Jy blaai in die argief vir 2009 Desember.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Emotional detoxification

Desember 14, 2009 in Sonder kategorie

Bied ‘n emosionele detoks dalk die antwoord tot ‘n beter gebalanseerde lewe? Tyd om dinge óf te aanvaar óf te laat vaar.

Elke persoon gaan deur die up’s and down’s van ‘n struweling tot daaglikse voortbestaan. Aardse dinge kom en gaan. Geld kom en gaan. Vriende kom en gaan. Steeds kan mens daarmee of daarsonder lewe. Maar die emosionele aangeplakte plaak van die lewe, is wel, seker heelwat anders.

Jou emosionele welvaart is tog op die ou einde juis die engine wat jou werktuig aan die gang hou. Mens kan jouself siek dink en ook gesond dink. Hoekom gee die mensdom dan soveel meer aandag aan die uiterlike, hoe goed jy moet lyk (om gesond te wees) hoeveel per week jy in die Gym spandeer om goed te lyk en beter oor jouself te moet voel. Buite word die mensdom blinkgevryf en onder daardie laag lê elkeen se emosionele gemoed dik in die kompos van wanhoop, hartseer, verlies, eensaamheid, onaanvaarbaarheid en mishandeling is al sy vele vorms.

Hoekom is dit altyd in die nadraai van ‘n jaar waar depressie en wanhoop hoogty vier. Wanneer selfmoord ‘n redding word. Juis in hierdie tyd wanneer familie en vriende weer opvang en kwaliteit tyd aan mekaar beskikbaar stel.

Wanneer gaan die slim mense ‘n emosionele detoks-program ontwerp vir die allerdaagse mens om van ou-geraamtes en skaamtes ontslae te raak? Om jou gemoed skoon te maak en weer van vooraf te kan begin.

Ek verwys nie hiermee na die gewone jaar-einde-stock-take-of-reality nie. Daar waar mens skuldig voel en gou-gou ‘n kaartjie in die pos gooi of gou daai oproep maak nie. Ek praat nie hier spoed oplossings om jou gemoed te sus nie. Ek praat hier van opgehoopte onafgehandelde emosionele bande. Vergifnis op die ou einde van die dag behoort die grootste deel van hierdie behandeling uit te maak, maar soos meeste seker weet, kan die druk om vergifnis te gee of te aanvaar, juis die element wees wat dit soos plaak in jou gemoed laat vassit.

Ek weet nie, miskien weet jy?

Profile photo of VozSola

by VozSola

As jy die wind van voor kry, draai eenvoudig om.

Desember 8, 2009 in Sonder kategorie

Ok, so gister het ek ’n klomp depressing tjol gegriffel…totdat een van my vriende my vanoggend bel en vra wat gaan aan. Probleem…net twee mense wat my persoonlik ken, weet van my blog. Nie eers my man en kind nie, hulle verstaan in elkgeval nie ’n woord Afrikaans nie… so ekke was effens uit die veld geslaan.

Nou wonder ek, Hoe veilig is jou blog skuiling dan, as jy nie gevind wil word nie? Toe ek uitvra oor hoe ek gevind is, het gister se inskrywing my blykbaar weggegee, (so ek het dit sommer nou verwyder) en ook my gereelde woord/taal gebruik (praat nes ekke skryf behalwe as ekke nie die woord kan spel nie, gooi ek hom in Ingels.) Dus…moet ek nou my blog met ’n voor en agterdeur equip, as die een oopgaan sal ek by die ander een moet uit.

Is daar dan nêrens waar mens in vrede kan wegkruip en vir ’n oomblik jouself kan wees met jou eie denke en dinge nie, sonder om pretensieus? (spelling) te wees, omdat jy gewoonlik dinge moet sê en dink om ander tevrede te stel, of selfs om die vrede te bewaar? Is ’n blog nie maar tog die naaste wat mens aan jouself kan kom nie? Of dalk juis om te wees wie jy graag sou wou wees?

Soos iemand nou-die-dag genoem het…”al haar opregte vriende bly binne haar monitor.”

Wat dink julle?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Klaarblyklik

Desember 6, 2009 in Sonder kategorie

Indien ek kon in woorde hier verklaar

‘n hart van veertien jaar so kon verdwaal

vedeel ‘n holte opgevul met swael

‘n nuwe siel keer op keer uitgeklaar.

So, niemand glo en niemand sal verstaan

as stille stomheid hier naas haar kom lê

en fluister dinge wat ‘n hart moet sê,

‘n nuwe hart weer en weer weg moet gaan,

maar as dit soveel anders was en is

sal ons probeer om hieruit iets te leer,

sal ek dan eerder nou vir jou wil keer

die harde waarheid; alles uit kan wis

vergewe en vergeet is ongemeet

gerieflik om vergisnis te vergeet.

© SueEè

Profile photo of VozSola

by VozSola

10 Peculiarties about me (Maankind se Speel-saam)

Desember 4, 2009 in Sonder kategorie

 

1.                  Swart Koffie met drie suiker – relax en kalmeer en verbeter my konsentrasie (9 koppies per dag)

2.                  Het eers twee jaar gelede die eerste keer ‘n Afrikaanse boek gelees. (Nee, ek het ook nie Kringe in ‘n Bos gelees

                     op skool nie – my onderwyser het dit op band laat opneem – toe luister ek maar deur die boek)

3.                  Hekel as ek stress-vang.

4.                  Eet nie groente nie (behalwe artappels)

5.                  Kry gereeld nagmerries – en word dan elke oggend tussen twee en drie uur wakker omdat ek glas hoor breek of

                      ‘n deur wat toeslaan…dan staan ek op, drink ‘n glas coke en droom dan niks tot ek opstaan.

6.                  Voel dinge aan en baie ingestel op ander se emosies – Altyd tot my eie nadeel.

7.                  Eet elke dag ‘n chocolate. (my Ma het elke dag vir ons ‘n choccie gegee…en ek het nog nooit nie ‘n chocolate ‘n

                     dag gehad nie…ek doen die afgelope elf jaar dieselfde met my seun – ‘n choccie ‘n dag.)

8.                  Kan ten enige tyd en enige plek na my ‘happy-place’ gaan en totally onbewus wees van gebeure en geraas om

                     my.

9.                  Kan nie NEE sê nie…Altyd tot my eie nadeel.

10.                Kan nie soos ander mense dink nie. Is uiters analytical en mense verstaan my inelkgeval nooit nie… Dit is soms ‘n

                     baie lonely place to be.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Traanvas

Desember 2, 2009 in Sonder kategorie

As die leegtes

jag maak op

vullende gedagtes;

is dan wanneer

gewetes-woorde sussend

die leemtes vul

© SueEè

Profile photo of VozSola

by VozSola

Bloggerasie irretasie

Desember 1, 2009 in Sonder kategorie

Ek staan soms verstom voor die wat hul blog as ‘n online journal gebruik…As ek dit moet begin doen sal ek seker meer pay kry as ‘n subject vir navorsing as wat ek in my elf uur per dag voltydse werk verdien. (onthou asb. hierdie idée) Mmm soos… ek het nou net pizza en coke gehad (amazing dat coke en pizza sulke perfect partners maak, net soos koffie en chocolates en oooohhh ja, Grilled steak en Avo! – dames, neem notice…steak en avo doen dinge wat ander dinge nie uit ‘n pille-boksie kan doen nie…)

Maar soos die maand ten einde loop en jy al verby die leë rolletjie kyk en klaar die serviettes opgebruik het en nou die boksie tissues moet nader trek, dan moet jy weet, dalk het jy letterlik jou g-t gesien! Net so is hierdie jaar besig om ons in te haal.

Ironies dat die lewe ook maar presies seker so sy gang moet gaan…’n daaglikse lewe gebalanseerd tussen toiletpapier en tissues…Die eendag k-k jy en die ander huil jy, maar min dae tussen in waar jy rustig jou mond kan afvee en sug van smaaklike verligting van ‘n heerlike lewensdis wat jy nou net geniet het…Dit is hoe die lewe is – ironies is dit nie?

As ek vandag my blog se online journal moes gebruik sou dit verseker bogenoemde begin en einde gewees het…tussen in moet ek nog êrens ‘n resep uit hierdie dag wurg om tog ook vanaand ‘n lewensdis op die offertafel te kan lê. Op hierdie oomblik is die spens leeg en oorblywende bestandele bederf.

Jip.