Jy blaai in die argief vir 2010 April.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Spot the Difference!

April 30, 2010 in Sonder kategorie

Mmmm?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Bloggers…

April 29, 2010 in Sonder kategorie

Daar’s “bogger-bloggers”  en daar’s “lees-my-raak-bloggers

Daar’s “woord-maatjie-bloggers” en “skryf-my-‘n-storie-bloggers

Daar’s “regte-mens-mens-bloggers” en “I-like-to-be-your-friend-bloggers

Daar’s “goeie-vriende-word-bloggers” en “regte-koffie-kuier-bloggers

Daar’s “soul-mate-bloggers” en “engel-bloggers”

Aan een van die tweede laaste bloggers gee ek ‘n Loud-shout-out! – Thanks vir die on-screen-bemoediging!!!  En daai, ek’s jammer-tou-trek vandag.

Aan ‘n ander en laasgenoemde blogger – Baie-Baie dankie…vir jou vanoggend! Om 10uur het dit begin werk!!!!! Jy is spesiaal in alle opsigte. 

Profile photo of VozSola

by VozSola

‘n Vraag van ‘n ander aard.

April 28, 2010 in Sonder kategorie

Ouderdom, wysheid, insig, kennis of experience? Watter een ag jy as die belangrikste oorlewings meganisme in jou vriendekring?

Vir wie sal jy vertrou om jou raad en advies te bied?  Iemand  met wysheid of kennis of dalk met die nodige insig?

Hoe word die bogenoemde bepaal?

Wat is die karakter eienskappe van elk?

Profile photo of VozSola

by VozSola

My 50 punte tot geluk

April 28, 2010 in Sonder kategorie

mmm…ek pretty much maar happy met die klein dingetjies… Ek is seker julle

gaan dink ekke is boring…maar dit is wat my tans happy maak…

1.                  My kind se drukkies.

2.                  My kind se sin vir humor.

3.                  My kind se insig oor die lewe.

4.                  Contentment.

5.                  Om antwoorde te kry op vrae wat nie gevra is nie.

6.                  Koue reënweer as jy op holiday is…en kan heeldag piekniek inni bed.

7.                  Vrydae middae om 17h45!

8.                  Om ander te help.

9.                  Chocolates.

10.              ‘’n Mooi boom.

11.              Berge.

12.              Rivier strome.

13.              Sad songs.

14.              Poetry.

15.              Goeie boeke.

16.              Ou-boeke.

17.              Ander mense se boekrakke.

18.              Chocolates.

19.              Biltong.

20.              Coffee.

21.              Stilte.

22.              My een vriendin.

23.              My een vriend.

24.              ‘’n Dag sonder probleme by die werk.

25.              Mooi foto’s.

26.              Ander se blydskap.

27.              My haarkapper.

28.              Drukkies.

29.              As iemand my inderdaad verstaan.

30.              Deursettings vermoeë en happiness van gestremde kinders.

31.              Gelukkige mense.

32.              Eerlike en opregte mense.

33.              Ons twee honde (Babetjie is 15 jaar oud) en Fuzzball (kleinding se SPCA special)

34.              Musiek.

35.              My eie innerlike deursettings vermoeë…

36.              Rustigheid.

37.              Koffie-kuier vriende.

38.              Blomme.

39.              My ma se SMS boodskappies.

40.              My suster se craziness!

41.              Mooi woorde.

42.              e-mail gesels briefies – specially aan my gerig.

43.              Om so nou en dan Vry te voel… (state of mind)

44.              Om vir een dag niemand anders se complaints te hoor nie!

45.              ‘’n Warm bad

46.              Somer (GLAD nie WINTER nie!!!!!!!)

47.              Daardie eerste 20 minute na ek wakker geword het…terwyl die wêreld nog slaap…

48.              ‘’n Pakkie inni pos!

49.              ‘’n Vol tenk petrol.

50.              Ander mense se Blog inskrywings!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Universal Languages

April 27, 2010 in Sonder kategorie

Gister het ek besef daar is meer as net een taal – en dit is nie die taal van liefde nie!

Ek het die voorreg gehad om gisteraand ‘n paar mense van ‘n bekende tv kanaal in die buiteland te onthaal – insluitende ‘n bekende aktriese. Hulle is al twee en half weke in die land – natuurlik ten voorbereiding van die sokker.  Hulle was by al die ‘moet-sien’ plekke – Kaapstad, Durban, Kruger ens. Ook het hulle al die stadiums besoek ens.

Dus, was hulle weereens baie gretig om te braai! Nie dat ons tradisie van ‘n braai baie van hulle sin verskil nie – behalwe hulle braai nie met basting en spices – gewoon net sout! Heerlik!

Ek het ook die voorreg gehad om vele ccv kamera clips te sien van verskeie plekke soos die lughawe, hotelle, clubs, bushaltes, selfs op die bus self ens. Tydens die aardbewing in Chile. Dis was skrikwekkend om die minste te sê. Ek het dinge gesien wat nooit die nuus gehaal het nie. Histersie en angs! Ook was dit heelwat anders as al die ander aarbewing beelde wat ons al gesien het soos daardie ‘sideways’ movements…hier het die aarde opwaarts geskud! Dit was werklik onbeskryflik. Ek het talle foto’s gesien wat ook nooit op tv gewys was nie. Hulle is trotse mense…maar wat ek op plekke gesien het…is vreeslik hartseer en so ook die stories.

So het die aand verloop en die beste deel was die openbaring van buitelanders hoe wonderlik SA is! Hulle het al die mooi en die goed beaam! Hulle het nie een keer verwys na crime nie. Hulle het nie een keer verwys na enige negatiewe gebeurtenisse nie. Hoekom nie? Nie omdat hulle in hulle ondervinding dit nie direk ervaar het nie, of oningelig is nie. Omdat dit nie die Suid Afrika is wat hulle sien nie!  Hoekom kan ons dan nie ook SA soos hulle sien nie?

Na ‘n aand se braai en kuier op my stoep (want dit het gereën en was donners koud) is hulle net na een die oggend hier weg…en toe begin die groot skoonmaak en opruim. Ons was elf mense en daar was  nege leë bottels drank! Nee, nie bierbottels nie. Rum, wyn, liqueurs, whiskey ens. Een het ‘n bottle rum by homself uitgedrink! Maar daar was ‘n verskil…hulle het nie soos meeste Suid Afrikaners dronk, loud en stupid geraak nie. Maar het almal dieselfde gebly.  Ek het mooi opgelet…en terwyl ek die hostess was en rondgehardloop en bedien het, het ek ‘n halwe glas coke en ‘n koppie koffie gehad…het ek gedink…drank is nie net ‘n euwel nie, maar ook ‘n universal language van kommunikasie. Skokkend!

Nou ja, na ek al die skottelgoed en opruiming is ek eers na twee in die bed. Vanoggend toe ek wakker word het ek weereens besef dat waardering en dankbaarheid ook ‘n universal language is…ons moet net leer om dit van ‘n ander angle te sien dan sal ons ook dalk hierdie land deur die oë van buitelanders kan sien en ervaar!

Nou gaan ek braai leftovers vir lunch…en terug klim in die bed met Milo en ‘n boek! 

Dit is wat ek vandag vryheid sal noem!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Charge of recharge?

April 25, 2010 in Sonder kategorie

Vrydag was ‘n dag wat tot ‘n ander demensie behoort het. Ek’t op ‘n rollercoaster ride gegaan…en dit was anders as daai rollercoasters wat ek as kind ervaar het. Toe was dit net fun, fun en fun.

My Vrydag ride was ‘toevallig’ deur ander beplan. Die kaartjie was gekoop. Die ride het gestop. Ek het ingeklim…bang en opgewonde…

Toe die ride begin, stadig het dit teen die opdraende getrek. Ek was oorkom met vrees. Ek was klam en bewerig. Hoofpyn wat opwel teen die wande van my ore. Naarheid en dronkheid oorval my.

Toe ek weer my oë oopmaak, het ek hierdie wonderlike 360 grade uitsig oor alles om my gehad. Net vir ‘n oomblik kon ek alles om my sien en ervaar…net toe val ek na onder. My oë toe.  My mond oop. Opgebergte emosies word met elke draai losgeskud. Ek lag en ek huil. Dalk was dit die vrees van opwinding, of dalk die opwinding wat vrees losgemaak het? Ek weet nie.

Ek het vroegaand van die ride afgeklim. Bewerig en verstom. Bang en bly.

Uitgeput het ek net na sewe uur die aand in die bed geklim. Saterdag laatoggend wakker geword…en weer gaan slaap. Nou eers op hierdie Sondag aand is ek volledig wakker. Maar nog nie uitgerus na daardie ride nie…

Ek wonder word ek dan gecharge of is ek op die pad van recharge?

Niks is soos dit veronderstel is om te wees nie, tog is alles veronderstel om soos niks te wees nie…totdat jy ook op daai ride kan gaan.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Vry Dag

April 23, 2010 in Sonder kategorie

Canta libre, Canta vida, de mi madre, y mi padre,
Canta mi corazon, Para los ninos, y sus ninos, canta libre.

I got music runnin’ in my head,
Makes me feel like a young bird flyin’,
‘Cross my mind and layin’ in my bed,
Keeps me away from the thought of dyin’.
Canta libre, Canta vida, de mi madre y mi padre.

I got music runnin’ in my brain,
Ev’ry song with its own kind of meaning,
Cleanse the soul and wash away the pain,
Baptized by the song that you’re singing.
Canta libre, Canta la vida,
siempre conmigo, canta libre.

Canta libre, canta la vida.

Canta mi corazon, Paralos ninos, y sus ninos, canta libre,
de mi madre, y mi padre, canta libre, canta libre.

Uncle: Neil

Profile photo of VozSola

by VozSola

Shhhhh…. S’blief tog!

April 22, 2010 in Sonder kategorie

Hou net op!!! Hou asb tog net op!!!!!!!!!!!!!! Asseblief!!!!!

.

.

.

.

Hoe is dit moontlik dat die wêreld skielik sommer oornag so loud geword het?

Die server en computers in my kantoor raas. Die telefone lui ekstra hard, en elkeen lui een lui te veel. Aanmekaar, met mense wat te hard praat. Die verkeer is loud. Die keyboard tik te hard. My pen skryf te hard. Die musiek is te loud. Die wind waai te hard. Die reën val te loud…My gedagtes is te loud. My hart klop te hard…Tot hierdie woorde is te loud…

Waar kan ek ‘’n cd met stilte koop? Wie het al stilte ge-record? Hoe klink dit? Sal daai stilte in jou oorfone, harder as die geraas daarbuite wees?

Asb, ek vra mooi asseblief…net 10 minute van stilte…!

Asseblief.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Yo-yo….eish…

April 22, 2010 in Sonder kategorie

Hier volg die Nuus

SA is ‘n land van song & dance

Laat ons maar net tog happy wees!

…if you can’t force them…join them…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Brand

April 21, 2010 in Sonder kategorie

Hier brand ‘n kers vir almal wat nie vandag lekker voel nie…