Jy blaai in die argief vir 2009 November.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Ongepoetste humor (WARNING! Erg on-patrioties)

November 30, 2009 in Sonder kategorie

Hoekom kan ons nie maar net die verlede bêre waar dit hoort nie.  Hel, nie almal waardeer die krimpelene? rokkies en hoogwater broeke nie. Oooohhh en daai paisley-printed harde gordyne! Cross-your-heart bra’s lyk toe nie so seductive as wat hulle gedink het nie!!! Ook nie die “Perdy” hairstail van daai auntie van die Sonskyn Kafee nie, en ook nie Mev Dominee s’n nie, en ook nie Tant Griet se blou en groen eye-shadow nie!

Maar, ok, dit was toe…en vandag kry ek Leserskring se Xmas se geskenk idees boekie…Ooohie…ek kan nie aan een mens dink (en ek het ’n groote wreede konserwatiewe familie) vir wie ek die Afrikana Tradisionele Liedjies kan voor koop nie…Tussen ‘ai, meisie-meisie en O die liewe Matatjie… en My hartjie, my liefie net tot voor ‘vaarwel my soetedief’…en ek sal al op my tweede dosis Prozac wees.

Ok, ok, ons het baie van daai liedere op Landsdiens kampe gesing en dit was fun…maar dit is nou verby. Ek kan nog miskien dit oorsien…maar liefdes en seks stories in Afrikaans…daai een kan ek nie verstaan! Wie lees sulke goed? “Seisoen van ons liefde…” Waar liefde vonkel”, “Katryn van die klipdassies?” ‘Dokter van Harte”? Miskien is dit omdat ek nog nooit in Afrikaans gevry het dat ek nie dit kan verstaan nie? Dit klink eerder na super-sopperig-stories?

Skuus ek trap op tone…tot iemand my verkeerd kan bewys…

Profile photo of VozSola

by VozSola

SABC – gedop of geprop?

November 30, 2009 in Sonder kategorie

Fokus met Freek gisteraand – Die program handel oor die invloed wat drank op swanger vroue en hul ongebore babas het…maar die SABC run, voor, tydens en na die insetsel drank advertensies…?

Mis ek iets?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Klop-klop…

November 27, 2009 in Sonder kategorie

Windstil en glashelder

gil-gil jou eggo

deur jou are het gebruis

’n roepstem is verlore

herenig in jouself

© SueEè
Profile photo of VozSola

by VozSola

Bekende vreemdelinge.

November 25, 2009 in Sonder kategorie

Presies om 05h50 word die twee kinders by die buitekraan agter die winkelsentrum gewas. Hulle is by skatting so drie en vyf jaar oud. Die seuntjie die jongste. Hulle bly saam met drie vrouens en sowat agt mans onder ’’n motor afdak by die winkels. Die Moeder met die kinders is al verwyder na ’n veilige-hawe, maar keer telkens terug. Die volwassenes drink elke aand ’n bottel of drie ‘crackling wyn’ en  teen 18h15 saans is die twee kinders al in die ‘bed’ Dieselfde roetine elke dag… Hulle is bekende vreemdelinge vir my. (2 jaar al – elke weeksdag)

Elke dag om 06h10 gaan stap die man met sy hond. Hy is ’n  uiterse goeie tydhouer…as ek nie  by dieselfde plek by hom verby ry nie, is ek of te vroeg of te laat vir werk. Hy is ’n bekende vreemdeling vir my. (5 jaar al – elke weeksdag)

Elke dag om 17h45 gaan stap die ou oom met sy twee doberman’s. Dieselfde plek, dieselfde tyd as die ou oom op sy rooi fiets (ek’s effens hartseer oor die bicycle oom, want ek het hom nog nie hierdie maand gesien nie)

As ek vroeg kan huis toe gaan sien ek haar  by hoek van  Mckenzie/Brooklyn strate…as ek moet gewone tyd huis toe gaan, sien ek haar by Kerk/Duncan Strate…om 17h55, maar meestal sien ek haar by ‘ex-Maloneys’’ raak…(1 jaar al – elke weeksdag)

Ek dink selfs hierdie bloggerasie-gemeenskap van ons,  kan ons ook as Bekende vreemdelinge vir mekaar word?

I’m not the only creature of habit!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Ek wil ‘n Opskrif-Auntie word…

November 23, 2009 in Sonder kategorie

Elsa ‘n reisiger, oppad na die vernuwe Robbeneiland waar as almal ver is, en nie meer antwoord nie, is dit hoekom hierdie obsessie met ‘n swart vel lyk as elke Christelike land ‘n kerk op elke dorp het? (samestelling van voorblad BY van Beeld, 21 Nov 09)

 

Laatslaapers het tot Maandagoggend (om wakker te word?) terwyl ‘n vrou ‘n man verdink, maar het steeds g’n antwoord… (samestelling van Beeld hoofblad, 21 Nov 09)

 

Kernkrag-plan is op pad …Leeue-bydra tot SA toerismesktor terwyl Plattelanders “aftree-advies” benodig, maar die Minister wys egter verskeie uitdagins uit, tewyl die Rand-wiprit? (samestelling van Sake24 – Beeld, 21 Nov 09)

 

Pak ‘n mandjie vir ‘n piekniek…(die foto is egter die wenner hier!)…Die man is alleen, net met een glas en ‘n bottle bubbly en twee varkore? (sorry ek’s nie ‘n blomkenner nie)…Die mandjie is gevul met vyf piesangs, twee lemoene, twee halwe French-loaf en ‘n hele fokken pynappel!” (Doen Dit – Rapport, 22 Nov 09)

Ekke pleeg nie plagiaat nie…dit is openbare gedrukte nuus soos geneem uit die Rapport en Beeld om ‘n woorde-wonder-wêreld uit opskrifte aanleenlik op te tower en te wonder of almal soos ek op die ou-einde van die dag soos Alice in SA voel?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Sonderling

November 20, 2009 in Sonder kategorie

Hier, neem dit weg

half mal verklaar

verbete naak die waarheid

dit is nie minder reg

Bestry die woord

half blindelings

ooglopend oor die water

so sonder woord akkoord

Stuk-stuk geblom

en half gebaar

die sewe spieëls bepleister

word deur die wind vermom

© SueEè

Profile photo of VozSola

by VozSola

Klankgrens

November 19, 2009 in Sonder kategorie

Stilswyend

soutloos – wrang

laagmenslike bieggebed

Woordetal in

druppels-geval

stomme pylvlak het

dwarsdeur die klankgrens

gedaal; 

binne in

jou eie self verdwaal.

©

Profile photo of VozSola

by VozSola

Dobber

November 18, 2009 in Sonder kategorie

…ongeanker

traan-befok,

grensloos

veerloos

vlerkloos

ingehok…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Rubbish en Robberies

November 18, 2009 in Sonder kategorie

Ek kla nie, want laas het die City van Swape twee en ‘’n half weke geneem om ons rubbish te kom verwyder…dus was gister se scheduled verwydering seker ‘’n miracle opsig self…

Ons het almal gister ‘’n moeilike dag gehad, Ek het laat gewerk, hubby het bietjie gardenservice gedoen (ek gee hom spys en drank en die gras word gesny – goedkoop tuinier!) en kleinding het geleer vir sy Gr 5 Engelse toets vir vandag. Dus teen nege uur was die huis in droomland…

Skieklik was daar onbekende geluide en toe die bekende geluid van my garagedeur…almal spring gelyk uit die bed, dit is skuins voor elf…hubby met sy bb-gun (yeah right!) ek vat my foon en kleinding verkies eerder die onderstepunt van sy duvet…Roep die automatic deurklokkies (gee hondekos, water en baie liefde), maar die lui nie ‘’n klankie nie…toe kom die bekende bang-bang-bang en fluit geluide…Halleluja! Die nag-robbers het die rubbish kom steel!

Nou ja, opstaan was moeilik en ses-uur in die oggend op die highway agter ‘’n 22kmph trok en BMW’s teen 180kmph het my tjor nie ‘’n kans vir ‘’n 120kmph gap tussen die twee scenarios nie…Wee jy hoe lank kan 6 km wees!…wel…nou na my derde koffie voel ek presies soos die weer vanoggend…heel nat en bewolk, dankie!

Dis sommer ‘’n k-k gevoel…en ek wonder wie de moer het besluit om die son inni middel van die somer te trip?

En voor die woordeboek-mense ôk lelik met my wil wees, sêg ek sommer voorlopig eksuus vir die swak taal-mixing van hierdie inskrywing…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Draadsitters of verklikkers?

November 17, 2009 in Sonder kategorie

Ek moet bieg en verkondig dat ek is die meeste gevalle ’n draadsitter is. Nie omdat ek nie ’n besluit kan neem nie, maar omdat ek gewoonlik beide kante van ’n saak as reg en verkeerd beskou. Een kant moet reg wees vir die ander om verkeerd te wees maar een moet verkeerd wees vir ’n ander om reg te wees, dus kan beide dieselfde tyd reg en verkeerd wees. Ek noem dit “praktiseerende diplomasie” (skuus tog die submarine-Afrikaanse spelling…indien verkeerd)

Wat my egter aan die dink gesit het is die tipe van sitters wat mens kry. Hul word geklasifiseer volgens die draad waarop hul sit, dit sal dan ook natuurlik die taak vir die ‘reg en weg’ mense vergemaklik om te probeer verstaan hoekom hul juis draadsitters is.

Die Bloudrade. Dit is nou mense soos ek wat nie in wit en swart kan sien nie. Dit word gereken as ’n multipurpose draad wat in enige vorm gebruik kan word.

Die Staaldrade. Hulle is sitters wat geneig is om na regs te leun…Miskien word die draad soms te styf gespan om balans te balanseer en te behou?

Die Doringdraad. Diegene kry net sit so met tussenposes waar en wanneer die saak dit benodig.

Die Lemmetjiesdraad. Dit is alle ander politici wat nie onder die huidige fakkel van unity sit nie.

Die Ogiesdraad. Hierdie word gesien en erken as die belangrikste soort van draad. Jy kan nie kant kies nie want jy staan gewoonlik reeds aan die verkeerde kant van die draad.

Die draad wat wel  die meeste gebruik word, op ’n daaglikse basis is die een wat mense verloor as hul swak dienslewering kry of in ry moet staan…

Dus, op waai draad sit jy? (Nee, die perdebynes in jou wasgoeddraad se pype tel nie!)