Jy blaai in die argief vir 2010 Mei.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Me-Time!

Mei 23, 2010 in Sonder kategorie

Die bliss en blessing om bietjie alleen te wees!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Soos ‘n mot om ‘n kers…

Mei 21, 2010 in Sonder kategorie

Nee, ekke praat nie van daai één nie… ek praat van ons as mense!

Hoekom as mens in die aand ry en die ou agter jou het Uil en Springhaas ligte terwyl  die aankomende swaap met sy skeelheid sukkel – fokus jou oge net op daai beam liggie? Die magiese aantrekkingskrag…die beam…die mooie wit lig…trekkrag…nader-nader…tot jy verblind jou eie liggies op bright moet sit om weer die witlyn se rigting kan bepaal…of erger nog…die geel/rooi lyn!

Hoekom as die tannie voor jou in die ry se krulletjie dwars draai…of die label uitsteek…staan jy vasgenael…en sien net dit raak…niks anders nie. Jy wring jou hande sodat jou vingers nie onregmatig die pad stap om die dinge reg te stel nie.

Hoekom sien mens net daai een gechipte teël op die vloer raak? Daai 4mm verskil aan ‘n portret raak…hoekom sien ons net daardie een gatjie in die trui raak?

Hoekom is ons dan so gefokus op die verkeerde dinge…dat ons nooit dit wat reg is raaksien nie?

Hoekom moet ons deur die lewe gaan soos ‘n mot om ‘n kers? Ons weet dis ‘n trap. Ons weet ons gaan ons vlerke skroei. Ons weet ons gaan brand. Ons weet dit kan ons einde wees. Dus…hoekom doen ons dit steeds?

Maar nou ja, al brand ons nie meer kerse nie…is daai elektriese pers liggies baie vinniger om ons te zap!

Maak nie saak hoe slim jy is nie…’n mot is ‘n mot en ‘n kers, ‘n kers…

En jy?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Competent to receive Compliments?

Mei 21, 2010 in Sonder kategorie

Ons deel graag uit…en tog aanvaar ons so moeilik.

Ek werk al 20 jaar hier…die die meeste swart kollegas sedert my begin jare is steeds hier. Dit maak dit een groot familie…

Vandag het ingestap toe ‘’n groepie van hulle êrenstig aan die gesels was…en jy weet mos daai gevoel van…jy stap in en almal bly stil…? Wel, ek vra toe graps-gewys…”Hmmm…en wat skinder julle?”

Hulle lyk almal ewe skuldig…en die ‘spokesperson’ staan op, neem my hand en sê op Ou-Afrikaans…”Ons vra mekaar nou hoe op aarde is jy grootgemaak as ‘’n swart vrou in ‘’n wit vel hier in Afrika?” Verbaas vra ek; “Hoe nou?”

Na ‘’n passievolle verduideliking en storie-verwysings…Tradisie-gewys, insig en moederlikheid, beskermer en aardsengel en…meer êrenstige dinge in die tradisies waarvan ek kennis dra, respek…en toe het ek verstaan…

”Dit is die mooiste kompliment wat iemand my ooit gegee het…”

Ek het elkeen met die hand bedank…en die oudste se oë het geblink…myne ook.

Wat is die mooiste kompliment wat jy onlangs gekry het?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wat word van drome?

Mei 20, 2010 in Sonder kategorie

Drome word herinneringe uit afgeleefde wêrelde, wat in ‘n warboel van gedagtes omgesit word – net om herleef te word in ‘n wêreld wat nie regtig bestaan nie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

…dink jy ook soms?

Mei 20, 2010 in Sonder kategorie

 …of luister jy maar net?

David Clarke (1985) Musical “Theme of time” se titelsnit woorde;

Stand before me on the Sign of Infinity all you of the Earth. With the granting of “The Law of Probenation” comes the application of change. I will give you the key. And with this knowledge, please realize, comes the responsibility of sharing it. I will show you the way: (It’s very simple). Throughout the Universe there is order. In the movement of the planets … in nature … and in the functioning of the human mind. A mind that is in its natural state of order is in harmony with the Universe, and such a mind is timeless. Your life is an expression of your mind. You are a creator of your own Universe, for as a human being you are “free to will” whatever state of being you desire through the use of your thoughts and words.
There is great Power there.
It can be a blessing or a curse.
It’s entirely up to you, for the quality of your life is brought about by the quality of your thinking. Think about that. Thoughts produce actions. See the pettiness and the envy and the greed and the fear and all the other attitudes that cause you pain and discomfort. Realize that the one thing you have absolute control over is your attitude. See the effect that it has on those around you, for each life is linked to all Life and your words carry with them chain reactions like a stone that has been thrown into a pond. If your thinking is in order, your words will flow directly from the heart, creating ripples of love. If you truly want to change your world, my friends, you must change your thinking. Reason is your greatest tool. It creates an atmosphere of understanding which leads to caring which is Love. Choose your words with care. Go forth … with Love.

Bron: David Clarke: http://www.angelfire.com/fl3/Defymcbeth/Time4.html

Profile photo of VozSola

by VozSola

200 jaar gelede…

Mei 19, 2010 in Sonder kategorie

NB…gaan skakel eers jou ketel aan…dit gaan ‘n lang lees wees vir die wat wil…

 Slegs vir diegene wat regtig iets wil lees.

May 1810

Lady of the Lake

lees meer

Profile photo of VozSola

by VozSola

Net R1.61, dis al.

Mei 19, 2010 in Sonder kategorie

Vir elke dag van haar kort lewe…

Dit is ‘’n SKANDE!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Tantrum Tierlantyntjies?

Mei 18, 2010 in Sonder kategorie

Onthou jy jou kleinding se eerste tantrum? Ekke sal seker nooit my eerste ondervinding vergeet nie… Die grootoog smaalende mense wat agter  ‘n blikkie sweetcorn, ertjies en tamatie pasta weggekruip …duh? Asof ek hulle nie sien nie… omdat kleinding ‘n bottle mostert wou gevat het… (ek het later geleer om alles in te pak wat hy wou hê en by die volgende rak weer af te pak…)

Maar ons leer en ons loer nou weer grootoog agter blikkies kos na ander moeders en hul tantrum kleingoed…(hoekom kinders nooit tantrum saam met Pa’s in winkels nie…sal net die goeie feëtjie alleen weet)

Wat my deesdae meer en meer fasineer (ja, okay, dit neem seker nie baie om my te interest te tickle nie) is die tierlantyntjies waarmee groot volwasse mense voorendag kom om ‘n suksesvolle tantrum te kan gooi!

Dink bietjie hoe gooi jy jou tantrum…

–          LOUD stem…met slegte taalgebruik… in Afrikaans wat niemand om jou verstaan nie…

–          LOUD stem…in swak Engels…wat niemand verstaan nie…

–          Gruwelike handgebare, deurmekaar papiere…en net die “Managing Director” is goed genoeg om met jou te praat…

–          Sagte…bewerige stemmetjie…wat enige oomblik van hartseer gaan breek…o’ met ‘n opgefrommelde sneesie inni hand…

–          Om ongeduldig ‘ag fok’ oor en oor hardop te prewel…

–          Uit te bars van die lag – in ‘n oomblik van waansin…voor jy heel sarkasties die hele grondwet hardop voordra…

–          Om rustig oor en oor dieselfde vrae te vra…tot die helpende persoon soos ‘n ongeduldige klient jou tantrum vir jou       gooi en iemand anders vra om jou te help…

–          Om stil te bly…om te draai en later terug te gaan…

Die ander kant van die coin…hoe hanteer jy iemand wat by jou ‘n tantrum gooi?

As dit nie direk op my gemik is nie…is ek die slegste witness ever! Ek wil my doodlag oor mense se tanrtums. Hulle handgebare, lyftaal, die moerse onnatuurlike maniere waarop hulle hul gesigte kan trek…onsekerheid in die stem…woede en frustrasie in die oë…

Maar as iemand se woede en tantrums te na aan jou kom…en die oë groter word…die stare-down game se vlaggie opgaan…die woede soos lawa begin oorloop…en die stemme harder word…is wanneer die hartkloppings begin…paniek…die bewerigheid…die naarheid…duisligheid…’n gevoel van verlamming…die diep seermaak waar woorde soos ‘n ploegskaar spore in deur jou wese trek…waarin saadtjies van waansin sal groei…waarin weghardloop nie moontlik is nie…en kruip…wegkruip is die enigste manier van wegkom…al is dit meestal slegs binne jouself…

Min kruip daarna weer normaal uit daardie ploegland van ander se woede woorde…sonder ‘n strikkie en ‘n tie…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Maankind se storie-storie

Mei 17, 2010 in Sonder kategorie

Me. Adri Koekendorp is Kleinmond se skindertong. Vrou van die gemeenskapsforum se voorsitter. Stigter van die dorp se Hemelkinders kinderhuis. Voorsitster van die Gehelpte Hande ouetehuis se welsyns program.  Sommige fluister graag bakhand dat Kleinmond net so wel Koekendorp kon heet. Sy word opreg as ‘n beskermengel geag deur haar onbaatsigtige liefde vir hawelose weeskinders…as gevolg van haar eie kinderloosheid.

Kleinmond is ‘n klein gemeenskap waar bure vriende is. Vriende waar selfs aangetroude families van vêr op die naam geken word. Maar daar sluip soms vreemdelinge in die gemeenskap rond. Goed vermom agter die normaliteit waarin so ‘n nougesette gemeenskap funksioneer.

Behalwe die Malan familie.  ‘n Vreemde kunstenaars familie. Effens flambojant en loud. Kleurryk en gewoon net anders. Die twee meisies word gereëld in lang tie-die frokkies in die tuin gesien…sirkel-dansende pixies onder die groot akkerboom. ‘n Feetjieland tuintjie uitgelê. Hase, paddas en mos word met liefde versorg. Gawie Malan het los algemene werkies gedoen. Enige iets. Van loodgieter tot swembadskoonmaker. Van tuinman tot kantoor werker. Daar het niks vir sy hande verkeerd gestaan nie. Hy het hard gewerk om na sy familie om te sien. Skaam, stil en teruggetrokke. Nooit geselsies aangeknoop nie. Altyd net beleefd gegroet en sy werk klaar gemaak. Malena Malan, was effens ‘af’ soos die mense haar beskryf. “Not all there” of gewoon vinger teen die kop gedraai as hulle na haar verwys het. Die kinders…nou ja, tuisonderrig was mos nou hoogmode.

Eers toe sy Malena en kinders Donderdag aand op die rotse gewaar het, soekend en paniekerig, het dit tot haar deurgedring! “Hy was erenstig!”

Nou ja, die afloop van die aand is wel gedokumenteer in die Kleinmond dagblad. Saak sal binnekort afgehandel wees… Selfmoord…Verdrinking..Vermis…

Elf maande later klop Adri aan die groot swaar houtdeur. Die sneeu lê dik teen die hange van die Lesotho berge. Sy hoor voetstappe. Die deur kraak oop. Liefie se oë rek groot. “Mamma! Mamma jy het gekom!”  en val Adri om die nek. “Pappa,  kom, Mamma is hier!” Gawie kom glimlaggend in die gang afgestap.

Kleinmond gons nog na al die maande hoe tragies twee mense op dieselfde manier sommer net so op ‘n dag soos Ingrid die see kon instap…

Leë grafte onder die grafstene…teen mekaar vertel eintlik onbewustelik dieselfde verhaal.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Vir Ekke Myself – nog ‘n boek verhaal

Mei 17, 2010 in Sonder kategorie

Na aanleiding van Ekke Myself se inskrywing…en my kommentaar; Daar is geen geregtigheid in ongeregtigheid wat met geregtigheid getug word nie, daarop.

Dit het my aan die dink gesit oor ‘n attempt tot a boek review wat ek ‘n paar jaar gelede op Litnet gedoen het.…

 

Unconfessed by Yvette Christianse

Sue 2007-12-19 

 

     

The only fiction in this novel is the fact that it will not leave you untouched. (paradox)

A lie is always disguised in a truth and the truth may just as well be a lie and that none of that really matters in the end … for it will also end … or does it really?

Sila was brought into this world by the pen of Yvette Christiansë, as a child, and left to our world in the beginning of the 1800’s. Sila the child, Sila van Mosbiek, Sila the young woman (protected by her kind), Sila, (unprotected) the slave to her master and many other men. Sila van den Kaap, Mother of many and Mother of none to some – Sila the murderer, Sila the prisoner, Sila, just Sila in the end.

Sila has endured so much. She endured the best of the worst and the worst of the inhumane. Her close friends; Johannes and Spaasie, who tried to protect her. She accepted “Ma” as her slave-mother. Oumiesies and Theron. Van der Wat and Henckle, they all tried to take Sila from herself … the work, the men, the babies, town prison, Robben Island, the stones, the ocean, the mainland, her yearning for her children and the freedom through Baro’s visits … her longing for her own mother and father in her suppressed childhood memories back in her own country. All this, and in the end she was heartbroken.

Freedom comes when the body is laid to rest and the soul is set free. She believed that. A mother that saw two of her own babies been laid to rest. She took the light from her beloved son, Baro, and set his soul free. Yes, she did! She sacrificed her own freedom, to become a condemned murderer, to a long life on Robben Island.

There, freedom means having no fear. There, freedom did not come with the nightly visits from the guards, but lived in dreams across the waters. Freedom lived in the visit of the passing souls that came to her; Baro, Johannes, came to her while she balanced on the brink of her own sanity, fighting with reality. It’s all a fight for realistic, emotional and spiritual freedom, far away from the salt water and the stones around her heart.

To me, slavery was never a right with a wrong, nor a wrong with a right. It’s a living history and for this part, Sila will continue to be enslaved – but it will be in the hearts of the reader where she would find her ultimate freedom as she would continue to live in our memories – even if it’s only for a while … until the next reader will pick her out of her own captivity.

Her silence will leave whispers in your heart, filled with echoes from all other women who have lost their freedom, not only during slavery in the 1800’s, but also their 21st century sisters, enslaved in the wrongfulness against their womanhood.

For those readers who remained untouched by this novel; Sila has the last word: (Quote) “Julle fokken mense maak my fokken siek!”

To Yvette: “Sjo!”
Sue

bron – Litnet.