Profile photo of VozSola

by

Sewesoortige blouerige kleurskakerings…

Mei 24, 2010 in Sonder kategorie

  1. Die tuinvoëltjies was extra stil vanoggend – winter is hier!
  2. Dit nog nie koud vir vroeg opstaan nie.
  3. Sluipslapers het vanoggend almal laat geslaap?
  4. Die stad het mooi gelyk vanoggend – sonder besoedeling.
  5. Die kleur van die winter-blou-lug is ysig mooi.
  6. Die bome is laat om hul blaarkombersies af te skud.
  7. Môre is Dinsadag!

Mag julle ‘n mooi Maandag hê!

Maar….

1.                  Al 15 robots was rooi vanoggend.

2.                  My eerste koppie koffie was koud.

3.                  My horlosie het oornag tyd verloor.

4.                  Ek het vergeet om petrol in te gooi.

5.                  Moes ‘’n fight stop.

6.                  456 Junkmails delete.

7.                  My vierde koffie het ook koud geword!

Kla ek…NEE, glad nie…

Maar ek voel  nou baie beter, dankie!

8 antwoorde op Sewesoortige blouerige kleurskakerings…

  1. monetsa het gesê op Mei 24, 2010

    Ai ek hoop darem jy kry ‘n lekker warm koppie koffie een of ander tyd vandag. . . lekker dag vir jou!!!

  2. zephur het gesê op Mei 24, 2010

    Darem was die robots nie uit nie…

    Ek hoop koppie no5 was stomend warm.

  3. VozSola het gesê op Mei 24, 2010

    Hola Zeppie! Happy Blog-day!

    Mmm…die sewende een was warm!!! Sal jou volgende keer nooi vir een!
    😉

  4. VozSola het gesê op Mei 24, 2010

    Hi daar!
    Jip, dit word al hoe beter!!!
    Nou net a sales-call gehad vir pole-dancing lessons! My medies keur nie self-inflicted beseerings goed nie…so ekke dink nie daai tannie gaan my gou weer bel nie!

  5. VozSola het gesê op Mei 24, 2010

    Thanks Annemarie…Ek’t toe ‘n warm een gekry!

  6. VozSola het gesê op Mei 24, 2010

    Hey Patched….My dag is sommer stukke beter!
    Mooi dag vir jou ook!

  7. VozSola het gesê op Mei 24, 2010

    Hi Sandi – Dis nie meer blou nie!

  8. VozSola het gesê op Mei 24, 2010

    lol!!!! …my spine sal pop soos bubblewrap!!! Eish…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.