Profile photo of VozSola

by

Defragmentation

Mei 30, 2010 in Sonder kategorie

Is die een persoon té magtig of die ander persoon té weerloos?

Tussen die manupilasie van oordeel en die waarheid lê ‘n brug van defragmentasie. Elke stukkie ‘n stukkie op sy eie…sonder al die stukkies is die brug wankelrig. Dus, Hoe analiseer jy die waarheid?

Nes jy dink jy ken ‘n persoon in al sy fasette, gebeur daar iets, of iemand sê iets wat die mat onder jou voete wegtrek. Jy verloor balans en wonder dan oor dit wat jy nie geweet het nie…en hoeveel meer daar dalk is wat jy nie weet nie. Punt is, jy sal seker nooit weet nie.

Net soos sommige geleerdes om wil wys maak oor mind-mapping is dit nie juis anders as defragmentasie van situasies, emosies, ervaaringe of herinneringe nie. Die kuns lê daarin om dit te doen net tot waar jy verstaan of ‘n antwoord gevind het…maar soos die mens se hunkering na antwoorde ewig groeiend is, weet ons meer dikwels nie waar en wanneer om op te hou nie. Ons gaan te vêr en vernietig meer insig as die bietjie wat ons wel gekry het. Ons vernietig meer antwoorde as dit waarop ons geregtig was. Soms vernietig ons onself in die proses dat ‘n normale denkende lewe slegs agter wit mure onder die verslawing van terughouende medikasie moonlik gemaak word.

Kinders wat met insig gebore word…word as ‘afwykend’ beskou en met talle pilletjies gepomp om ‘reg’ te funksioneer, sonder die fantasie, sonder die konstante defragmentasie van elke situasie…maar om dit eerder as geheel te ervaar soos ‘almal’ anders. Wie is dan reg en wie is dan verkeerd? Die een te magtig en die ander te weerloos?

Nogal interessant om te sien dat die matige een uiteindelik die weerlose een is…en die weerlose een die een is wat sal triumph oor die magtige…juis vanuit die fragmentasie van die einste magtigheid van die ander.

Aan die persoon wat hierdie gedagtes tot my voordeur gedra het… Die magtige een word deur ander dopgehou. Sy magtigheid het ‘n spertydperk…so kort as wat dit ander neem om te sien dat sy brug nie solied is nie. Stadig maar seker het hulle al ‘n paar stukkies geneem…en sy eie gewete sal self die res vernietig…en kort voor lank sal almal sien hoe die brug in mekaar tuimel.

Die grootste vernietiger van ‘n persoon se gees– is die persoon homself. Niemand het dit reg om daardie proses aan te help nie…en ook niks wat jy kan doen om daardie persoon te help nie.

What will be will be…let it be. As dit 500 jaar gelede so voorspel was…let it be. Indien nie…let it be…

My raad as daar duister en donker skadus soos nou in jou lewe gewaar word en jy deur hulle agtervolg en omvou word…let them be…soek die warmte van die Lig. Omring jouself daarmee…

Good will always win over evil…en dis nie jou danm fight nie! Was nog nooit gewees nie…

Private boodskap:

Hi, Liefies vir jou soos altyd, drukkie vir die ander soos altyd.

xXx

7 antwoorde op Defragmentation

  1. Puik Skrywe!

  2. VozSola het gesê op Mei 31, 2010

    Dankie…:-)
    Die ongeskryfde woorde is gewoonlik meer waardevol as die blote feite…maar niemand lees die blanko bladsye nie.

  3. VozSola het gesê op Mei 31, 2010

    …soos een vir almal…maar nie almal vir een nie?

  4. VozSola het gesê op Mei 31, 2010

    Baie dankie – Ek waardeer dit opreg.

  5. louisna het gesê op Junie 1, 2010

    Pragtig geskryf. Jy gee filosofiese insig aan goed wat die plebs mag mislees. Die privaatboodskap? Anyway, well done

  6. VozSola het gesê op Junie 1, 2010

    Ek nie anders as om nederig bloot ‘dankie’ te sê nie.
    (boodskap was vir een wat ek gelink het om te kom lees)

  7. louisna het gesê op Junie 1, 2010

    Thanks vir die opklaring.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.