Jy blaai in die argief vir 2009 Oktober.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Yeah right!??…dalk tog wel…

Oktober 27, 2009 in Sonder kategorie

As jy jou ore toedruk en jou oë toemaak, kan jy ook nie so goed ruik nie…of sal ek eerder sê die reuk vervaag wel effens.

Toe, probeer en kom vertel!

Profile photo of VozSola

by VozSola

As ‘n Sondagmiddag se Suicide hour sy intrek neem…

Oktober 26, 2009 in Sonder kategorie

 op ’n vrolike Maandag oggend , moet jy weet daar is ’n gebuertenis in afwagting.

Hoekom het die oornag tiktikkiereën so hard geval?  Hoekom tjirp die voëls ekstra hard vanoggend? Hoekom kon ek hartseer in die oom by die robot se oë sien teen 50km per uur se verbygaan? Hoekom klink tot die hardse rock muisiek in my cd sommer so damn sad? Hoekom sit ek hier in groot afwagting vir ‘iets’ om te gebeur, of die foon wat moet lui?

Ek haat sulke dae waar mens te veel moet voel juis omdat mens soms niks wil voel…nie net vir ander nie, maar ook vir jouself…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Ek verklaar ’n Oumens tekort.

Oktober 22, 2009 in Sonder kategorie

Wat het van al die oumense geword? Die regte ouma en oupa van ouds. Oupa met sy pyp en kierie? Ouma met haar bolla en Greencross skoene? Regte ouma en oupa sit op die stoep mense…

Deesdae loop ouma in jeans, t-hemp, takkies en ’n kleurvolle handsak rond met ’n Rayban op die kop en leesbril om die nek. Oupa loop steeds met sy two-tone hemp rond, maar met ’n bottel water en ’n Blackberry in sy hand. Die ou Dodge bakkie word ’n double-cab met aircon en ’n GPS in die venster.

Ouma se homemade baksels kom in vacuum verpakte Woolies pakkies en Oupa se handmade gereedskap kom van Builderswarehouse.

Oupa werk heerlik saam met sy venote aan ’n nuwe venture terwyl Ouma sy hardverdiende geldjies in ’n bodyshop spandeer op Botox en ’n spraytan terwyl die foils hul werk aan die blonde strepies doen.

Aftree oorde is deesdae eerder ’n miernes van bedrywighede soos by ’n luukse vakansieoord. Maar dit is nie net in Suid-Afrika nie. Oupas en oumas van Nederland verruil hul kleinkinders se erfgeld vir kakieklere en ’n vakansie in Suid-Afrika!

Mens kwalifiseer blykbaar nie meer as oupa ’n ouma sodra daar ’n kleinkind in die wêreld kom nie (veral nie in vandag se tye nie) Blykbaar begin die young en carefree lewe eers na 65 en hou tot lank na 80 aan.

Die moderne lewe het ons oumense gesteel.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Om ter wille van die Saak jou tyd en sommer die Saak ook op te fok.

Oktober 21, 2009 in Sonder kategorie

 Ek kan verstaan dat mense moet saamstaan en veg vir ’n saak, of beginsel of selfs verandering en dies meer. Ek verstaan die begrip van debatvoering of sommer net gesels.

So lees ek die afgelope week of wat se Sênet briewe en staan verdwaas teenoor sommige mense wat bloot net hul opinies op ander wil afdwing, sonder om na ’n ander se rede te wil luister. Die grootste geraasmakers is gewoon ook diegene wat absoluut niks by die wen van so ’n argument sal baat nie.

So gaan dit ook in die res van die land en onse Regering. Die grootbek-gemakstoel-polities-gemotiveerde-pen-swaaiende-skrywers op internet forums is gewoonlik die wat absoluut niks te doen het met ander se doen en late nie. Kom ek gebruik Prof. Jansen-se-piepie-inni-kos-saga. Wie van hierdie mense wat so kerm en kla (beide kante van die draad) is direk bedrokke of sal direk beinvloed word deur enige besluit? Waar is die studente, wat het hulle te sê? Luister enige iemand na hulle, of is hul naelstringe steeds met toutjies vervang – grootmens speel-poppe want nie almal kan ’n nuwe Merc verniet kan kry nie?

Wees tog eerlik en dink eers of enige onderwerp te bespreking of bespiegeling of afdwingbare besluite in die lewe daarbuite werklik ’n direkte invloed op jou lewe het voor jy jou by die saak skaar.

Ja, toyi-toyi teen Eskom, die bakker, die trollie-mense, Helkom en die seëlmense! Maar as jou kind nie op Skool of Universiteit is nie – hoekom mantjies vol leë eiers lê? As jy Afrikaans praat en in Afrikaans bedien kan word, Afrikaanse tydskrifte (te veel), koerante en boeke kan koop. Die Internet in Afrikaans kan besoek en Afrikaanse tuistes daarop vind en met mede Afrikaners op geselsforums in Afrikaans kan kommunikeer. Die radio in Afrikaans luister en in Afrikaans na die tien gebooie luister – hoekom dan betrokke raak in ’n taalstryd wat net in die Akademiese wêreld bestaan…waar gewone mense nie in lewe nie?

Nou ja, ek is seker wat ek hier kwytgeraak het is ook maar net ’n mors van my tyd ter wille van die Saak om juis die saak aan iemand te stel….

Woorde draai soms in sirkels soos aasvoëls, wagtend vir die kans om ’n ander se aas te steel.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Die lewe is ‘n sepie…

Oktober 19, 2009 in Sonder kategorie

…waarmee ander mense gans te lekker met joune s’n was…

Profile photo of VozSola

by VozSola

My liedjies-naam

Oktober 14, 2009 in Sonder kategorie

Velvet Mornings – Demis Roussos

Over the Rainbow – Judy Garland

Zanzibar – Billy Joel

Suzanne – Leonard Cohen

Obsessions – Bee Gees

La Cucaracha – Helmit Lotti

Annie’s Song – John Denver

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wegkruipertjie

Oktober 12, 2009 in Sonder kategorie

Ek probeer al heel oggend vir myself wegkruip. Maar elke keer as ek beweeg, kry ek myself?

Profile photo of VozSola

by VozSola

My Vrydag Song.

Oktober 2, 2009 in Sonder kategorie

Hierdie is nou wat ek ‘n show-stopper song sal noem. Tydloos.

Dry your eyes and take your song out, it’s a newborn afternoon.
And if you can’t recall the singer you can still recall the tune.
Dry your eyes and play it slowly like you’re marching off to war;
Sing it like you know he’d want it, like we sang it once before.
And from the center of the circle to the midst of the waiting crowd,
If it ever be forgotten sing it long and sing it loud and come dry your eyes.

And he taught us more about giving than we ever cared to know,
But we came to find the secret and we never let it go.
And it was more than being holy and it was less than being free,
And if you can’t recall the reason can you hear the people sing.
Right through the lightning and the thunder to the dark side of the moon,
To that distant falling angel that descended much too soon
And come dry your eyes.

Come dry your eyes.

Words and music by Neil Diamond and J.R. Robertson
Verwysings Bron