Profile photo of VozSola

by

Ek verklaar ’n Oumens tekort.

Oktober 22, 2009 in Sonder kategorie

Wat het van al die oumense geword? Die regte ouma en oupa van ouds. Oupa met sy pyp en kierie? Ouma met haar bolla en Greencross skoene? Regte ouma en oupa sit op die stoep mense…

Deesdae loop ouma in jeans, t-hemp, takkies en ’n kleurvolle handsak rond met ’n Rayban op die kop en leesbril om die nek. Oupa loop steeds met sy two-tone hemp rond, maar met ’n bottel water en ’n Blackberry in sy hand. Die ou Dodge bakkie word ’n double-cab met aircon en ’n GPS in die venster.

Ouma se homemade baksels kom in vacuum verpakte Woolies pakkies en Oupa se handmade gereedskap kom van Builderswarehouse.

Oupa werk heerlik saam met sy venote aan ’n nuwe venture terwyl Ouma sy hardverdiende geldjies in ’n bodyshop spandeer op Botox en ’n spraytan terwyl die foils hul werk aan die blonde strepies doen.

Aftree oorde is deesdae eerder ’n miernes van bedrywighede soos by ’n luukse vakansieoord. Maar dit is nie net in Suid-Afrika nie. Oupas en oumas van Nederland verruil hul kleinkinders se erfgeld vir kakieklere en ’n vakansie in Suid-Afrika!

Mens kwalifiseer blykbaar nie meer as oupa ’n ouma sodra daar ’n kleinkind in die wêreld kom nie (veral nie in vandag se tye nie) Blykbaar begin die young en carefree lewe eers na 65 en hou tot lank na 80 aan.

Die moderne lewe het ons oumense gesteel.

6 antwoorde op Ek verklaar ’n Oumens tekort.

  1. Neander het gesê op Oktober 22, 2009

    Dis die antioksidante wat ons langer laat leef, dit gee woema.

  2. VozSola het gesê op Oktober 22, 2009

    so jy wil vir my sê dat koffie en beskuit nie meer werk nie?

  3. Man, ek is so bly dat mens vandag se dae nie meer daardie “ouma” en “oupa” rolle hoef te vertolk nie. Ek sukkel nogal om myself met gryshare te picture, wil nie eers dink aan die bolla en greencross skoene nie. Het jy al daai goed gesien? Hulle gee “crocs” ‘n slegte naam.

  4. VozSola het gesê op Oktober 22, 2009

    ‘skuus Ouma. Ek sal onmiddelik die gedagte laat verdwyn.

  5. zephur het gesê op Oktober 22, 2009

    Dis alles te danke aan die Medici

  6. pasella het gesê op Oktober 22, 2009

    Dankie tog! Ek is oupa van vier en as jy my vang met oupa van ouds se groen terrylene broeke of grys Grasshoppers of koffie uit die piering slurp kan jy my plek by die langbome bespreek.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.