Jy blaai in die argief vir 2010 Augustus.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Oom Moral en Tannie Moreel

Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie

Dat jy jou vriende kan kies maar nie jou familie nie, is nader aan die waarheid as wat ons dalk besef. Vat nou maar vir Oom Moral en Tannie Moreel. Hene, hulle is amper ouer as die berge self. Ewig aan mekaar getrou sedert die begin van die begin, as jy my sou vra!

Kyk, Oom Moral is nou die een wat altyd Tannie Moreel se geselsies wil opsom in een sin. Amper soos; ‘dit wil sê…’ Ai, dan wil Tannie Moreel die horries kry en weer van vooraf haar geselsies herhaal…maar sy kom fluister dit hierdie in jou oor, sodat Oom nie nog ‘n kortstondige opsomming kan maak nie!

Hulle stem eintlik oor alles saam, maar nou nie so dat jy dit sal agterkom nie…maar moet tog nooit dat hulle jou dit hoor sê nie! Dan is daar familie twis en jy sal pens en pootjies in die middel daarvan beland en die uiteinde is lang slaaplose nagte wat op jou wag. Trust me… dit word lang nagte….!

Tannie Moreel neul heeldag, tug heeldag, vertel heeldag en as jy waag om dalk ‘n voet verkeerd te sit, of dalk lelike gedagtes of woorde uiter, of iemand te na kom, ‘n wit leuntjie vertel of bloot net waag om lelik te wees, kyk sy dwarsdeur jou siel en sê; “was dit nou regtig nodig, WANT…..” en dan word daar vir jou lang verhale vertel… Dan sal Oom Moral net sug…en sê: “Dit wil sê…” Dis genoeg om jou twee maal te laat dink oor jou sondes! Want jy wil regtig nie weer daardie storie hoor nie!

O gaats, het ek nagelaat om te sê dat hulle familie van ons almal is? En as jy hulle nie as familie erken nie, dan is daar grooooot fout…met jou en die samelewing…

Ek sien daar is deesdae heelwat mense wat Oom Moral en Tannie Moreel onterf het…as my erfsonde my nie ontsien nie, sou ek verseker hierdie mense voor die familiehof gedaag het! Maar nou ja, dis jammer dat ons in hierdie tye nie meer na onse verlangse familie wil omsien nie…hoekom sou ons dan só ons eie gewetes wil ry…of dalk sus?

Catch my drift?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Roland will continue…

Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie

…in the book no. 8!!!

Titled: The wind through the keyhole.

Boodskap net vir diegene wat die pad gestap het en die toring geklim het…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Op ’n dag toe die wêreld kens geraak het…

Augustus 30, 2010 in Sonder kategorie

Die voorbodes van afgode het tot die grond geval. Mure tuimel en die see het oorgeloop, terwyl die nog ’n berg oranjerooi opgooi. ’n Ster het geval, die son verbrand terwyl die maan met ’n halwe grynslag oor die horison hop.

Nee, dis seker nie so erg nie.

Hitler het gekom en gegaan, so sal ander ook. Steeds sal mense sielsbedonnerd hierrond wandel, in die wonder wanneer die wêreld weer kens gaan raak.

Vanuit brandstapels van die verlede, het daar ’n stofwolk monster onstaan…en die dans tans kolkend op die maat van die hede rond… oi-oi…vir die res op die ashoop, herwin en met toutjies beklouter om te poppekas dans vir die opgesweepte gehoor.

Tsk…

Met die val van die hamer is die bod toegestaan…te jammer, te laat…te goed….vir die slegtes en te sleg vir die goeie.

Met die val van die hamer word dood vrygespreek terwyl dieselfde hamer ’n ander se kis toespyker…net soos die kind met bebloede bobene en dom verkragte siel soos plywood en sinkplaat ’n harts-huis oprig.

Voor in die ry is net so goed so agter in die ry as die ry omdraai…maar daar’s net plek vir soveel suigplek aan die heilige koei…terwyl die res wag…en wag…en die koei oornag uitgesuig en kurkdroog onder bevel vir die res agtergelaat word.

Net so vinnig soos die nuwe sterre in galaxy van samelewing gebore word…net so vinnig verskiet die res…en al wat agterbly is spikkels van verderf, galaxy junk daarvoor wat eers was en kon wees.

Die eens belangrike ontdekking van nommers is oornag verkrag en die syfers word soos bloed uit ’n klip getap…waar geen waarheid en realiteit kan kruip…loop die oormag van mag self…die donkerte in…

…en die oumense ween, die kinders kreun, tewyl ons maar net steun-steun voortbeweeg…want as jy stilstaan op hierdie vlaktes van wangedrag en ongeloof, sal jy in die stampede van verderf vergaan.

Tsk…tsk…

Profile photo of VozSola

by VozSola

HELP GOU – Pretorianers Asb!!!

Augustus 30, 2010 in Sonder kategorie

Wee enige een van julle of die Home Affairs in Centurian oop is?

Moet 13h30 ry…en wil nie alle pad van die stad verniet ry nie…

met dank aan die een wat dalk sal weet.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wat gebeur as die hadida sy stem verloor?

Augustus 29, 2010 in Sonder kategorie

Niks ruk jou wakker uit ‘n rustige middag slapie soos ‘n hees hadida nie. Daardie hadida se hees roep het deur die klankgrens van van drome gebreek en my gedagtes moes die spoedgrens breek om op te vang met realiteit. Die hadida het amper sy stem verloor!

Soos ons mos nou maar as denkende wesens aanmekaar getimmer is, laat dit my wonder oor hoe ons ook soms in die lewe hees word en ons stem verloor. Is dit omdat ons te veel en te hard geskree het, of is dit dalk ‘n geval van infeksie wat die samelewing soms nurture sonder die besef van hoe gevaarlik die nagevolge dalk kan wees…mense wat in stilte van stem lewe… ?

Dankie tog vir die geskrewe woord, want nou kan niemand vanaand my stem hoor nie…

Profile photo of VozSola

by VozSola

For now – I am, just me

Augustus 27, 2010 in Sonder kategorie

When the world becomes a page

and you become the pen

your life becomes the words

what you do, the story

how you live, the beginning

how you experience life, the ending

So, go on, and write your story,

from beginning to end,

pack it, seal it, and post it,

and your life will be well worth it.

 

 

You can’t make me do it

‘cause you know life has no end

the wheel will keep on turning

you can’t go thru life yearning

for the moment I couldn’t do it.

never ask if it will ever be,

for what will be, will be

for, I am, just me.

 

You can’t make me live it

‘cause each life has its bend,

the bridges we keep on burning,

make the world keep on turning,

for this bridge, I just couldn’t burn it,

though I know it may never be,

for what will be, will be,

for, I am, just me.

 

I can’t make you see it,

‘cause your life has been sent,

heaven’s gate is the beginning

and heaven’s gate is the ending

and we have to live just to make it

knowing that this will be,

for what will be, will be,

now, I am, just me.

 

© 

 

Profile photo of VozSola

by VozSola

Silent review

Augustus 26, 2010 in Sonder kategorie

Mind filled village with one resident.

 

 

Dankie vir diegene wat gister se grondpad gestap het.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Stofpad grondpad langs

Augustus 25, 2010 in Sonder kategorie

As opvolg vir my vorige inskrywing het ek besluit om nou eerder die grondpad langs na die stofpad te neem… julle is welkom om saam te stap, al is dit net ‘n entjie…of dalk net vir geselskap…vir my gaan dit nie saakmaak nie…want ek ken reeds die pad. Ek het al opgehou tel hoeveel keer ek hierdie pad gestap het. Soms loop hy vinnig, soos ‘n maklik-lees-boek. Soms loop hy so moeilik soos die bybel self as wankelinge geloof die woorde wasig maak.

Ek glo min is meer…hoe minder woorde, hoeveel meer kan gesê word. Maar aan die ander kant, is dit nie die normale pad wat onverklaarbare denke wil loop nie. Dit kan nie. Dus, ek vra ek verskoning as hierdie woordepad dalk te lank raak…en weet dat dit alweer net ek alleen sal wees as ek die laaste punt van die pen hier dooddruk.

In die laat middag son van die jaar se einde wonder ons almal maar oor dieper dinge. So asof die spreekwoordelike ‘spring cleaning’ eintlik direk op ons as mense van toepassing moes wees en dat die nie gaan oor vensters en gordyne was nie. Maar emosionele spring cleaning van jouself.

Oor die wêreld om ons, gaan ek nie eers na verwys nie. Ons lees almal dieselfde koerante, kyk na dieselfde nuus, sien dieselfde lewendige nagmerries wat om ons afspeel. Die uitwerkings op almal wat opreg mens is met ‘n hart en siel, is min of meer dieselfde. Almal word aangeraak. Sommiges meer en ander minder.

Al staan ons saam, bid ons saam, glo ons saam, vier ons blydskap saam en huil ons saam – beteken dit bitter min as jy alleen daar lê, in die paar onsekere sekondes voor die slaap jou oorval. Soms jaag daardie einste sekondes die horlosie van die uur af en laat jou vergete en alleen agter. As God nie welkom is nie, is dit die eensaamste gevoel denkbaar. Dit vacuum jou logiese denke van diep binne jou eie verstand en laat jou leeg.

Wanneer dit gebeur, is dan wanneer jy die grondpad vat. Jy met jou hobo bindle gevul met liggaam, siel en gees.

Ek het weer die pad gevat. Hierdie keer met pen en papier. Ek het ‘n afspraak met ‘n paar mense gemaak wat gerieflikke oornag plekkies padlangs het. Elk verder van die begin en ander nader aan die einde. Hulle is daar geplaas juis om as rusplek te dien.

Die eerste persoon met wie ek ‘n afspraak het is God. Ek wou ‘n onderhoud met God gedoen het en dan aan julle met sensasie dit kom deel. Maar God het nie ingestem nie. Hy het gesê; Al bly Sy boodskap aan alle mense ten alle tye en deur alle tye presies dieselfde, sal dit onregverdig wees om sy gesprek aan my te herhaal, want ons HOOR nie dieselfde nie, net soos ons nie almal dieselfde kan SIEN nie, en dus nie almal op dieselfde tyd met dieselfde oortuiging kan GLO nie.

Om dit te regverdig, gaan ek eerder my dialoog aan Hom met julle deel.

“Here, hoekom het u die mooi saam met die lelik gemaak? Die goed saam met die minder goed? Die blydskap met ‘n traan gevul? Hoekom is die moeilike dinge soveel makliker om te verstaan as wat die soms mees eenvoudigste en kleinste dinge is? Hoekom is dit so maklik om te glo aan die maan en sterre en die heelal, maar ons verstaan steeds nie die wonder van die mier nie? Hoekom voel ons so skuldig en ja, soms bang as dinge met ons goed gaan, en as dinge nie so goed gaan nie, trek ons bloot ons skouers op en sê; Dis mos maar hoe dit moet wees? Here, Is dit hoe dit moet wees?”

God het die pad saam met my geloop en saam met my by hierdie spesiale mense in my lewe gaan uitrus. Soms het ons ‘n rukkie vertoef, soms net met die hand in erkenning gewuif, nie dat hulle minder belangrik was nie, maar dit is wat hulle veronderstel was om te doen…ondersteuning en erkenning dat ek op die regte pad is. Hulle is rigting aanwysers. Ander se doel was as onderwysers, raadgewers, vriende, familie, vyande, vreemdelinge en selfs troeteldiere.

Soms sien ons hulle nie raak vir wie hulle is nie, want emosioneel staar ons ons te blind aan omstandighede en nie die werklikheid nie. Ons sien altyd beter as ons terugkyk die donker in, as wat die son jou sig verblind in die toekoms in. “Here, is dit hoe u dit nog altyd wou gehad het?” Ons sien niks in die toekoms en word nie wiser uit die verlede…maar steeds kan ons nie sien wat reg langs ons staan nie? “Here, diegene wat wel langs hul kan sien, het hulle die ware lewe soos wat u dit vir ons geskep het?”

Wat is die sin in die lewe?

Die LEWE is die sin self. Dis al.

LEWE

Ek het nou-nou by die stofpad aangekom. Die einde van die pad. Ek het die stofpad oorgesteek. Ek het nou weer begin aanstap grondpad langs oppad na die stofpad.

En so sal ek weer loop…die volgende grondpad mag dalk ‘n grootpad wees en nie hierdie moeilike kronkelpaadjie van dieafgelope jaar nie.

Maar stap steeds…

 

Tot by die:

Stofpad

‘n Gegiete engel

‘n sement traan gehuil

wang tot ken diep geskilfer,

aan die oorkant ‘n babakruis

skeef ingelê langs ‘n bottel glas

gevul met dooie herwin

ongegeur maar

skreeu-helder

skril soos die Indian minor

in die skynsipres op almal wag

nog ‘n blink ketting

om ‘n kis te bring

nog te blink

en nou te dof

Profile photo of VozSola

by VozSola

Stofpad

Augustus 25, 2010 in Sonder kategorie

‘n Gegiete engel

‘n sement traan gehuil

wang tot ken diep geskilfer,

aan die oorkant ‘n babakruis

skeef ingelê langs ‘n bottel glas

gevul met dooie herwin

ongegeur maar

skreeu-helder

skril soos die Indian minor

in die skynsipres op almal wag

nog ‘n blink ketting

om ‘n kis te bring

nog te blink

en nou te dof

Profile photo of VozSola

by VozSola

O so onverstandig

Augustus 24, 2010 in Sonder kategorie

Wil jou siel ook op

‘footloose’ dans,

of eerder wees

‘so, electrifying’?

Miskien dalk net sagkuns op

watte wolke wandel

of sneeuvlok sag

na benede dartel?

Dalk van agter skyn op

‘n landskap sonder son

of dalk net die maan

vir twee te ruil?

Soms as die siel wil huil op

‘n kussing waar jy lê verskuil

sal jy onoordeelkundig

jou eie siel omseil?