Profile photo of VozSola

by

Eerste indrukke – altyd blywend – totdat dit uitkring.

Mei 23, 2010 in Sonder kategorie

(Jammer as dit effens moeilik lees vir ‘n Sondag)

Die ongesproke eerste indrukke tussen woord en lees om die somtotaal van verstaan te gee – is net so bepaalend tussen die afwagting en die oordeel om die somtotaal van ‘n mens te gee. Let wel, dat afleidings (assumptions) heel dikwels die verkeerde antwoord sal gee… al doen jy daardie sommetjie oor en oor…sal jy nooit die regte antwoord kry nie, ongeag die veranderlikes – sal slegs die bogenoemde formule se antwoord onveranderlik ten alle tye korrek wees.

Woorde is ‘n eerste gedagte – neergepen. Die lees daarvan laat gee dit lewe. Die verstaan daarvan maak dit vir ewig.

Maar, soos meeste glo, kring dit uit soos ripples…waarin die oorsprong altyd dieselfde sal wees, maar dit is nie ‘n spiral nie, nog minder kan dit heen en weer beweeg. Elke ripple het sy eie ontsaan vanaf die kern, dit groei en verdwyn…opgevolg deur die ander…  Die ontstaan van elke sirkel gaan gepaard met die die eerste gedagte…en groei soos die gedagtes volwassenheid bereik. Net soos die eerste reaksie op iemand wat jou skrikmaak…eers is dit skok, lamheid, dan die stortvloed van adrinaline, dan fisiese reaksie, dan woede en op die einde lag jy daaroor. Net so gaan elke ripple van gedagtes wat deur ‘n woord/woorde spruit, ook deur die fases tot waar dit volwaardige verstaan bereik het…om bloot in die agtergrond te versmelt – om weer deur ‘n ander woord herwin te word. Die pond is ‘n selfonderhoudende recycling-plant van gedagtes wat deur emosies onderhou word en gesuiwer word – tot dit reg is vir die volgende ontvangs van gedagtes.

Daar is ook ander woorde wat nie daarin tot staat is om ripples uit te kring nie. Nee sommige woorde is so magtig dat die onstaan daarvan so diep geset is, dat die reaksie (verstaan) daarvan heel ongesien net-net onder die oppervlak sigbaar is…en dan op ‘n dag, trek die gedagtes asem in…en met die uitblaas daarvan – verspoel ‘n lewe deur ‘n tsunamie van verstaan! Verheug! Maar meer dikwels vernietigend vir ander wat dit nie sien kom het nie!

Dus, wil ek in stilligheid aanvaar dat reaksies op woorde nie heeltemal bepaal kan word nie, alhoewel die antwoord altyd dieselfde gaan wees, word sommige mense se gedagtes in soveel kleiner fraksies opgedeel…dat dit hulle heewat langer neem om die antwoorde te vind. Dit gaan nie altyd oor hoe groot die klip is wat ingegooi word nie, wat die hoeveelheid sirkels bepaal nie…dit gaan oor hoe rustig die water is waarin die klip gegooi word. Hoe rustiger hoe meer sirkels – hoe onstuimiger – hoe minder sigbaar is die sirkels – indien enige.

Dit is baie dieselfde met mense. Daardie eerste ongesproke indrukke – daardie iets wat mens ‘tussen die lyne’ lees – is selde indien ooit verkeerd. As mens so ‘n persoon in vlees ontmoet – is dit asof dit alles te same kom  – en ‘n band word gevorm.  Daar is geen terleurstelling in sulke ontmoetings nie. Die eerste gedagte en die laaste gedagte is skrikwekkend altyd dieselfde.  Suiwer, eerlik en opreg!

Ps. Ouboet – hierdie is in antwoord op jou korrospondensie.

Ps2. Aan sekere mense wat ek ontmoet het.

Ps3. Aan ‘n maatjie wat ek baie mis… (Ja, jy Natasha!)

15 antwoorde op Eerste indrukke – altyd blywend – totdat dit uitkring.

  1. MarianaF het gesê op Mei 23, 2010

    Ja-nee. Ek het ‘n goue medalje gekry vir ‘n opvoering ligjare gelede oor ” Eerste indrukke is blywend..” My slotsom is “Don’t judge a book by its cover”

  2. loudavisi het gesê op Mei 23, 2010

    puik skrywe, Voz!
    Baie om oor te wonder en na te dink.
    Dankie

  3. DallaSePa het gesê op Mei 23, 2010

    Ek hou hiervan … sterre vir jou.

  4. Chris10m het gesê op Mei 23, 2010

    Ek hou ook hiervan!!!! :-)))))))

  5. DallaSePa het gesê op Mei 23, 2010

    Ek verstaan hoekom jy “Goud” gewen het!

  6. DallaSePa het gesê op Mei 23, 2010

    Wat maak jy hier?!

  7. VozSola het gesê op Mei 23, 2010

    jip…maar die lewe het my lankal geleer dat die boeke met die mooiste cover die meeste blank bladsye het!

  8. VozSola het gesê op Mei 23, 2010

    Dankie dat jy kom lees het!

  9. VozSola het gesê op Mei 23, 2010

    😉
    okay dan….
    ;-))))))!

  10. VozSola het gesê op Mei 23, 2010

    Sy kyk hoe jy vir ander goue sterretjies gee?

  11. VozSola het gesê op Mei 23, 2010

    Dankie vir jou!
    😉

  12. DallaSePa het gesê op Mei 23, 2010

    Sien jy … hier is aparte PC’s in die huis … blerrie FACEBOOK!

  13. VozSola het gesê op Mei 23, 2010

    Lol! Sien jy nou…vrouens IS slim! Jammer jy’s uigevang met jou sterretjies plak by vreemde girls!

  14. louisna het gesê op Mei 24, 2010

    Pragtig. Ek sal later meer breedvoerig reageer.

  15. VozSola het gesê op Mei 24, 2010

    Dankie Ouboet.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.