Profile photo of VozSola

by

Mystic signs?

Mei 28, 2010 in Sonder kategorie

Al ooit opgelet na die wonderlike dinge in die hemel bo ons? Net soos ons soms stil sit en skielik die lewe her-ondek deur die wonder van die kleinste – soos om ‘’n ry miere dop te hou…net so is daar groter dinge wat dalk ook die wonder van die heelal en verskuilde boodskappe aan ons weergee…

Gisteraand oppad huis toe, skuins voor sewe…het die hemel ‘’n teken geopenbaar…

Dit was donker…geen ander sterre sigbaar…

Die straatligte in daardie straat het ‘toevallig’ nie gewerk nie…

En die volgende was so half ondenkbaar duidelik… Teen die palet van duisternis, het die volmaan gehang…twee blink wolkstrepe het die maan uitgewys…en een verlore ster het die pad aangedui..

Ek het stilgehou en kon myself nie kry om weg te kyk nie… nie voor daardie wolk-streep ten volle deur die maan verswelg was nie…

Ek kan nie daardie prentjie uit my kop kry nie. Ek het heelnag gedroom hoe ek tussen die maan en daardie wolk rondvlieg…dit was fantasties!

Wat dink julle?

18 antwoorde op Mystic signs?

  1. louisna het gesê op Mei 28, 2010

    Teen die palet van duisternis, het die volmaan gehang… Pragtige metafoor. Jy laat Elisabet Eybers soos ‘n beginner lyk.

  2. VozSola het gesê op Mei 28, 2010

    Sjoe Ouboet! Ek staan nederig met my hande saamgeslaan…ek dink nie dit is my beskore om so ‘n groot komliment te ontvang nie.
    Ek sê; Dankie.

  3. louisna het gesê op Mei 28, 2010

    Geniet en omhels hom

  4. Fantasties!

  5. zephur het gesê op Mei 28, 2010

    Dit lyk vir my soos die kruising by Atterbury en die N1…met Menlyn op linkerhand…en die taxi stop op regterhand…hehehe

  6. VozSola het gesê op Mei 28, 2010

    indeed!!!
    Net jammer daai bal is vlambaar!
    ps…hoop nie jy ry huistoe met jou GPS aan nie?

  7. zephur het gesê op Mei 28, 2010

    Ek het nie GPS nie.

    Ek het ‘n ingebore GPS…hehe

  8. VozSola het gesê op Mei 28, 2010

    lol!!! Nie fair nie…want dan neem joune lug-foto’s!

  9. When the moon hits your eye, like a big pizza pie….that’s amore

  10. HeavyHenry het gesê op Mei 29, 2010

    Ek dink dit lyk soos die bek van een van daai papier vou voeltjies wat die Japanese maak…

  11. DallaSePa het gesê op Mei 29, 2010

    Dit WAS fantasties!

  12. VozSola het gesê op Mei 30, 2010

    …toemaar…as jy nie kan dink nie…ervaar dit eerder!

  13. VozSola het gesê op Mei 30, 2010

    In sulke gevalle is die brain-pic en die ervaaring meer everlasting as ‘n kiekie wat mens jare later nie meer verstaan nie…

  14. VozSola het gesê op Mei 30, 2010

    mmm…het jouse ma jou nie geleer om nie met die servette op die tafel te speel nie…?
    Hola?

  15. VozSola het gesê op Mei 30, 2010

    Mmm…het jy op my maan gespy?
    Dit was baie nice…bly ek kon dit deel.

  16. HeavyHenry het gesê op Mei 30, 2010

    Nee sy’t geskrik as ek haar stip innie oe gekyk het en “origami” gesis het!

  17. VozSola het gesê op Mei 30, 2010

    whahahaha…as jy nie so bedrewig onder die tafel gevroetel het nie…sou sy dalk beter verstaan het…?
    Shame…dis sad…

  18. HeavyHenry het gesê op Mei 31, 2010

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.