Jy blaai in die argief vir 2010 Februarie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Geensins

Februarie 25, 2010 in Sonder kategorie

Geensins

sou die kompas-instituut

steeds noordgewys

uit rigting skiet

al is ek nie meer tuis.

Geensins

sou die hergeboorte kliniek

steeds ons troos

in ’n melk-en-heuning-kliek

breek ons brood so broos.

Geensins

sou my vleesgebonde kleed

steeds vuil bevlek

opgevou in leed

verlore drome bedek.

©

ps. Ouboet, jy maak dit al hoe moeiliker.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Maryke se verjaardag spieëljies.

Februarie 25, 2010 in Sonder kategorie

MAY BIRTHDAYS: Strong-willed and highly motivated. Stubborn and hard-hearted. Sharp thoughts. Easily angered. Attracts others and loves attention. Deep feelings. Beautiful physically and mentally. Firm Standpoint. Needs no motivation. Easily consoled. Systematic (left brain). Loves to dream. Strong clairvoyance. Understanding. Sickness usually in the ear and neck. Good imagination. Good physical. Weak breathing. Loves literature and the arts. Loves traveling. Dislike being at home. Restless. Not having many children. Hardworking. High-spirited. Spendthrift.

Dankie Maryke vir hierdie spieël..al is daar ‘n paar kraake…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Heel denkbeeld-dig

Februarie 24, 2010 in Sonder kategorie

Denkbeeldig

Stadig stelselmatig

deurboor pennewortels

onvrugbare gemoedsgrond

woord seisoene

emosioneel

emosieloos

barstensvol

nakend leeg,

as die seisoen eendag draai

wil ek ook hier

’n mandjie vol kom laai.

©

Profile photo of VozSola

by VozSola

Eureka!

Februarie 23, 2010 in Sonder kategorie

Dreams are poetry of the unconscious… (Stephen King)

Profile photo of VozSola

by VozSola

Klitsgras

Februarie 22, 2010 in Sonder kategorie

Dit is nou maar een van daardie dinge waarvan jy nie maklik ontslae kan raak nie – hoe meer jy probeer, hoe meer klou dit elders vas.

Geduld en om een vir een apart te takel, blyk die oplossing te wees.  Maar ons het meestal nie tyd of geduld nie.  Gooi dit eerder ongesiens in die wasmasjien – seep en water was mos alles skoon en die vuilheid weg. Totdat jy ‘n hele bol sokkies vasgegom uit die masjien haal. Sug hardop  en gooi die bol in die tuimeldroër… Nie lank nie, of dan begin die wolle in die filter vaskleef…maar die klitsgras bly kleef.

Moral is – geduld en om een vir een te verwyder, maak steeds vir die beste oplossing.

Hoe waar is dit nie in die lewe nie. Al die klitsgras van irretasies wat aan ons lewens-sokkies kom kleef. Wat doen ons? Ons gooi dit tussen die mengelmoes van ons lewe in die wasmasjien van denial en haas, gooi dit dan in die tuimeldroër van versugting…en wonder dan hoekom ons lyk soos wat ons voel?

Soms is die klitsgras ons eie gewete, onvermoë tot vergifnis of aanvaarding…

Soms is hierdie klitsgras dié van ander waardeur ons daagliks beweeg en dié met wie ons omgaan in ons lewenswoud van voortbestaan. Ander se hartseer, ander se woede, ander se pyn, ander se onbedagsaamheid, ander se ondankbaarheid ens. Ens.

…ek het nuwe sokkies nodig.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Skrikbewind

Februarie 18, 2010 in Sonder kategorie

Ek gaan haal kleinding gister middag by die Aftercare Centre (oorkant die skool) Ek word begroet met, “Did you hear about the guy wandering the area trying to kidnap children. Please speak, advise and warn your child” Blykbaar was hy lank bedrywig in Pretoria-Noord en target nou Pretoria Oos.

Dit is mos die laaste ding wat jy verwag om te hoor… By die huis vra ek kleinding bietjie uit oor die saak. “Yes, we know about him. He’s there early mornings and late afternoons driving a silver Corolla.” Toe ek vra of hy die ou al self gesien het, sê hy ja, die oggend voor die hek.

Nou  wonder ek, as almal dan van die ou weet, en die kinders ook, hoe moeilik moet dit dan nou regtig wees om so iemand vas te trek?

Of voer iemand nou maar net weer ‘’n skirkbewind om kinders en ouers meer verdag te maak en almal se stress-levels in die rooi te stuur…totdat die laaste normale mens in hierdie land ook maar na Zombi-land sal verkas soos die res van ons? Die uitwerking van sulke dinge maak ons immune teen die werklikheid tot by die punt dat “verskriklik” niks meer as net nog ‘’n fynskrif artikel agter in die koerant word nie. 

…wonder nou nog oor die Gert van Rooyen saak – Dinge het destyds al vir altyd verander.

Ek wens so kinders kan stress-free kinders bly tot hul groot is, want kinders kan nou maar net nie meer net kinders wees nie

Profile photo of VozSola

by VozSola

Baie Dankie, AntOos

Februarie 17, 2010 in Sonder kategorie

AntOos, Duisend dankies vir die grootste chocolate ooit wat oor lunch-tyd hier by my aangekom het! Jy’s ‘’n pel duisend en sommer tien-noodknoppies in een!!

Ek wil sommer hê almal moet dit weet!

Groetnis vir jou.

Mag jy sowaar ‘’n geseënde middag hê.

Profile photo of VozSola

by VozSola

“Song of Life”

Februarie 17, 2010 in Sonder kategorie

17 February 1998

 

 

Amazed I was the day you came

You made me feel so weak

But in the end all turned well

And you were born to me

***

How amazed I was to see your face

Your eyes so big and bright

Your feet and hands too small to touch

But held my hand so tight

***

Amazed I was when I hold you close

To feel the way I did

So much love I’ve never known

Until the day you came

***

Amazed I watched your face so small

And smell your breath so sweet

I stopped, to wonder why a Gift

Like you were meant for me

***

My son, I hope that one day soon

That you will feel my love

A love so honest a love so true

That you will return to all

***

Amazed I am as days go by

You do more and more

I wait for that day when you’ll see

What a true gift you are

***

My son you will have to sleep right now

Tomorrow is still to come

Where God will watch and guide the way

For you to follow true

***

Goodnight my son, sleep now

Let God and Angels rest

They work hard at teaching you

The right way to live

***

And today is yet another day,

Another day to fill our hearts

Another day in life so full

Another mile to go

© 1998

Happy Birthday, Marcelito – Love you lots, like always.

From Mommy.

Profile photo of VozSola

by VozSola

s.o.s.

Februarie 16, 2010 in Sonder kategorie

15/02/10

Ek was heeldag edgy vandag. Niks het volgens routine verloop nie. Ek moes ook planne maak om laat te werk. Te veel dinge, meetings, deadlines en jaareinde ens.

Na 17h00 bel ek kleinding om hom opgewonde mee te deel dat ek toe uiteindelik iemand gekry het om vir hom ‘’n Michael Jackson koek vir sy Bday te maak., en dat sy Saterdag Spur Party Invites geprint is, maar sy foon is af. Bel my man om te hoor waar hulle is. Hy is juis oppad skool toe om kleinding op te laai.

‘’n Halfuur later bel my man, huilend en histeries – hulle het by die huis ingebreek. In die agtergrond hoor ek hoe kleinding skree.

Ek is 21km van die huis af, Nee, hy weet nie hoe om die Polisie te bel nie, ook nie die buurman nie…hy weet nie wat om te doen nie. Ek sê hom om kleinding uit die huis te vat en te wag. Ek is die een wat die polisie bel, die buurman bel om hom te gaan help en die se vrou om na kleinding om te sien.

Kom ek uiteindelik by die huis aan, Scan ek so deur al die goed wat uit al die kaste deur die huis gestrooi is, maak mental note van alles, terwyl my man met die polisie skree en op my. Ek gaan maak toe al die nodige oproepe van buite, locksmiths, insurance ens. Ek sit en maak die lyste van vermiste goedere van ‘’n splinternuwe laptop tot halwe bottles parfuum…juwele, en kleinding se hemel op aarder goetertjies en die lys word baie langer as wat dit nodig is. Ek moet bel om die sim kaarte en fone te block, asook ons 3G. blah-blah-blah…

Tussendeur moet ek kleinding kalm hou, my insane bubby laat chill sodat hy net bietjie rustiger kan word – want die laaste ding wat ek nog wil doen is om hom met ’n 2de hartaanval hospitaal toe te jaag – done that, got the t-shirt ans there is no-way I ever want to do that over again… Steeds kan hy nie nugter dink nie, en wys geen tekens van calming down nie.

Kleinding het na 12uur op my skoot aan die slaap geraak en hom sommer in ons bed gaan tuismaak. Toe eers kry ek tyd om te dink. Skryf ‘’n brief aan die skool – want hy skryf môre ‘’n Engelse toets. Maak ‘’n ordenlike lys met serial nommers, bekwywings, bewyse ens. Kry intussen die saak nommer…ens. ens. ens.

16/02/10 Vanoggend; na ek met een oog oop geslaap het, opgestaan, kleinding reggekry vir skool. My man loop en slaan teen die mure en is generally net die moer in vir die hele wêreld en ek worry oor sy gesondheid..

Niks wat hulle gesteel het gaan eendag saam met my graf toe nie. Ja, Ek is jammer oor die juwele, want dit was ou erfstukke en selfs my great-grandfather se seëlring, dit is onvervangbaar. Die res wat ek besit, dra ek aan my. So, ten spyte van alles – is dit vervangbare goeters. Ja, my kind is baie ongelukkig oor die verlies van sy Junior Ranger boeke en bird reference guides, vêrkyker en kamera…maar hy verstaan die situasie heelwat beter as my man en dat hulle gelukkig nie by die huis was nie, en dat hulle nie seergekry het nie. Hy gaan môre ‘’n hartseer 12de verjaarsdag in.

En ek, nee ek moet net aanhou en aanhou en fokken aanhou soos altyd sonder enige hulp en ondersteuning…want almal voel jammer vir my man, terwyl niemand vir my vra of ek fokken okay is nie. Nee, ek is mos ‘’n hartelose en emosioneelose gevreet wat net alles moet regmaak en bymekaar hou. Moet alles doen en na almal omsien. Guess what? Vir die heel eerste keer in my 38jaar gaan ek dit uiteindelik sê…EK IS NIE OK NIE! Ek kan nie meer nie. Nee, ek het nog mooi gedink dat daar vreemdes in ons huis was nie, wat deur ons goeters gegaan het en die plek bemors het nie, dat dit onveilig is nie, oor crime en sulke dinge nie…nee dit sal seker eers na twee maande tot my deurdring, as almal anders begin rustig slaap…want dit is mos my job om na alles om te sien.

Ek kan nie meer nie, Regtig nie meer nie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Giggiggiggiggiggiggiggiggi!!!! Dis nou snaaks!

Februarie 12, 2010 in Sonder kategorie