. louisna het gesê op Oktober 18, 2010

    Onthou, hulle vleis is van ‘n beter kwalieit.

  3. TS het gesê op Oktober 18, 2010

    As ek so na Latino se blog kyk eet hulle ook baie beter as ons maar ek dink nie hulle het ons dik lywe nie…sug…

  4. VozSola het gesê op Oktober 18, 2010

    Jip,
    ek sien dat Afrika dit kan doen nie.

  5. VozSola het gesê op Oktober 18, 2010

    O, verseker ja!!

  6. VozSola het gesê op Oktober 18, 2010

    Nou praat jy! Ekke het nie een met ‘n dik lyfie gesien nie…
    Ek dink dis van goeie kos, wyn en dans!

  7. Neander het gesê op Oktober 18, 2010

    Ek wou ook meld, Rapa Nui( Easter Island) se mense (DNA toetse) kom van Polinesië, so hulle is nie tradisioneel van S Amerika nie. Die eiland met die groteske klip mensbeelde is wel nader aan S Am as aan die Suidsee.

  8. VozSola het gesê op Oktober 18, 2010

    Jy is heeltemal korrek –
    Maar soos met alle geskiedenis en bewyse – hang dit af met wie jy praat – om verskeie stories te hoor…

  9. louisna het gesê op Oktober 18, 2010

    Beste steaks in die wereld.

  10. VozSola het gesê op Oktober 18, 2010

    en vir jou!

    Baie, duisend dankies!!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.