Jy blaai in die argief vir 2010 Junie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

as woorde wasem word…

Junie 30, 2010 in Sonder kategorie

Wasem woord

As die greep

soms die pen laat gly

die ink hardnekkig

my blad deurweek met

krulletter gebed gedink

lank vergete

en onthou

weer die noodsaak word

Gegewe die woord

verlore soms

nog danksegging

in akkoord soos wilde

vye in ‘n boord,

sing geen engel

hier ‘n noot

Stilte sê gewoon

nog niks en meer

aan die wat hoor

is albei saam

steeds te hard vir

vlees laat staan in smart

©

Moenie van die Blog-MOB-Picnic uitnodiging vergeet nie

Profile photo of VozSola

by VozSola

PRETORIA se eie Blog-MOB Picnic

Junie 30, 2010 in Sonder kategorie

Aandag…

Julle aandag….

Aandag, asseblief mense…!

Ons wil Saterdag – 10 Julie vanaf 12h30 by die BOTANIESE TUINE in Pretoria ‘n Litnet Blog-picnic hou.

RSVP op hierdie inskrywing.

Moet tog nou asseblief nie wag om te kyk wie gaan voor jy besluit nie, almal behoort te kom, Bring die hele familie, kinders en skelmpies…koekies en koeldrank! (los maar die cucumber sarmies) (DsP…moenie die koeksisters vergeet nie…en Ex de Priester, ‘n sosatie sal ook lekker wees, dankie.)

Onthou, daar is ingang kostes by die Tuine…so bring maar ‘n noot of twee saam, Kamera vir baie kiekies…so dat ons die Kaapse-mense kan wys hoe ons kuier.

Toe, toe….wat sê julle? Tongue out

Profile photo of VozSola

by VozSola

Quote ‘n kiekie

Junie 30, 2010 in Sonder kategorie

Profile photo of VozSola

by VozSola

Soul suckers

Junie 30, 2010 in Sonder kategorie

 

 

 

 

Hoe hanteer mens sulke mense?

 

Mense (veral kollegas) wat jou emosioneel droogsuig nog voor die dag sy tweede koppie koffie gesien het! Hulle suig jou siel uit en laat jou met hulle eie leë eggo van onstabiliteit agter.

 

Hulle laat almal met wie hulle kontak het, leeg agter – en hulle is diegene wat met ‘’n vol sprankelende gemoed so teen laat middag kom vra….”wat’s fout, jy’s so stil vandag”

 

Jy smile, gee aandag, gee raad, troos, en help waar jy kan…en as jy skielik leeg is…’dan wonder hulle wat de moer is fout met jou!’

 

Nee wat…ek dink ekke het ‘’n refill nodig! Want om vir ander te sê hulle het alles gevat – gesteel –uitgemergel…mag hulle dalk net seermaak…

 

Wou al in my hoekie gaan sit vanoggend…maar die ligte is af en ek’s bang vir die donker…ek wou son hoekie toe skuif…maar hulle is reeds volbespreek deur al die ander soul-suckers…

 

Damn…dit maak van my ’n sukkelende swakeling wat geen weerstand het om dit wat myne is te beskerm en te koester nie…want indien wel…sal mense sê ek is selfsugtig en rude!

 

Profile photo of VozSola

by VozSola

Uiters belangrike les uit die lewe (5)

Junie 29, 2010 in Sonder kategorie

Ek het vir julle kaas voorgesit, afgerond met roomys…toe kans gegee om die voëls en blomme raak te sien…

Nou gee ek vir julle die antwoord:

LES: Kyk wat het gebeur met die prentjies as jy die rolle omruil. Dit is onherkenbaar.

Dieselfde gebeur as jy rolle met ander mense in jou lewe omruil…om te sien watter prentjie hulle sien deur jou doen en late.

Leef en laat leef.

Dink daaroor…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Uiters belangrike les uit die lewe (4)

Junie 29, 2010 in Sonder kategorie

Hier’s solank ‘n troos-prys…

Dink daaroor…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Uiters belangrike les uit die lewe (3)

Junie 29, 2010 in Sonder kategorie

So, julle hou meer van kaas as van roomys

Hmm… kom ek probeer dan eerder voëls van verskillende vere…

Dink daaroor…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Uiters belangrike les uit die lewe (2)

Junie 29, 2010 in Sonder kategorie

Dink daaroor…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Uiters belangrike les uit die lewe

Junie 29, 2010 in Sonder kategorie

Dink daaroor…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Kom knyp die donker…

Junie 28, 2010 in Sonder kategorie

Piercing the darkness deur Frank Peretti is my nuutste lees wat ek oor die naweek begin het.

Die eerste bladsy het my reeds vasgevang. Min skrywers wat dit kan regkry. Ek gaan nie die storie weggee nie…maar daar is ‘n paar dinge daarin wat my aan die dink gesit het.

Ons oordeel soms volgens ‘the seven deadly sins’ maar daar is ander dinge wat meer skade aanrig…dinge wat elkeen van ons ken…Bad spirits wat ons engele baie besig hou. Hulle het name…

Toe gebruik ek maar die dink tyd om bietjie ou-ou poetic quotes van ou digters/skrywers oor hierdie ‘name’ op te soek…

Despair,

Quote: Despair of ever being saved, “except thou be born again,” or of seeing God “without holiness,” or of having part in Christ except thou “love him above father, mother, or thy own life.” This kind of despair is one of the first steps to heaven. Richard Baxter

Fear,

Quote: Like one, that on a lonesome road Doth walk in fear and dread, And having once turned round, walks on, And turns no more his head; Because he knows a frightful fiend Doth close behind him tread. Samual Taylor Coleridge

Death,

Quote: Somewhere, in desolate, wind-swept space, In twilight land, in no man’s land, Two hurrying shapes met face to face And bade each other stand. “And who are you?” cried one, a-gape, Shuddering in the glimmering light. “I know not,” said the second shape, “I only died last night.” Thomas Bailey Aldrich

Deception,

Quote:For I have sworn thee fair, and thought thee bright, who art as black as hell, as dark as night. William Shakespeare 

 

Insanity,

Quote: Much madness is divinest sense To a discerning eye; Much sense the starkest madness. ‘Tis the majority In this, as all, prevails Assent, and you are sane; Demur,–you’re straightway dangerous, And handled with a chain. Emily Dickinson

Hulle het die mag om jou siel te vernietig…