Jy blaai in die argief vir 2010 Mei.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Sallie weerie!

Mei 31, 2010 in Sonder kategorie

(Ghaap en Oom Flenters) Baie Dankie vir julle insig en kommentaar… ek waardeer dit opreg!

 

Belangrike les is sopas geleer…MOENIE Blog as jy upset of over sensitive is nie! Al is dit die waarheid…moenie…want soms het jy nie beheer oor jou woorde en gedagtes nie…en dis nie altyd ‘n goeie ding nie.

Nie almal het seker elke dag ‘n goeie dag nie…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Defragmentation

Mei 30, 2010 in Sonder kategorie

Is die een persoon té magtig of die ander persoon té weerloos?

Tussen die manupilasie van oordeel en die waarheid lê ‘n brug van defragmentasie. Elke stukkie ‘n stukkie op sy eie…sonder al die stukkies is die brug wankelrig. Dus, Hoe analiseer jy die waarheid?

Nes jy dink jy ken ‘n persoon in al sy fasette, gebeur daar iets, of iemand sê iets wat die mat onder jou voete wegtrek. Jy verloor balans en wonder dan oor dit wat jy nie geweet het nie…en hoeveel meer daar dalk is wat jy nie weet nie. Punt is, jy sal seker nooit weet nie.

Net soos sommige geleerdes om wil wys maak oor mind-mapping is dit nie juis anders as defragmentasie van situasies, emosies, ervaaringe of herinneringe nie. Die kuns lê daarin om dit te doen net tot waar jy verstaan of ‘n antwoord gevind het…maar soos die mens se hunkering na antwoorde ewig groeiend is, weet ons meer dikwels nie waar en wanneer om op te hou nie. Ons gaan te vêr en vernietig meer insig as die bietjie wat ons wel gekry het. Ons vernietig meer antwoorde as dit waarop ons geregtig was. Soms vernietig ons onself in die proses dat ‘n normale denkende lewe slegs agter wit mure onder die verslawing van terughouende medikasie moonlik gemaak word.

Kinders wat met insig gebore word…word as ‘afwykend’ beskou en met talle pilletjies gepomp om ‘reg’ te funksioneer, sonder die fantasie, sonder die konstante defragmentasie van elke situasie…maar om dit eerder as geheel te ervaar soos ‘almal’ anders. Wie is dan reg en wie is dan verkeerd? Die een te magtig en die ander te weerloos?

Nogal interessant om te sien dat die matige een uiteindelik die weerlose een is…en die weerlose een die een is wat sal triumph oor die magtige…juis vanuit die fragmentasie van die einste magtigheid van die ander.

Aan die persoon wat hierdie gedagtes tot my voordeur gedra het… Die magtige een word deur ander dopgehou. Sy magtigheid het ‘n spertydperk…so kort as wat dit ander neem om te sien dat sy brug nie solied is nie. Stadig maar seker het hulle al ‘n paar stukkies geneem…en sy eie gewete sal self die res vernietig…en kort voor lank sal almal sien hoe die brug in mekaar tuimel.

Die grootste vernietiger van ‘n persoon se gees– is die persoon homself. Niemand het dit reg om daardie proses aan te help nie…en ook niks wat jy kan doen om daardie persoon te help nie.

What will be will be…let it be. As dit 500 jaar gelede so voorspel was…let it be. Indien nie…let it be…

My raad as daar duister en donker skadus soos nou in jou lewe gewaar word en jy deur hulle agtervolg en omvou word…let them be…soek die warmte van die Lig. Omring jouself daarmee…

Good will always win over evil…en dis nie jou danm fight nie! Was nog nooit gewees nie…

Private boodskap:

Hi, Liefies vir jou soos altyd, drukkie vir die ander soos altyd.

xXx

Profile photo of VozSola

by VozSola

Mystic signs?

Mei 28, 2010 in Sonder kategorie

Al ooit opgelet na die wonderlike dinge in die hemel bo ons? Net soos ons soms stil sit en skielik die lewe her-ondek deur die wonder van die kleinste – soos om ‘’n ry miere dop te hou…net so is daar groter dinge wat dalk ook die wonder van die heelal en verskuilde boodskappe aan ons weergee…

Gisteraand oppad huis toe, skuins voor sewe…het die hemel ‘’n teken geopenbaar…

Dit was donker…geen ander sterre sigbaar…

Die straatligte in daardie straat het ‘toevallig’ nie gewerk nie…

En die volgende was so half ondenkbaar duidelik… Teen die palet van duisternis, het die volmaan gehang…twee blink wolkstrepe het die maan uitgewys…en een verlore ster het die pad aangedui..

Ek het stilgehou en kon myself nie kry om weg te kyk nie… nie voor daardie wolk-streep ten volle deur die maan verswelg was nie…

Ek kan nie daardie prentjie uit my kop kry nie. Ek het heelnag gedroom hoe ek tussen die maan en daardie wolk rondvlieg…dit was fantasties!

Wat dink julle?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Padlangs…vir ALMAL!

Mei 27, 2010 in Sonder kategorie

Maankind vra ekke moet

“Groete blog aan ALMAL”

So, ek stuur hierdie boodskap aan ALMAL! – Maak seker

jy lees…want sy gaan kom kyk of jy het!…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Woorde oor Woorde

Mei 26, 2010 in Sonder kategorie

‘n Denkbeeld van ‘n geskrewe gedagte. (1)

Die vrugbare Afrikaanse baarmoeder het deur die jare geboorte geskenk aan menige groot name in ons taalfamilie. Ek gaan nie hier familiename uitsonder nie (wil nie sommige stamvaders ontstel nie), maar soos met alle familiebyeenkomste, meestal saamgeroep deur die sameloop van ‘n woordelikse huwelik, geboorte of afsterwe, word dit natuurlik opgevolg deur skinderstories en daarna verdaag hulle om weereens hul eie gang te gaan tot die volgende gebeurtenis.

Hoe sterk is hierdie woordenaars se familiebande? Is die swak skakel nie juis die einste baarmoeder self nie? Ek dink die verskil lê in dat onse Afrikaanse baarmoeder te swaar dra aan die skuldgevoel van die voortrek van witbroodjies in die familie. Te swaar dra aan die herinneringe van haar stille geboortes en nog swaarder dra aan haar afgestorwe kinders; soms naamlose kinders wat wel was maar in hul leeftyd nie kon wees nie. Hartseer dat die opgeskrewe nalatenskap soms ongelees saam met hul stof ook tot stof vergaan.

Die bevrugting van woorde. (2)

Woorde-geboortes laat my dink aan alien bevrugting … of die sacred dance van die pixies … in ‘n tydlose sfeer wat slegs met ‘n volmaan in ‘n mistieke illusie ten volle gewaar kan word.

Sporadiese-spontane woordgeboortes lewer nie net een afstammeling per swangerskap nie. Nee, dit is soos ‘n spinnekopnes; daar is skielik hordes van hulle … elk met ‘n oog vir elke poot. Die nadeel dat as een persoon van buite na die nes kyk, daar daadwerklik nie genoeg oë is vir die spreekwoordelike voordeel van ‘n oog vir ‘n oog nie, en sodoende gaan vele ons ongesiens verby.

Letters maak woorde. Maar dit is die gedagtes wat die woorde magtig maak. Gedagtes word vanuit emosies gebaar.

As woorde die skaakstukke is en die gedagtes die bord, dan is emosie die hand in spel. Nie almal kan skaakmeesters wees nie, maar almal wil graag saam skaakspeel. Meeste slegs as toeskouer …

Ek het bogenoemde griffel êrens in 2008 op SêNet geplaas.

Al wat ek nou wil byvoeg is dat sommige woorde deesdae eerder wil skree as fluister, of saggies ‘n melodie neurie…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Jammer, ek’s maar boring

Mei 25, 2010 in Sonder kategorie

 Lysie.

 

  1. Watter plek hou jou mooiste herinneringe?  Barberton, Hiking trips in die Laeveld, Jonkershoek
  2. Hoekom? Want dit is waar en wanneer ek mens geword het.
  3. Waar het jy al oral gebly? Melmoth, Barberton, Pretoria (Weet of drie maande in Hennenman tel nie)
  4. Watter plek sal jy graag nog wil besoek en hoekom? Die hele Weskus! – Op soek na die missing link in my menswees.
  5. Wat verkies jy:  koffiewinkel of restaurant en hoekom? Koffie winkel – Goedkoper en beter koffie.
  6. Kan jy fluit? Hmm…
  7. Waar en wanneer laas het jy ‘n bordspeletjie gespeel?  Gedurende December ‘n ses ure rally met Monopoly. Ek het verloor!
  8. Jou mooiste Kersfeesherinnering?  My ma se wit kersboom met goue Engel.
  9. Wat het jy al gedoen waaroor jy vandag spyt is?  Die dinge wat ek nie gedoen het nie.  En nooit die geleendheid gehad het om te studeer nie.
  10. ‘n Oomblik wat altyd ‘n kiekie in jou kop sal bly? Volmaan voor my en sonsondergang agter my in my truspieëltjie, op dieselfde tyd. Die wit perd in die mistige vallei op ‘n hiking trip.  Daardie eerste view van die Andes berge vanuit die vliegtuig!
  11. Met watter rolprentster sal jy graag ‘n dag spandeer en hoekom?  Wil nie ‘n dag met so iemand deurbring nie..Ek ag gewone mense meer belangriker en meer interessanter as ‘n movie-ster. Ons is almal baie beter actors in die regte lewe.
  12. Het jy ‘n onderwyser wat baie spesiaal was?  My Afrikaanse onnie in Matriek wat my gehelp het…want hy’t gesê as hy nie doen nie – gaan ek vir nog 10 jaar op skool sit…want ekke kon net nie in Afrikaans lees of skryf nie.
  13. ‘n Liedjie/musiek met die mooiste assosiasie? Country musiek op my Pa se ou grammerphone!
  14. Is jy famous?  Nooit gesien nice – (net julle ken my)
  15. Jou beste eienskap?  Ek praat baie nonsens. (Erenstige dinge kom net in letters uit)
  16. Jou irriterendste eienskap? Ek praat baie nonsens.
  17. Kan jy ‘n musiekinstrument speel? Nee…(Tel ‘n keyboard – computer keyboard?)
  18. Het jy al ooit met ‘n kettie geskiet? Ek was goed!
  19. Weet jy wat is ‘n woer-woer? Ja, het nog verlede jaar ‘n paar gemaak…
  20. Watter eienskappe maak jou boesemvriend/in spesiaal?  Like my nes ekke is.
  21. Waar pas jy in jou gesin in – oudste kind? middelkind? jongste? enigste? Die jongste van twee dogters.
  22. Een ding wat vir jou ‘n passie in die lewe is?  Ma wees.
  23. Een ding wat jy met ‘n passie haat?  Ongevoeligheid teenoor ander mense.
  24. Koue poeding of warm poeding? Warm poeding.
  25. Bief of hoender? Steak.
  26. Tjoklits of swiets?  Chocolates (Sorry Maankind)
  27. Hoe bederf jy jouself?  Met ‘n boek.
  28. Drie goed wat jy sal saamvat as jou huis aan die brand raak? My seun, my man en myself… (oh, my Oupa se Bybel, my griffels en my handbag)
  29.  Die mees gewaagde aktiwiteit wat jy al ooit aangepak het? Foefie-slide van ‘n waterval gebou op ‘n hiking-trip en onse gatte gesien! Maar nie te seer nie.
  30. Maak jy klaar waarmee jy begin?  Werksgewys – Altyd – the sooner the better. Met ander dinge…ja- maar soms neem dit baie lank…
  31. Hoe dikwels beland jou moermeter in die rooi? Net soms…
  32. Wat laat jou hart vermurwe en verkrummel? Babatjies…
  33.  ‘n Fliek wat jy nooit sal vergeet nie en hoekom? Into Great Silence – Stilte en insight!
  34.  ‘n Boek wat jy nooit sal vergeet nie en hoekom? The Dark Tower Series – the Journey…
  35. Glo jy in grys of is alles swart en wit?  Alles is grys totdat die son skyn of ondergaan.
  36. Jou eerste rerige soen? Sweet sixteen.
  37. Groet jy met die hand? Soen op die mond?  Soen in die lug? Soen op die wang?  Wie, wat en wanneer en waar bepaal die manier.
  38. Katte of honde?  Honde. Katte steel my soul-space en hulle weet te veel.
  39. Vyf goed wat jy sal doen as jy weet jy’t nog net ‘n paar maande oor . My Ma Groet, My Pa groet, My Sussie groet, My kind groet, My man groet…. en dan Hello sê…
Profile photo of VozSola

by VozSola

Kinders se kinders: WAARSKUWING (Nie vir sensitiewe lesers nie!)

Mei 24, 2010 in Sonder kategorie

Indien jy so ‘n leser is – gaan lees eerder hierdie inskrywing.

Kinders se kinders is nie meer kinders nie…hulle is ‘n commodity. Trading stock if you will. Government grants is die stock exchange vir hedendaagse handel.

Jare gelede…was dogters suutjies weggestuur na ‘n tehuis…en die familie het pose gehou met spesiale studies in ‘n kosskool êrens net-net vergenoeg van die huis af om ‘n gereelde kuier te kortwiek. Daarna het die dogters met heelwat meer insig huistoe gekom…maar nie die soort wat in boeke voorgeskyf word nie.

Die babetjie is dan gewoonlik deur aangetroude familie aangeneem, indien nie… word Ma en kind sommer sussies of boetie en sussie… Oupa’s word Pa’s of so nie Ooms…soms was hierdie kindjie na ‘n ander provinsie gestuur vir aanneming…vêr weg.

Nie so lank gelede nie…het aborsie die nuwe voorbehoedmiddel geword. Eers was dit in donker stegies agter ‘n blou deur gedoen. In buitekamers van ‘n afgetreede nursing sister…soms met die mees onmenslike metodes denkbaar…van hangers tot breinaalde…en hierdie eina kinders is met ‘n paarf disprins en ‘n pakkie pads huistoe gestuur…om self die uitwerpsel in ontvangs te neem…Sommige is van hul vrugbaarheid beroof. Vermink. Sommige het mediese behandelling nodig gehad…en sekerlik het van hulle dit nie oorleef nie…

En toe, toe besluit onse regering dat dit wettiglik gedoen kan word – met die noodsaaklike geriewe en onder streng mediese toesig. Sommige verpleeg personeel het in die moeilikheid beland omdat hulle geweier het om aborsies uit te voer of te ondersteun. Maar…op die platteland het dit goed gegaan…klinieke en hospitale was besig…sommige van hierdie meisies het al meer as vier aborsies gehad…en steeds gebruik hulle geen van die pakke en pakke gratis voorbehoedmiddels wat tot hulle beskikking is nie. In meeste hospitale het dit so ‘n roetine geword…dat hierdie personeel nie eers meer assist nie…en die meisies moet hulself daardeur help en self van die fetus ontslae raak…sommer so in ‘n bedpan…sommige is al herkenbaar -mens ontwikkel – want hulle weet self nie hoe ver gevorder hulle swangerskap was nie…meer ‘n geboorte as ‘n aborsie.

Net toe ons aan daardie gedagte gewoond geraak het…kom onse regering met ‘n nuwe incentive…Child grants! Wat gebeur nou – veral in die landelike gebiede? Baby Boom! Die kinders word geregistreer…en weg-gegooi…by die kerk of welsyn of hospitale agtergelaat…erger nog…beland in ‘n plastiek sak op die ashoop…en dit vir R245 per maand?

Ek het my eie sienings oor aborsie… Glo my vry…ek het sterk gestaan agter my beginsels… tot dit met iemand te naby aan my gebeur het… nou staan ek nog sterker daarteen. Maar ek is ook nie ten gunste van hierdie baby-boom-payment-sceme nie.  En nog minder hoe hulle straatkinders bedwelm en mishandel en mee handel dryf nie. Nog minder oor hierdie Holywood-buy-a-baby mode…wat hierdie kinders se hertitage met ‘n paar dollars uitwis.

Ek bid regtig dat God sy hand oor hierdie sieletjies hou. Ek bid regtig dat God berusting aan daardie meisies/vrouw sal gee…want daardie soort van seer sal vir ewig in hulle hart ingeëts wees. Ek bid regtig dat God ons regering binnekort tot insig sal bring en ‘n ander uitweg aan ons wys.

 14 – 16 weke oue fetus:

Government-grant-kinders:

 

Profile photo of VozSola

by VozSola

Skoene – sonder die voete…

Mei 24, 2010 in Sonder kategorie

Ek het al my storie hier vertel…

Ek mag dit seker maar weer vertel…

16 jaar oud! Skoolvakansie by Ouma en Oupa op Hartswater. Dit is hier waar ek my groot geskenk gekry het. My Liewe Jesus-sandale!

 

Verlede maand was dit hierdie sandale se mondigwording. 21 jaar oud! ‘n Leeftyd van ondervindinge en ervarings. ‘n Kwart-lewe deurgeloop tussen jeug, grootword tot halfpad volwaardig mens word.

 

Nie net is alles sigbaar onder die sool ingetrap nie, maar die lewe bo die sool is deurgetrap. ‘n Voetsool ingeëts. Dit is tasbaar. Dit is tasbaar kosbaar. Dit is tasbaar gemaklik, soos diep binne jou eie vel, is hierdie sandale, tasbaar die eie ek. My tweede sool van die lewensloop.

 

As hierdie sandale kon praat, sou ek lang wintersnagte in kort oomblikke van herinneringe verander. Van simpel tienergeluk en stout wees tot verby die verlore grootmensdrome. Van vakansies, kampe en romanse tot by die koue hartseernagte van eensaamheid. Van honeymoon in die Kaap tot die hiking in die Oos-Transvaal tot by die seëninge jare later toe hierdie einste sandale die enigste skoene was wat perfek aan preggy-geswelde voete gepas het …

 

Kyk, dit is verseker nie fancy nie. Nee, nie eens mooi nie! Dit het geen bekende naam nie, dit kom verseker nie uit Italië nie, maar glo my, dit is opregte ontwerpersskoene! Individueel soolgesny volgens my destydse 16-jarige voetgrootte. Handgemaak deur iemand met ‘n hart en siel – met liefde aan my gegee.

 

Die tweede grootste seëning (blessing in disguise, eerder) wat ek saam met hierdie sandale ontvang het, is dat my voete daarna nooit weer een millimeter verder gegroei het nie, met ontvangs is ‘n permanente skoengrootte dus vasgevang in my jeug! Die grootste geskenk en seën was dat Jesus so saam-saam met hierdie sandale gekom het!

 

Ja, ja, ek dra hulle steeds, elke naweek en die hele somer deur.

 

Ek het hulle Saterdag ook aangehad!

 

 

Profile photo of VozSola

by VozSola

Sewesoortige blouerige kleurskakerings…

Mei 24, 2010 in Sonder kategorie

  1. Die tuinvoëltjies was extra stil vanoggend – winter is hier!
  2. Dit nog nie koud vir vroeg opstaan nie.
  3. Sluipslapers het vanoggend almal laat geslaap?
  4. Die stad het mooi gelyk vanoggend – sonder besoedeling.
  5. Die kleur van die winter-blou-lug is ysig mooi.
  6. Die bome is laat om hul blaarkombersies af te skud.
  7. Môre is Dinsadag!

Mag julle ‘n mooi Maandag hê!

Maar….

1.                  Al 15 robots was rooi vanoggend.

2.                  My eerste koppie koffie was koud.

3.                  My horlosie het oornag tyd verloor.

4.                  Ek het vergeet om petrol in te gooi.

5.                  Moes ‘’n fight stop.

6.                  456 Junkmails delete.

7.                  My vierde koffie het ook koud geword!

Kla ek…NEE, glad nie…

Maar ek voel  nou baie beter, dankie!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Eerste indrukke – altyd blywend – totdat dit uitkring.

Mei 23, 2010 in Sonder kategorie

(Jammer as dit effens moeilik lees vir ‘n Sondag)

Die ongesproke eerste indrukke tussen woord en lees om die somtotaal van verstaan te gee – is net so bepaalend tussen die afwagting en die oordeel om die somtotaal van ‘n mens te gee. Let wel, dat afleidings (assumptions) heel dikwels die verkeerde antwoord sal gee… al doen jy daardie sommetjie oor en oor…sal jy nooit die regte antwoord kry nie, ongeag die veranderlikes – sal slegs die bogenoemde formule se antwoord onveranderlik ten alle tye korrek wees.

Woorde is ‘n eerste gedagte – neergepen. Die lees daarvan laat gee dit lewe. Die verstaan daarvan maak dit vir ewig.

Maar, soos meeste glo, kring dit uit soos ripples…waarin die oorsprong altyd dieselfde sal wees, maar dit is nie ‘n spiral nie, nog minder kan dit heen en weer beweeg. Elke ripple het sy eie ontsaan vanaf die kern, dit groei en verdwyn…opgevolg deur die ander…  Die ontstaan van elke sirkel gaan gepaard met die die eerste gedagte…en groei soos die gedagtes volwassenheid bereik. Net soos die eerste reaksie op iemand wat jou skrikmaak…eers is dit skok, lamheid, dan die stortvloed van adrinaline, dan fisiese reaksie, dan woede en op die einde lag jy daaroor. Net so gaan elke ripple van gedagtes wat deur ‘n woord/woorde spruit, ook deur die fases tot waar dit volwaardige verstaan bereik het…om bloot in die agtergrond te versmelt – om weer deur ‘n ander woord herwin te word. Die pond is ‘n selfonderhoudende recycling-plant van gedagtes wat deur emosies onderhou word en gesuiwer word – tot dit reg is vir die volgende ontvangs van gedagtes.

Daar is ook ander woorde wat nie daarin tot staat is om ripples uit te kring nie. Nee sommige woorde is so magtig dat die onstaan daarvan so diep geset is, dat die reaksie (verstaan) daarvan heel ongesien net-net onder die oppervlak sigbaar is…en dan op ‘n dag, trek die gedagtes asem in…en met die uitblaas daarvan – verspoel ‘n lewe deur ‘n tsunamie van verstaan! Verheug! Maar meer dikwels vernietigend vir ander wat dit nie sien kom het nie!

Dus, wil ek in stilligheid aanvaar dat reaksies op woorde nie heeltemal bepaal kan word nie, alhoewel die antwoord altyd dieselfde gaan wees, word sommige mense se gedagtes in soveel kleiner fraksies opgedeel…dat dit hulle heewat langer neem om die antwoorde te vind. Dit gaan nie altyd oor hoe groot die klip is wat ingegooi word nie, wat die hoeveelheid sirkels bepaal nie…dit gaan oor hoe rustig die water is waarin die klip gegooi word. Hoe rustiger hoe meer sirkels – hoe onstuimiger – hoe minder sigbaar is die sirkels – indien enige.

Dit is baie dieselfde met mense. Daardie eerste ongesproke indrukke – daardie iets wat mens ‘tussen die lyne’ lees – is selde indien ooit verkeerd. As mens so ‘n persoon in vlees ontmoet – is dit asof dit alles te same kom  – en ‘n band word gevorm.  Daar is geen terleurstelling in sulke ontmoetings nie. Die eerste gedagte en die laaste gedagte is skrikwekkend altyd dieselfde.  Suiwer, eerlik en opreg!

Ps. Ouboet – hierdie is in antwoord op jou korrospondensie.

Ps2. Aan sekere mense wat ek ontmoet het.

Ps3. Aan ‘n maatjie wat ek baie mis… (Ja, jy Natasha!)