Jy blaai in die argief vir 2010 Julie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Ai Toggie…

Julie 29, 2010 in Sonder kategorie

Ekke is jammer dat ek soveel blogmaters die laaste tyd afgeskeep het…

dit was net te besig met die SWC en die nagevolge daarvan…van volgende

week sal dit effens stiller wees en ek kan weer elkeen lees soos ek nog

altyd gedoen het.

Ek is regtig jammer…want ekke voel vreeslik skuldig daaroor!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Verkleurmannetjies

Julie 29, 2010 in Sonder kategorie

 

 

Die beiteltjies van verandering hou immers nooit op met timmer nie. Elke dan en wan, as dit skeef slaan, krummel alles ineen. As dit reg gebruik word – verander dit in ’n kunswerk…tot nog ’n beiteltjie weer kom karring.

 

So verander ons seker ook gedurig van opinie…dit is hoe ons is…ons denke kan nimmer geboks en gefile word, nog minder kan die wêreld om ons geboks en gefile word. Dit is ewig groeiend, ewig draaiend en ons gedagtes ewig maalend.

 

Net soms staan ons stil en besin.

 

Ek sien Litnet het weer die doodstraf aan die balk loop ophang. Ek gaan nie hieroor uilaat nie, want in so ’n geval het nie ek of jy die reg om te besluit oor ’n ander se lewe nie. Jaaaa….moordenaars ook nie…maar hulle dood sal kom net soos ons almal sin eendag sal kom.

 

Dan is daar die geheime tussen vriende…Om uit te praat of nie is nie ’n keuse nie en kan ook nie op ’n ander afgedwing word nie, maar om uit te praat om ’n ander te verneder en te straf is dalk nie jou besluit nie. Dit is die geheim-maaker se keuse nie die geheim-bewaarde sin nie…hiermee bewys ek na die storie re; Lance Armstrong.

 

Dan is daar diegene wat vinnig van opinie verander te wille van ’n ander se goedkeuring…net om aanvaar te word.

 

Ook is daar diegene wat onregmatig opinies gee waar nie gevra word nie. Sommer so, uit die lug – net ter belediging en afkraaking van ’n ander se bestaan en geloofwaardigheid.

 

 

Die moeilikste is diegene wat nooit verander nie…Want hulle sit slegs op die groen blaar van versugting of die bruine van verlede winters…

 

Vir die res is almal maar net nog ’n verkleurmannetjie.

 

 

(Maar moet net nie jouse blomkleur doelgerig aan my kom afsmeer nie…)

 

Profile photo of VozSola

by VozSola

Gedagtes soos aartappels

Julie 28, 2010 in Sonder kategorie

Ek dink al kreukelend vandag,

nou voel ekke soos ‘n crinkle-cut-chippie,

loop nou ligvoets hierdeur net ingeval iemand

anders soos ‘n pepper-dip voel…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Natuur-lik

Julie 27, 2010 in Sonder kategorie

Verwronge Seisoene

 

Die herfs se wind

bebloede kind,

na hoeveel meer

sal hierdie mensdom

net kyk, steeds blind?

 

‘n Winter nag

verwoede mag,

na hoeveel meer

sal hierdie mensdom

net na iets smag?

 

Met lente geur

het niks gebeur,

na hoeveel meer

sal hierdie mensdom

ons nog verkleur?

 

‘n Somer son

verbrande blom,

na hoeveel meer

sal hierdie mensdom

wou, as ons kon?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Kruis-verhoor

Julie 26, 2010 in Sonder kategorie

 


 


 


Ek het immers lank hieroor nagedink, jare oor sekere gedagtes, maande oor ander. My grootword jare met diep ingeëtste godsdienstige beginsels het hard teen hierdie goddelose gedagtes geskop, maar hierdie nuwe gedagtes wou nie wyk nie.


Vandag het ek die moed om sommer hardop hier te wonder – wie weet, môre het ek dalk nie.


 


Dit grein teen my eie persoonlike vlak en eerbied van geloof om na singende-dansende kerke te gaan. Dit grein teen my beginsels om die culture-vereenigings van opsweeping te dien soos die hedendaagse tv-kerke. Die grein teen my om ‘n bywoning te bewerkstellig na die transendeering dienste van geloofs-healers – high on the God Spirit. Dit grein teen die tiende skenkings aan die bling-bling-credit-card-kerke. Dit grein teen die natuur om in ‘n seisoen ingedeel te word en in tale te spreek. Dit grein teen my om Haleluja en Amen met elke asemteug uit te jubel.


 


Dit grein teen my om vir elke afgryslike daad teenoor ‘n ander ‘n nuwe oplewing van vergifnis te wil preek, vir elke vrou ‘n nuwe lewenswyse te wil aanwys – ter wille van volledig vrou wees en vir elke man ‘n nuwe lewe in geloof sonder sy vrou te wil meebring. Dit grein teen my my dat die Bybel teen ieder en elk gebruik word – nie ten goede nie, maar as verdoemde staf vir ons almal as sondaars.


 


Van al die letterkundige gedrukte werke tans op die rakke is ‘n goeie twee derdes of naby genoeg – geloof orientated. Nou vra ek – As daar die Bybel is – ewig verwysend as die Woord van God – en alles wat uit Christenskap spruit gebasseer is op die Woord van God – Hoekom is dit dan nie genoeg nie? Hoekom dan nie net die Bybel gebruik soos dit is nie?


Nee, ons moet ander daaruit skrywe – Hoe om te bid. Hoe om te glo. Hoe om te aanbid. Hoe om ‘n Christen te wees. Hoe om vrou te wees in Christus. Hoe om man te wees in Christus en so kan die lys aangaan totdat hierdie lysie nog ‘n Cum boekwinkel op papier kan vul.


Die Bybel kan nie genoeg wees nie, want die soeke van die mens het verander. Wat ons gedink het ons weet – is nie meer genoeg nie. Wat doen ons? – Ons vertaal, oorvertaal, oorvertel, oorskryf, oordruk en oorverklaar dit alles wat nog altyd van die begin af daar was. Elke geleerde gelowige skryf iets nuuts uit dit wat nog maar altyd was.


 


Hoekom dan nie die Bybel in geheel oorskryf nie? Hoekom nie mense, profete, dienaars gebruik wat nie so lank gelede nog met ons was nie? Hoekom nie meer onbesingde saints daarin weergee nie? Hoekom kan Moses nie Mandela word nie? Hoekom kan Moeder Theresa nie met en sonder al haar foute ingelyf word nie? Hoekom kan morderne digters nie hul klaagliedere en lofsange daar plaas nie? Hoekom kan Hitler nie daarin weergegee word nie? Hoekom kan Sannie van die weeshuis nie ‘n Rut of Ragab wees nie? Hoekom kan die buurman-omie nie ‘n Jacob wees nie?


 


Hoekom werk alles in die lewe deesdae soos ‘n Goliat en Dawid geveg? Hoekom manupileer die kerke soos Goliat en die lidmate soos Dawid voor God hom met durf, moed en insig geseën het?


Hoe durf ons om nie ‘n morderne Bybel aan te moedig wat gewone mense se lewens beskryf nie? Omdat ons nie “heilig” genoeg is nie? Maar dit is eerder makliker om tou te staan vir die nuutste Huisgenoot of FHM en dies meer – want daardie mense is meer ‘vatbaar en real’ en ons glo mos alles wat hulle skryf?


 


Durf ek nou aanvaar dat iemand my na dese as ongelowig beskou? Nee.


Durf ek aanvaar dat iemand my as ‘n first rated goddelose verraaier afmaak? Nee.


Durf ek aanvaar dat iemand my as onchristelik afmaak? Nee


          Want jy ken my nie- ook nie my verhouding met God nie.


 


Twyfel en struikel ek soms uit blote ongeloof aangevuur deur menslike gebeure om my? Ja, soos ek dit eendag aan iemand gestel het – In sulke tye gebruik ek spirituality as ‘n stop-gap vir daardie dae waar geloof self so ongelooflik moeilik is.


 


Dit is onstellend om openbare godsdiensdebatte te volg – Christene teenoor Christene is seker een van die mees selfsugtigste, afgunstigste en moedswillige gesprekke tussen mense wat daar is. Hulle deel nie hulle God met mede Christene nie. Hulle sal stry en baklei oor hulle eie insigte van ‘hul’ God en sy werke – Dieselfde God wat oor almal sy hand hou. Slegs as hulle tesame teenoor ‘n ongelowige oor hulle God getuig – kom sing hulle graag op dieselfde noot.


 


Miskien, miskien eendag sal daar een kerk wees vir almal wat glo – maak nie saak in watter ‘skool-graad” van geloof jy tans is nie – maak nie saak hoeveel jare sonder geestelike groei jy vorder nie, maak nie saak hoe vinnig jy deur ‘grade-school’ vorder nie – maak nie saak of jy deurvlieg of deurkruip nie – EEN KERK SONDER GEESTELIKE GRENSE –


Miskien eendag…


 


Ek wil nie hier net nog ‘n godsdiens debat begin nie – want dit maak nie saak hoe ons hieroor stry en baklei nie – op die ou einde van die dag gaan dit nie oor hoe, wie en waar op aarde nie – maar elkeen van ons loop ons eie pad saam met God – na God – binne ons eie geestelike grense. Niemand gaan die pad namens jou stap nie – nie met al die mensgemaakte vereistes wat elke kerk aan jou stel nie.


Ek stel tans net belang aan die vereistes wat God aan my stel – wanneer, waar, hoe en op die regte tyd wanneer God dit goed dink om my nog ‘n stappie voorentoe op Sy pad te neem.


 


Is dit dan so verkeerd om hierdie denke te oordink? – Ek is seker ek gaan hiermee dalk in die spervuur van ander se woorde beland – en van die kruisverhoor na die tugverhoor gebied word – maar vir my gaan dit oor die vryheid van Godsdiens sonder mensbehoude geestelike grense.


 


Elk op sy eie tyd…soos God dit bestem het.


Amen.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Onuitgewoed

Julie 25, 2010 in Sonder kategorie

Soos julle seker tussen die lyne gelees het, was hierdie afgelope week nou nie juis vir my een van die bestes gewees nie. Maar nou ja…almal het sulke dae of sulke weke.

Daar is baie ander wat soveel meer op ‘n daaglikse basis moet deurmaak, as wat meeste van ons dalk nie genoop is om te oorleef nie. Ons gee net te maklik moed op. Ons gooi hande in die lug – met ‘n klaaglied – “ek kan nie meer nie” – wat dalk eintlik “ek wil nie meer nie” moet sê.

Maar selfs dan, al vergelyk jy nie jou eie omstandighede met ander nie, voel elkeen se kruis net so swaar soos die ander sin. Elkeen kry net soveel as wat hul kan dra. Sommige kan bloot net meer dra as ander…maar vir almal is daardie laaste stukkie strooi op hulle hoop – die een wat steeds die rug breek. Die moed breek en die hoop begrawe.

Daardie laaste klein greintjie strooi weeg vir almal ewe swaar.

Ek het hierdie week meer geleer van myself as in al my jare. Ek het in hierdie week meer sterk gestaan as wat ek het in al my jare. Ek het hierdie week begin verstaan…regtig verstaan.

Ek het geleer om stil te bly wanneer ek moes – en dit was die moeilikste, want dit maak my seer, maar spaar soveel ander dieselfde seer…alhoewel die ‘moes’ nou meestal ‘altyd’ geword het… ek het geleer om te berus om te swyg…veral nou… stilswye is en bly nog maar steeds die beste oplossing.

Maak ek ‘n moordkuil van my hart –ja. Voel ek bevry- wie weet ? Maak die my kwaad – ja. Maak dit van my ‘n swakeling – wie weet? Maak dit my onselfsugtig – wie weet? Maak ek reg teenoor myself – nee. Is dit die moeite werd – ja, om die saligheid te behou.

Nou ja…

So leer ons seker maar elke dag – bietjie vir bietjie…soms bietjie minder – soms bietjie te veel.

Môre leer ons weer iets anders – selfs dan al leer ons alles – weet ons niks.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Tussen Veselglas & Plastic

Julie 23, 2010 in Sonder kategorie

Tussen teekoppies en stof…

woed die storms steeds voort.

Tussen tweegesig goud-gegiete maskers…

staar die gode nog steeds blind.

Tussen ag-hoekige stukkies pine-wood…

sak net nog ‘n liggaam terug.

Tussen die lae van ‘n gister se nuus papier…

slaap nog ‘n siel koud.

Tussen die oog en die wang…

het ‘n vloed ‘n kraak gelaat.

Tussen die woord en die daad…

klop ‘n hart steeds op maat.

Tussen die pen en die papier…

sweef ‘n onverkragte gedagte.

Tussen hier en daar…

sal niemand nooit weet.

…en intussen storm alles steeds

binne ‘n teekoppie tot stof…

maar stof vergaan nie

omdat dit slegs verplaas.

© SueEè

Ek wou eers uit frustrasie ‘n paar nuusberigagtige opskrifte hier kom ploeg het. Ek wou eers uit woede my woorde kom stukkend breek. Ek wou eers uit moedeloosheid kom gedagtes hang. Ek wou eers uit seerkry kom papier sny. Ek wou eers uit hartseer die bladsy kom vlek.

Maar ek het die tee geroer en die lepel in die sand gegooi maar in tussen het die gedagtes ‘n kleinnood gebaar.

Dankie dat jy kom lees het.

Profile photo of VozSola

by VozSola

my naweek plan…

Julie 23, 2010 in Sonder kategorie

Profile photo of VozSola

by VozSola

Help gou-gou…s’blief

Julie 22, 2010 in Sonder kategorie

Raad asseblief…

‘n Rukkie gelede het ek myself in die middel van ‘n tweegeveg bevind. Al drie van ons weet wat gebeur het en wat die waarheid is.

Vanaand was ons drie tussen ander mense en die eerste een het openlik oor die geveg gejok. Die tweede persoon, in die middel van die geveg, het niks gesê nie, en was ook nie geregtig daarop om sy saak te stel nie.

Ek, as derde persoon was totaal oorbluf tot stilte en sou ek wel iets gesê het, sou dit hierdie hele situasie totaal uit proporsie geruk het.

Nou dink hierdie ander mense die tweede persoon is ‘n leunaar en ‘n slegte persoon en dat hierdie geveg ‘n groot probleem is, en dat dit verdere ondersoek benodig en die nabye toekoms van hierdie persoon soos dit nou is, word deur hierdie blantante leun van die eerste persoon in gedrang gebring.

My vraag is nou;

Wat moet ek doen om die saak reg te stel, sonder dat hierdie ding soos ‘n handgranaat gaan ontplof?

Moet ek stilbly en hoop vir die beste?

Of moet ek sonder die medewete van die eerste persoon die saak gaan regstel en hierdie ander mense tesame met die tweede persoon die waarheid gaan vertel.

Die tweede persoon is totaal oorbluf en verward. Ek is hartseer en kwaad, en die derde persoon besef nie eers die skade wat vanaand aangerig is nie.

Hoe moet ek hierdie saak hanteer?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Geknipte vlerkies?

Julie 22, 2010 in Sonder kategorie

Goeie genade…nou gaan ek niks meer sê nie! …en so … die lewe voort…

Behalwe net dit:

Beste Oom Daan,

Jou antwoord aan my was nie aanvaarbaar nie.

 

In reaksie daarop, alhoewel ek rede het tot groot ongelukkigheid, gaan ek jou nie die plesier gun dat ek in weerhou voor jou gaan kruip nie, ook nie eers om te begin vertel hoe verkeerd jou stellings is nie, ook nie om my basiese beginsels en geloof aan jou te justify nie.

 

Ek hoef nie.