Jy blaai in die argief vir 2010 Maart.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Eendag as ek groot is…

Maart 31, 2010 in Sonder kategorie

Wou ek bitter graag voedseltegnologie gaan studeer het, (het nie) leer om te skryf, (kanni) ek wou leer om slim te wees, (is nie) ek wou leer om volwaardig mens te wees (ek leer nog elke dag) ek wou in die berge woon (sal nog eendag as ek groot is)ens. ens.

Ons almal koester daardie ‘eendag as ek groot is’ drome en ideale, ongeag hoe oud ons is. Maar as daardie ‘eendag’ bakhand voor ons deur kom staan, wil jy skielik weer klein wees…

Wat het dan intussen gebeur?

Jy het jou lewe deur gehoop en gedroom vir die ‘eendag as jy groot is’ dat jy intussen vergeet het wat dit is om net ‘klein’ te wees.

Hoe ervaar julle dit?

Of droom julle steeds oor ’n ‘eendag’?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Totsiens.

Maart 28, 2010 in Sonder kategorie

Aan al my blogmaaitjies,

Ek gaan vir ‘n rukkie bietjie time-out neem.  Dinge gaan maar soos dit gaan. En daarna gaan alles maar net voort soos dit altyd aangaan. My eie space het effens te klein geraak en ek is nie goeie geselskap nie.

Hopelik is ek gou-gou terug.

Mooi week vir julle almal,

en laat die son maar oor ons almal skyn.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Dysfunctional discontent

Maart 27, 2010 in Sonder kategorie

It’s hard and it’s a damn shame. This is a waste of space.

This forced integration between mind, body and soul. The functioning of each as a whole is worth so much more, yet together, causes disintegration of one and an overfill of the other. It leaves you fighting for survival of the one and mournful for the loss or another.

It’s hard and a real damn shame.

What was meant to be an integral part of you cannot be controlled by you and outside interferences causes dysfunction within. Your struggle to regain control leaves you with neither mind, nor soul. Your body scorned by the scars of struggle, lay buried within the reflection shown about your eyes…and it’s so damn hard and such a shame.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wat is die ergste…

Maart 26, 2010 in Sonder kategorie

Om in going-nowhere-slowly traffic vas te sit…en sien hoe daai temp-gadge rooi raak…en jy weet jy’t nie water ingegooi nie…en jou fan skree harder as die taxi agter jou se brieke… (ekke gister)

Om in die donker in die spens te krap en twee chocolate pakkies raakvat…net om later te besef…dis leeg! (kleinding se gunsteling trick)

Om te weet daar’s koeldrank in die yskas…en die leë bottel – yskoud – in die yskasdeur te kry…

Om die toaster met een broodjie aan te sit…want die lighter is leeg…en vuurhoutjies weg…

Of die ergste ding ooit…? Om gisteraand een moerse lang blog-inskrywing te plaas…net om ignore te word…

Snik…was dit dalk te omdat dit nie prentjies by gehad het nie?

Lekka weekend for all!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Tanka Q&A’s

Maart 25, 2010 in Sonder kategorie

Voor jy hier begin lees, gaan sit die ketel aan…

…sit nou rustig, en clear your mind…

           

            …ek hoop daar’s iets hier ook vir jou…

                        …indien nie, gooi maar weg…

Maar onthou as jy wel dit print, die © goggatjie volg wel my elke woord…

Dit was ‘n storm

wat die reën totaal verwoes

en agter gelaat

is die stilstaande water

wat weer elders op gaan dam

***********************

Hoe het die besef

skielik voor my deur kom lê?

Wild en omgekrap

en verlangeloos alleen

so die stilte gekoester

***********************

As die son gaan lê

uit moegheid die maan opstuur

sal die sterre juig

die aarde sal omwentel

môre weer die son ontwaak

***********************

Tydloos wakker word

jou geraas is gans te hard

stille gebede

sluit my ore stewig toe

doof gehoor en blind gesien

***********************

 ‘n Nuwe begin

‘n verlossings belofte

aan jou eie self

die mooiste droom is verwek

gister egter, het gebaat

***********************

Indien die liefde

verlange sou word, dan het

hoop ook saam vergaan

die soeke na vervanging

sal vir ewig so bly draal

 

***********************

Ervaar ‘n oomblik

regte waarheid een maal in

jou lewe om ten

volle te verstaan dat mens

so ewig soekende bly

 

***********************

Met elke hartklop

‘n asemteug van die lewe

dankbaar tot skielik

‘n groot verskrikking hierdie

hart se klop vir eina ruil

***********************

Hoe sal ek kan sê

wat dit is wat die lewe

so vervullend maak

as die lewensgieter se

gaatjies net met seerkry vul?

***********************

Sou die aarde op

haar sy wou draai en dwarrel

wind van agter waai

sou die reën in stof verskyn

sal die son die maan wegkwyn

***********************

Om saam te stem teen

eie wil is self-verraad

doelbewus gepleeg

vir ander se ontwil en

praat word altyd stom gesind

***********************

Wat is ‘n antwoord tog

sonder ooit ‘n vraag te vra

dan in ongeloof

so te hoop die antwoord self

nooit nie weer die vraag weerspieël

 

***********************

Natuurlik is dit

vrolik, wie dink jy is ons

as mens om dan te

huil – die lewe is ‘n lied

slegs die engele wat sing

***********************

Jou hart erken die

onkunde vanuit jou

totaliteit, die

verbitterde voorspelling

voorspooksels van gewete

 

***********************

As woorde nou sou

opdroog, sal ons gedagtes ook,

of droom ons slegs in

prentjies dan wat so woordloos

in gedagtes kan omskryf?

***********************

…en die wiel bly draai

wat het gebeur sal weer moet

gebeur soos dit is

waar maak mens reg as die

wiel net nooit ophou met draai?

***********************

Hoe aanvaar mens ‘n

ander se jammer as jou

vergifnis so diep

versteek bly lê, ‘Ag Here,

help tog hier, maak seerkry heel’

***********************

Slaap wat so genees

in drome weggevoer na

‘n wêreld waar tyd

geen bestaan het nie maar tog

ontstaan die hartklop van jou

 

***********************

Ek het gelag en

ek het gehuil en hierdie

wind van agter maak

my vry, die gedagte aan

môre – droom maar weer vir my

***********************

Indien liefde dan

‘n spel is, sou ons almal

wen en ook verloor –

die liefde is nie ‘n spel

maar steeds kan nie almal wen

***********************

Het jy nooit besef

wat se krag jou woorde het

as jy dinge sê,

‘n hart met liefde vul en

dan in stukkies sny?

 

***********************

Die grootste geluk

soms versteek, diep gebêre

op eensame weg

onverwags en onverklaar

lê oop en bloot – siende blind

***********************

Hoe ‘n kleine woord

die mag kan hê om die prag

van liefde te ruil

die ons weer opgebreek word

nie net ek nie, maar ook jy

***********************

As ‘n traan ‘n lag

vervang is die lewe nie

verby, maar begin

die lewe eers indien jy

verstaan jy moet lag en huil

***********************

Om in gedagte

‘n woord te spoeg is minder

gewetenloos as

jou lippe geboorte skenk

‘n woord-monster ongetem

***********************

Vet waterdruppel

in die poeiersand ontplof

en weer en weer en

nogmaals meer genade reën

ontvang watervloed vervang

***********************

Ek het gedink en

het gepraat en selfs al wou

ek nie luister

wat my siel my hart vertel

dis steeds my hart wat fluister

***********************

Profile photo of VozSola

by VozSola

Dankie Julle!

Maart 24, 2010 in Sonder kategorie

Dankie aan al die blogvriende wat so mooi op my blog-vrae gereageer het.

Wat ‘’n plesier is dit nie om net soms te luister wat ander te sê het, sonder dat dit in ‘’n argument eindig.

Ek waardeer dit opreg.

Die wat nog nie gaan lees het nie, en die wat nog iets wil gaan bylas, julle is meer as welkom. Daardie inskrywing behoort nou aan ons almal. Want ons kan almal nog baie by mekaar leer.

Weereens,

Dankie

ps…watter is nou eintlik die regte spelling? “Vergifnis” of “Vergiffenis” en hoekom?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Die wortel van alle kwaad?

Maart 23, 2010 in Sonder kategorie

Ek wil nie nog ‘n dood, hart, siel en gees storie plaas nie. Ek wil vrae vra en ek wil ander se antwoorde hoor.

–          Sluit vergifnis waarlik alle ‘sondes’ in, of vergewe julle maar volgens die skaal van die daad?

–          As vergifnis totale bevryding vir jouself beteken, waarom is dit so moeilik vir jou hart, siel en gees om dit te gelyk te      

           aanvaar?

–          As jy die persoon vergewe, hoekom kan jy dan nie hul dade teen jou vergewe nie, en ook nooit vergeet nie?

–          Hoe vergewe jy opreg, sonder enige voorbehoud?

–          Hoe gemaak as jy nie die dade teen jou kan vergewe nie, hetsy ook die persoon/e al dan nie?

–          Is jou straf groter as jy nie vergewe nie, as die dade teen jou?

–          Ten einde, as jy nie kan vergewe nie, wat staan jou te doen?

–          Hoekom is dit so dat die meeste vergifnis gepleit word van die mense naaste aan jou, en dat vergifnis dus van jou

           verwag word?

–          Wat maak jy met gewoonte skuldenaars wat onregmatig jou vergifnis misbruik om hul dade te regverdig?

Asb, ek wil nie ‘n KdK (my liewe SêNet vriend) debat hier ontlok nie, ek wil net ander se opinies hieroor aanhoor, sonder dat hierdie boodskapper (ekke) in die proses gewond en gehang word.
Profile photo of VozSola

by VozSola

Die wortel van alle kwaad?

Maart 23, 2010 in Sonder kategorie

Ek wil nie nog ‘n dood, hart, siel en gees storie plaas nie. Ek wil vrae vra en ek wil ander se antwoorde hoor.

–          Sluit vergifnis waarlik alle ‘sondes’ in, of vergewe julle maar volgens die skaal van die daad?

–          As vergifnis totale bevryding vir jouself beteken, waarom is dit so moeilik vir jou hart, siel en gees om dit te gelyk te aanvaar?

–          As jy die persoon vergewe, hoekom kan jy dan nie hul dade teen jou vergewe nie, en ook nooit vergeet nie?

–          Hoe vergewe jy opreg, sonder enige voorbehoud?

–          Hoe gemaak as jy nie die dade teen jou kan vergewe nie, hetsy ook die persoon/e al dan nie?

–          Is jou straf groter as jy nie vergewe nie, as die dade teen jou?

–          Ten einde, as jy nie kan vergewe nie, wat staan jou te doen?

–          Hoekom is dit so dat die meeste vergifnis gepleit word van die mense naaste aan jou, en dat vergifnis dus van jou verwag word?

–          Wat maak jy met gewoonte skuldenaars wat onregmatig jou vergifnis misbruik om hul dade te regverdig?

Asb, ek wil nie ‘n KdK (my liewe SêNet vriend) debat hier ontlok nie, ek wil net ander se opinies hieroor aanhoor, sonder dat hierdie boodskapper (ekke) in die proses gewond en gehang word.
Profile photo of VozSola

by VozSola

Apologie aan medebloggers.

Maart 23, 2010 in Sonder kategorie

Soms as die gemoed vol is, en die vingers nie die emosie in taal erken nie… dan griffel jy ongevraagd dinge wat nie mooi verwoord is nie, en trap sodoende op ‘’n paar tone.

Anha, Ek is jammer.

Ouboet, Ek is jammer.

…en ‘n nuutgevonde vriendskap wat ek met ‘n brandblusser bestook het…

Ek sal my vir ‘’n wyle stil in die agtergrond gedra…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Dienslewering?

Maart 22, 2010 in Sonder kategorie

Gisteroggend na ‘n lang delay op die ‘slow-weg’ na Johannesburg, het ons uiteindelik by Zoo Lake gearriveer. Ek sien hoe lig die Gautengers hul wenkbroue…Zoo Lake op ‘n vakansiedag? Ja. Actually op enige dag? Ja.

 Ons Turkse vriend het ons na die Turkish Cultural en Food festival genooi.  Dit was baie intersting, lekker kos ens. Omdat dit aan die publiek oopgestel is, het die Turke in hul traditional klere gou-gou in die massas verselt.  Vinnig het die musiek al sagter begin raak bo die geraas van die mense.

Wat my immers geheel geskok het, was die mense. Oral was tafels en stoele. Ons kry êrens ‘n paar stoele en gaan sit rustig om te eet. So sit ons en kuier…en staar na mense. Wat ek daar gesien het, was nogal skokkend.

‘n Man skuins voor my het ‘n klein deli gekoop. Bakkies vol menige lekkernye. Die sit en eet morsig. Een happie hier en twee daar. Staan op. Los alles net so. Bakke vol half geeët en skop sy halfvol blikkie koeldrank om. Net so. En hy’s weg.

Iemand anders soek desperaat na ‘n stoel. Vee ongeërg die bakke van die stoel af, vat die stoel en loop. So sien ek vermorste kos na kosbakkie op die gras agtergelaat. Blikke, waterbottels en baie servette.

Skokkend is die menigte asblikke wat die plek volstaan, maar tog leeg.

Die skoonmaker, duidelik uitgestress en moeg, sug hard…gaan staan op haar knieë en begin met haar kaal hande hierdie gemors optel. Ek kon die hartseer in haar oë sien. Ek het my onoopgemaakte blikkie koeldrank en ‘n ekstra swarma aan haar gegee. Haar oë het geblink…en myne ook.

 En as julle dink julle weet watter soort van mense dit was…mense soos ons.       

Ons is daarna dieretuin toe vir ‘n paar uur sodat kleinding van sy opgeboude city-engery onslae kan raak…maar soos die tweede keer hierdie jaar, het ons in die reën geloop by die dieretuin. Gelukkig hierdie keer was daar nie weerlig en hael nie, maar ‘n lekker bui reën…ek het jare laas so skoon gevoel…terwyl meeste ander onder handdoeke, babadoeke, koerante en kinders wegkruip, het ek gesien wat ek vroeër gesien het. Piekniek gemors. Verskoning? Seker die reën. Shame.

En daar kla ons oor dienslewering, terwyl ons juiste diegene is wat eintlik eers iets oor eie dienste moet leer.