Profile photo of VozSola

by

Woorde oor Woorde

Mei 26, 2010 in Sonder kategorie

‘n Denkbeeld van ‘n geskrewe gedagte. (1)

Die vrugbare Afrikaanse baarmoeder het deur die jare geboorte geskenk aan menige groot name in ons taalfamilie. Ek gaan nie hier familiename uitsonder nie (wil nie sommige stamvaders ontstel nie), maar soos met alle familiebyeenkomste, meestal saamgeroep deur die sameloop van ‘n woordelikse huwelik, geboorte of afsterwe, word dit natuurlik opgevolg deur skinderstories en daarna verdaag hulle om weereens hul eie gang te gaan tot die volgende gebeurtenis.

Hoe sterk is hierdie woordenaars se familiebande? Is die swak skakel nie juis die einste baarmoeder self nie? Ek dink die verskil lê in dat onse Afrikaanse baarmoeder te swaar dra aan die skuldgevoel van die voortrek van witbroodjies in die familie. Te swaar dra aan die herinneringe van haar stille geboortes en nog swaarder dra aan haar afgestorwe kinders; soms naamlose kinders wat wel was maar in hul leeftyd nie kon wees nie. Hartseer dat die opgeskrewe nalatenskap soms ongelees saam met hul stof ook tot stof vergaan.

Die bevrugting van woorde. (2)

Woorde-geboortes laat my dink aan alien bevrugting … of die sacred dance van die pixies … in ‘n tydlose sfeer wat slegs met ‘n volmaan in ‘n mistieke illusie ten volle gewaar kan word.

Sporadiese-spontane woordgeboortes lewer nie net een afstammeling per swangerskap nie. Nee, dit is soos ‘n spinnekopnes; daar is skielik hordes van hulle … elk met ‘n oog vir elke poot. Die nadeel dat as een persoon van buite na die nes kyk, daar daadwerklik nie genoeg oë is vir die spreekwoordelike voordeel van ‘n oog vir ‘n oog nie, en sodoende gaan vele ons ongesiens verby.

Letters maak woorde. Maar dit is die gedagtes wat die woorde magtig maak. Gedagtes word vanuit emosies gebaar.

As woorde die skaakstukke is en die gedagtes die bord, dan is emosie die hand in spel. Nie almal kan skaakmeesters wees nie, maar almal wil graag saam skaakspeel. Meeste slegs as toeskouer …

Ek het bogenoemde griffel êrens in 2008 op SêNet geplaas.

Al wat ek nou wil byvoeg is dat sommige woorde deesdae eerder wil skree as fluister, of saggies ‘n melodie neurie…

7 antwoorde op Woorde oor Woorde

  1. loudavisi het gesê op Mei 26, 2010

    Skerp gedagtes…

  2. VozSola het gesê op Mei 26, 2010

    Dankie

  3. VozSola het gesê op Mei 26, 2010

    Thnx…
    Goeie Naand!

  4. Ditsem.

  5. louisna het gesê op Mei 27, 2010

    Pragtige skakerings van die spel met woorde. Skalkse spel met die bevrugtingsproses.
    Pragtige stuk woorde in gelid.

  6. VozSola het gesê op Mei 27, 2010

    Sjoe, baie dankie Ouboet! Ekke waardeer dit opreg.

  7. louisna het gesê op Mei 27, 2010

    Objektiwiteit in overdrive.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.