Profile photo of VozSola

by

Kinders se kinders: WAARSKUWING (Nie vir sensitiewe lesers nie!)

Mei 24, 2010 in Sonder kategorie

Indien jy so ‘n leser is – gaan lees eerder hierdie inskrywing.

Kinders se kinders is nie meer kinders nie…hulle is ‘n commodity. Trading stock if you will. Government grants is die stock exchange vir hedendaagse handel.

Jare gelede…was dogters suutjies weggestuur na ‘n tehuis…en die familie het pose gehou met spesiale studies in ‘n kosskool êrens net-net vergenoeg van die huis af om ‘n gereelde kuier te kortwiek. Daarna het die dogters met heelwat meer insig huistoe gekom…maar nie die soort wat in boeke voorgeskyf word nie.

Die babetjie is dan gewoonlik deur aangetroude familie aangeneem, indien nie… word Ma en kind sommer sussies of boetie en sussie… Oupa’s word Pa’s of so nie Ooms…soms was hierdie kindjie na ‘n ander provinsie gestuur vir aanneming…vêr weg.

Nie so lank gelede nie…het aborsie die nuwe voorbehoedmiddel geword. Eers was dit in donker stegies agter ‘n blou deur gedoen. In buitekamers van ‘n afgetreede nursing sister…soms met die mees onmenslike metodes denkbaar…van hangers tot breinaalde…en hierdie eina kinders is met ‘n paarf disprins en ‘n pakkie pads huistoe gestuur…om self die uitwerpsel in ontvangs te neem…Sommige is van hul vrugbaarheid beroof. Vermink. Sommige het mediese behandelling nodig gehad…en sekerlik het van hulle dit nie oorleef nie…

En toe, toe besluit onse regering dat dit wettiglik gedoen kan word – met die noodsaaklike geriewe en onder streng mediese toesig. Sommige verpleeg personeel het in die moeilikheid beland omdat hulle geweier het om aborsies uit te voer of te ondersteun. Maar…op die platteland het dit goed gegaan…klinieke en hospitale was besig…sommige van hierdie meisies het al meer as vier aborsies gehad…en steeds gebruik hulle geen van die pakke en pakke gratis voorbehoedmiddels wat tot hulle beskikking is nie. In meeste hospitale het dit so ‘n roetine geword…dat hierdie personeel nie eers meer assist nie…en die meisies moet hulself daardeur help en self van die fetus ontslae raak…sommer so in ‘n bedpan…sommige is al herkenbaar -mens ontwikkel – want hulle weet self nie hoe ver gevorder hulle swangerskap was nie…meer ‘n geboorte as ‘n aborsie.

Net toe ons aan daardie gedagte gewoond geraak het…kom onse regering met ‘n nuwe incentive…Child grants! Wat gebeur nou – veral in die landelike gebiede? Baby Boom! Die kinders word geregistreer…en weg-gegooi…by die kerk of welsyn of hospitale agtergelaat…erger nog…beland in ‘n plastiek sak op die ashoop…en dit vir R245 per maand?

Ek het my eie sienings oor aborsie… Glo my vry…ek het sterk gestaan agter my beginsels… tot dit met iemand te naby aan my gebeur het… nou staan ek nog sterker daarteen. Maar ek is ook nie ten gunste van hierdie baby-boom-payment-sceme nie.  En nog minder hoe hulle straatkinders bedwelm en mishandel en mee handel dryf nie. Nog minder oor hierdie Holywood-buy-a-baby mode…wat hierdie kinders se hertitage met ‘n paar dollars uitwis.

Ek bid regtig dat God sy hand oor hierdie sieletjies hou. Ek bid regtig dat God berusting aan daardie meisies/vrouw sal gee…want daardie soort van seer sal vir ewig in hulle hart ingeëts wees. Ek bid regtig dat God ons regering binnekort tot insig sal bring en ‘n ander uitweg aan ons wys.

 14 – 16 weke oue fetus:

Government-grant-kinders:

 

13 antwoorde op Kinders se kinders: WAARSKUWING (Nie vir sensitiewe lesers nie!)

  1. loudavisi het gesê op Mei 24, 2010

    Ek bid saam met jou!
    Bid vir die onskuldiges, bid vir die verwaarloosde en misbruikte kinders.

  2. pasella het gesê op Mei 24, 2010

    Die child grant was ‘n goed-bedoelde maar ondeurdagte inisiatief.

  3. ludwig.heuer het gesê op Mei 24, 2010

    Ek kan maar net saamstem met wat alreeds gese is…

  4. Skokkend! Dis ‘n besondere siek wêreld waarin ons leef…

  5. VozSola het gesê op Mei 25, 2010

    Dankie vir jou.

  6. VozSola het gesê op Mei 25, 2010

    Jammer…maar ek kan nie heelhartig saamstem oor aborsie nie. Het jy al gesien hoe dit lyk? Volmaakte mensies – wat geblob en gebreek uitgeruk word? Nee…ek kan nie. Gaan google maar…

  7. VozSola het gesê op Mei 25, 2010

    Min dinge word deesdae deurdink…eerder geld spandeer om nog a procedure te laat druk wat ander procedures aan die res verduidelik.

  8. VozSola het gesê op Mei 25, 2010

    Dankie dat jy kom lees het…ek waardeer.

  9. VozSola het gesê op Mei 25, 2010

    Ek is jammer…ek wou jou nie ontstel nie…maar dit is feite sonder antwoorde op vrae wat al te veel gevra is – die dat niemand meer omgee nie?

  10. VozSola het gesê op Mei 25, 2010

    …ja, is dit nie?

  11. VozSola het gesê op Mei 25, 2010

    Stem saam…maar wat van daardie wat dit nie eers tot volwaardige mensdom gemaak het nie?

  12. zephur het gesê op Mei 25, 2010

    Van die jongelinge op die platteland het sommer 2 of meer kinders onder ‘Child grants’

    Ouma maak groot terwyl sy lekker haar geldjies geniet.

    Ja die ding moet gestop word, maar hoe, die Regering gaan nie en hul kyk dan na nog ander grants…vir die wat nie werk nie of nie werk kan kry nie.

  13. VozSola het gesê op Mei 25, 2010

    Thanks dat jy kom lees het Zeppie…
    Jy is reg…Dit lyk of SA in ‘n kinder-bank ontaard het…sonder interest!
    Dis net so sad.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.