Profile photo of VozSola

by

Om ter wille van die Saak jou tyd en sommer die Saak ook op te fok.

Oktober 21, 2009 in Sonder kategorie

 Ek kan verstaan dat mense moet saamstaan en veg vir ’n saak, of beginsel of selfs verandering en dies meer. Ek verstaan die begrip van debatvoering of sommer net gesels.

So lees ek die afgelope week of wat se Sênet briewe en staan verdwaas teenoor sommige mense wat bloot net hul opinies op ander wil afdwing, sonder om na ’n ander se rede te wil luister. Die grootste geraasmakers is gewoon ook diegene wat absoluut niks by die wen van so ’n argument sal baat nie.

So gaan dit ook in die res van die land en onse Regering. Die grootbek-gemakstoel-polities-gemotiveerde-pen-swaaiende-skrywers op internet forums is gewoonlik die wat absoluut niks te doen het met ander se doen en late nie. Kom ek gebruik Prof. Jansen-se-piepie-inni-kos-saga. Wie van hierdie mense wat so kerm en kla (beide kante van die draad) is direk bedrokke of sal direk beinvloed word deur enige besluit? Waar is die studente, wat het hulle te sê? Luister enige iemand na hulle, of is hul naelstringe steeds met toutjies vervang – grootmens speel-poppe want nie almal kan ’n nuwe Merc verniet kan kry nie?

Wees tog eerlik en dink eers of enige onderwerp te bespreking of bespiegeling of afdwingbare besluite in die lewe daarbuite werklik ’n direkte invloed op jou lewe het voor jy jou by die saak skaar.

Ja, toyi-toyi teen Eskom, die bakker, die trollie-mense, Helkom en die seëlmense! Maar as jou kind nie op Skool of Universiteit is nie – hoekom mantjies vol leë eiers lê? As jy Afrikaans praat en in Afrikaans bedien kan word, Afrikaanse tydskrifte (te veel), koerante en boeke kan koop. Die Internet in Afrikaans kan besoek en Afrikaanse tuistes daarop vind en met mede Afrikaners op geselsforums in Afrikaans kan kommunikeer. Die radio in Afrikaans luister en in Afrikaans na die tien gebooie luister – hoekom dan betrokke raak in ’n taalstryd wat net in die Akademiese wêreld bestaan…waar gewone mense nie in lewe nie?

Nou ja, ek is seker wat ek hier kwytgeraak het is ook maar net ’n mors van my tyd ter wille van die Saak om juis die saak aan iemand te stel….

Woorde draai soms in sirkels soos aasvoëls, wagtend vir die kans om ’n ander se aas te steel.

6 antwoorde op Om ter wille van die Saak jou tyd en sommer die Saak ook op te fok.

  1. Lekker een die.

    Stem nie heeltemal saam oor die “taalstryd” ding nie – mens het tog, as deel van die konvokasie, ‘n reg om jou straaltjie te pis oor wat op jou ou kampus besluit word.

    En ek dink dit geld, of jou kinders nog nie daar is nie, en ook of hulle alreeds daar was.

  2. jannel1 het gesê op Oktober 21, 2009

    Die kern van die probleem lê daarin dat die internet aan mense die geleentheid gee om annoniem poepholle te wees.

  3. VozSola het gesê op Oktober 21, 2009

    Ek verstaan jou punt. Dit is jou reg en jou opinie. Ek luister en hoor. Gelukkig hoef ons nie saam te stem nie, nie eers ter wille van hierdie saak nie…

  4. VozSola het gesê op Oktober 21, 2009

    Sê jy! Ekke dink 19-inch kiekie-mense bly gans te veilig per IP address agter hul flatscreen-vensters.

  5. VozSola het gesê op Oktober 21, 2009

    Thanks!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.