Jy blaai in die argief vir 2009 September.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Tussen die Ark en die Ossewa…

September 25, 2009 in Sonder kategorie

 Lê daar ’n verlore wêreld wat ons weer moet inhaal. Van waters wat geen rus geken het, tot die grotte teen die hoogste hange en die spore diep geëts deur die dale.

Die hoogste piek in die moderne lewe is nou bereik. Maar, is dit waar ons ons heil gevind het? Of wil-wil jou gene jou siel weer na die verlede terugdruk? Waar die eenvoud van bestaan juis die grootheid daarvan beklemtoon?

Wie weet, as ons vandag as gister sou kon beleef, wie en wat sou ons gewees het? Ek sou dink ons sou meer mens wees as vandag.