Jy blaai in die argief vir 2010 Januarie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wanneer vra smeek word.

Januarie 31, 2010 in Sonder kategorie

Flight of the dragon

A dragon disguised as love
came flying as a dove,
but a monster-still the same
that would drive the devil insane.

With those evil words of power
he turns my whole world sour.
I wish I could just wish him away…
Please, could you just fly away?

Give me the power to be his contender,
I prayed to Jesus to make him surrender.
Just make this dragon flee ‘cause
God knows, I want to be free!

Can someone, anyone –
help this dragon to fly?
He’s in my head
and burrows in my soul.
He fuels my anger,
and drives my sorrow,
he’s the every other beat of my heart
Can someone, anyone –
hear my plight,
and send this dragon on his flight…

© SueEè

Profile photo of VozSola

by VozSola

Sirkels?

Januarie 29, 2010 in Sonder kategorie

Ours

I sadly shared with her our dying day,
alive she smiled, yet teary-eyed she died.
‘twas sad, but it was my life’s dying play
and she was praying low and I replied…

“The valley of fulfilment lays ahead,
the mountain in your life will still be strong
in me. My dying thoughts are left unsaid
for you’ve found me the place where I belong”

They buried her, but only me instead,
I screamed, I shouted, in the end I cried.
My heart would ache; it must be her that’s dead.
Rejoice, awaken me, for they have lied!

“The valley of forgiveness lies ahead;
the mountain in my life will still belong
to you. Your living words are left unsaid
for I’ve found you the place where you’d be strong”

© SueEè

Profile photo of VozSola

by VozSola

Laat staan sulke dinge, laat staan!

Januarie 28, 2010 in Sonder kategorie

Ek wou eers bietjie galghumor hier geplaas het, maar het besef ek gaan die tou lelik misplaas. Ek het dus besluit om eerder “walk the line” approach te probeer en hopelik om nie van die “tight rope” af te val nie.

Soos ek die koerante, blogs, briewe lees en na die mense om my te luister, het ek tot die besef gekom dat die samelewing die seisoenale interne bioritmes van die lewe misplaas het. Die eb en vloei se ritmes is versteur. Die berge wat ons moet klim, deesdae net ’n eenrigting straat is en die berge word net hoër, min bereik nog die piek om die sterre te pluk.

Selfs met die hernuwe menslike piramiede van oplewing om weereens te probeer om God nader te bring, voel dit steeds asof Hy te buite bereik is – alomvergeetend dat Hy binne jou woon… Soek ons Hom steeds in dit wat ons kan sien en droom steeds dat Hy elders is en soms vergete.

Totdat die aarde grom en die riviere bruis en die wolke hul self leeg huil. Dan vra ons weer en weer en weer “Waar is my God dan?” Soos die aarde skuif en die bogrond wegspoel, so ook bewe ons stewige menslike en geestelike fondasie – soms kraak die mure, soms tuimel alles in mekaar – Maar ons kan dan oor begin! Is dit nie juis die seën te midde die ongeluk nie? Nie almal kry ’n kans op ’n skoon begin nie. Die meeste ploeter doelloos deur lewe, een dag soos die ander, een fout na die ander en vra vergeefs om vergifnis en oor begin.

Daar is soveel meer uitsonderings en afsonderings as in die eenvoudige verlede. Die eens ingebore waarde-stelsel is tot niet. Alles het oornag tot “Alles is reg en Alles is verkeerd” verander. Geen meer onderskeid tussen reg en verkeerd nie. Ons loop almal grootkop rond met ’n houding  van “Ek is reg en jy weg!”

Wonder bo wonder hark ons steeds ’n “normale” lewe bymekaar – Word groot, word slim, trou, kinders en word wys, en hoop dat iemand na ons sal omsien as die oudag nader kruip.

Omdat ons nie meer weet wat reg en verkeerd is nie, ook wat “normaal” is nie, ploeg on maar eerder ander mense se hart-lande om. Stry oor politiek, Godsdiens, huwelike, seks en stress!

Steeds word diep denkers as donker-drink-eerder-’’n-pil mense gesien en die lighartige intellektuele gestremdes word as normaal aanvaar. Society stel ’n keuse aan jou – “Stay with the flock or become an outcast, and outcasts will remain banished from the flock forever” (Jonathan L. Seagull)

Skielik word happy mense minder en seerkry mense meer. Tussen deur dwaal die res met maskers deur die lewe. Hoe competitive het die lewe nie geword nie? Selfs happy mense baklei oor wie meer glimlag net soos die sad mense brag oor wie meer huil?

Hierdie sielsieke oneenigheid is besig om mense, lande en nasies te verraai.

Intussen staan ons soms verwondered – lank genoeg stil om te sien dat elke derde of vierde persoon se beeld ’n refleksie van jou eie is… Dit is dan wanneer jy ook dalk soos ek hier sit en wonder – oor die wonder.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Die lysie storie…

Januarie 27, 2010 in Sonder kategorie

Do you get regular massages?  Nee!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Do you have an answering maching? Nee!! 

What cuss word do you use the most? No comment.

Are you overweight or underweight?  Presies een sak mieliemeel.

Can you see your veins?  Huh?

Favourite…

Soap?  Johnson’s

Fruit? Groen Ouma’s

Kind of red meat?  Steak!!!

Fish?     Nee dankie!

Candy bar?  TEMPO!

Have you ever…

Eaten a whole bag of chips?  Gisteraand

Eaten lobster? Nee Dankie!

Climbed a mountain?  Oh yeah!

Been skydiving?  Nee dankie!

Been waterskiing?  Knee-boarding.

Do You…

Wish you could change something about your life?  Don’t we all?

Like Salt and Vinegar chips?  Net Sout s’blief.

Eat salsa?  Jip

Own a boat?  Yeah Right!

 

 

What is…

A small thing that people let slide but that actually has dire consequences?  Asseblief?

Your most macho trait?  Winter-wollies…!

The longest relationship you’ve ever had? 38 jaar met my ouers!

Your most embarrassing thoughts?  Om te dink iemand kan dalk my gedagtes lees!

Your most shameful moment?  Toe ek per ongeluk op my kleinding se changed nappy gaan sit het…en so deur die shopping centre moes loop!

This/That…

Bath/Shower?  Bad

Markers/Crayons?  Makers

Pen/Pencils?  Pen. 

Jelly/Cream cheese?  Cream Cheese (Smooth)

Bagel/Toast?  Toast

Finish…

My great weakness is…  om nooit NEE te kan sê nie!

I wish I was…  myself – all the time.

Three things I wouldnt do for a million dollars are…   om vir myself te lieg, ‘n Merc ry, en … my geheim.

The oddest thing I have ever put in my mouth is…  Aap-vleis! 

Firsts…

Credit card you had?  Master

Loan you got was for?  R 320.00 om my eerste ooit maand se rent te betaal.

Paycheck was for how much?  R 530.00

Time you had stitches?  Ek was 6 jaar oud, onder my oog. Sussie-revence oor haar vinger in die deur. 

Time you went to hospital for something?  6 jaar – mangels

Lasts…

List everything you ate in the last 24 hours?  Bacon, Egg, toast, tomato, grilled mushrooms, Tempo, biscuits, Pasta, packet Chips, Bacon, Egg, Toast, Tomato, Sausage, Chicken, Rice, TV Bar, Tempo Bar…and going home now-now.

Last thing you used a credit card for?  R 45.00 Cake and Coffee on 17 Dec 2009 

What was your job previous to this one?  Om ‘n voorbeeldige skooldogter te wees!

Last thing you celebrated? Huweliks herdenking?

Last time you were at a sports bar?  Eish?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Net nog één

Januarie 27, 2010 in Sonder kategorie

Net nog één

In die domste grond

waar niks kan groei

die saad word in

sy kiem versmoor

In ’n suideland

waar ons net bloei

’n droom word in

sy kiem vermoor

Agter tralies bly

maar nie geboei

sing dié werpsels

mekaar ’n koor

©

Profile photo of VozSola

by VozSola

Pretoria is weg!

Januarie 27, 2010 in Sonder kategorie

Weg sê ek julle!

Ek het nou 21 km van die Ooste na die stad gery…en kon die stad steeds nie vind nie. Om langs die Uniegebou te stop en dit nie te sien nie, is een van die vreemste gevoelens ooit.

Dit sal simple wees om ’n kiekie te wil plaas, dit sal net die witgewaad van dik mis wees.

Sjoe, hoe vreemd om die hele stad so te sien.

k’t gewonder of dit nie ‘n voorbode is van die ANC se planne te naamverandering nie?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Waai windjie waai…

Januarie 26, 2010 in Sonder kategorie

…hierdie mense in hul m..r in!

Watter soort van mense put genot daaruit om swak grappe te vertel oor ’n ander se tragedie? …”Sjoe, sukkel ek om hulle te kontak, ek dink hulle phones is op vibrate…sal maar wag tot die stof gaan lê…” ens. Ek vind dit in uiters swak smaak…veral as jy mense of kennise het wat mense daar verloor het. Die wêreld is nie so klein as wat mens dink nie.

Waai windjie waai…

Watter soort van manlike-mense-monsters doen aan ’n vrou wat daai twee aan daardie jong vrou in Bloem gedoen het? Vir wat, 7 minute van genot? Dit was nie genoeg nie. Hulle sieklike sadistiese aanranding en verkragting behoort slegs aan die duiwel alleen. Tyd dat mense moet begin besef watter soort van kragte en onsienlike magte in Afrika aan’t werk is! Kragte wat ons nie kan verstaan nie. Die universiële fight tussen good en evil en die mens staan in die middel.

Waai windjie waai…

Watter soort van journalism voel dat sensational snert veral teen betaling (hetsy die bron, die kopers en ons as lesers)

van kardinale belang is om die intellectual drang na kennis in ons samelewing te voed? Maak nog ’n Wonder-child op sy lysie my lewe ryker? Maak ’n nog ’n gospel-spook-tune my gelukkig? Maak wat ook al die Jurie besluit die lewe vir my regverdig? Maak nog ’n celeb se klere en vere van my ’n celeb-queen?

Waai windjie waai…

Watter soort van consumer-regte laat die consumer ’n jaar wag vir ’n geboorte naam en nommer? Verswakte dienslewering is nog hanteerbaar…maar swak, “I just work here” attitude daarmee saam? Kaalgat-movie advertensies gedurende kinderprogramme en nog beter, selfs met parental guidance protection? 

Waai windjie waai… 

Watter soort van Christene baklei met Christene oor God? Om weer en weer nog ’n kerk-God-mens debat te moet raaklees? Nog ’n kerklike afstigting terwyl die bling-bling-creditcard en tv kerke se klokke net harder en harder lui?

Waai windjie waai…

Watter soort van mens maak hom handing met mishandeling teenoor vrouens en kinders? Watter soort van moeder laat haar kind in ’n burner of asblik agter?  Watter soort van mens laat ’n dier ly? Watter soort van mens gee nie om nie? Waai windjie waai…

…en stuur vir hierdie mense ’n spieël…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Mmm…

Januarie 25, 2010 in Sonder kategorie

Tussen reën en donder

staan ‘n dag op wag

binne hierdie denke

drup nog ‘n klag

en

ek wonder…

©

Profile photo of VozSola

by VozSola

Het julle….

Januarie 21, 2010 in Sonder kategorie

Daai moerse shining gun gisteraand op 7de laan gesien? Goeie gras!

Daai fantastiese advertensie gesien van …ons stuur jou die lotto results…maar as jy binne 20 minute aansluit, dan kry jy die Powerball results verniet? Duh, en hulle adverteer dit heel aand? Hoe lank is daai 20 minute dan?

Daai kak shopping channel gedurende lunch-time op KykNet? Jip, Home products special, net vir hierdie week? Amazingly is dit dieselfde prys vir die afgelope 24 maande…Hoe lank is hulle week dan?

Wat het julle gesien om by die lysie aan te las?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Sluier

Januarie 20, 2010 in Sonder kategorie

Sluier

 

Stilte

onkeerbaar stemloos

waardeur    skryf    spartel

gewaardeer gewentel gewoel gepas

gee    skryf    gewaagd

geleidelik stom

akkoord

©