Jy blaai in die argief vir 2009 Augustus.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Vlieënde varke en Snorkende voëls

Augustus 17, 2009 in Sonder kategorie

Glo my vry, dit is immers baie onsmaaklik om êrens tussen dié twee vasgevang te word! Alle normale denke is deur een van die twee oorgeneem. My lewe het na die varke gegaan en my funksies na die voëls. So het ek ’n hele week van my lewe verloor. 

Sien, Alles het dood onskuldig gebeur. Ek het bloot nie lekker gevoel nie. Baie duislig ens. Soos dit nou maar met die dood gewone gesonde mens gaan met ’n normale lae bp, gaan ek gou-gou dokter toe te bevestiging. (Dan weet ek wanneer om die Marmite en Provita’s in die spens te raid) Daar aangekom, voel ek al hoe slegter. Doc luister hier, luister daar en siedaar. Ek het die flu…! Dis nog ok. Maar toe Doc my vinger prik vir die suikertoets, is my handpalms vol kolle!!! O, hel, miskien is dit Newcastle siekte of iets, want Doc weet nie. So gaan ek huis toe met twee papiere, een vir “Jy is regtig te siek om te werk” en ’n ander om die apteker ryk te maak. 

Nou ja, Met die ry huis toe, word ek die oorsaak van drie rush-hours in 20 minute, want ek is te duislig en siek om verder te ry. Kom uiteindelik by die arm apteker uit, kry my sakkie en betaal sy petrolgeld vir die week. Stop by die kaffee, kry ’n paar tydskrifte (wat ek gewoonlik weier om te koop, uit stille protes om nie te betaal vir die 30 tot 40 bladsye volblad advertensies waarvoor die adverteerders reeds voor betaal het nie, duh?) Koeldrank, ’n hele paar pakkies sout chips (vir die bp) en brood-rolletjies. 

So is ek huis-toe. Eet ’n rolletjie en chips. Sluk die pakkies goed saam met die koeldrank af. Skaars ’n uur later voel ek 80 jaar oud met Parkinson’s! Stadig en bewerig gaan klim in kookwater bad (dit maak die kolle sommer nog rooier) en reguit bed toe. 

Dit is nou net hier waar my droom begin het.

Ek is by ’n country-barnyard vertoning. (Genuine) Al die mans is soos varke aangetrek (Yeah right!) en die vrouens as pronkende voëls! (Erens in my gedagtes lê die vark en voëlgriep nuusberigte nog te na aan die oppervlak) In die spieël sien ek my eie weerkaatsing. Ek is vol kolle. Ek is sowaar ’n tarentaal! Ek moet hier uit! Buite is ek in die veld, toe diep in ’n bos. Daar is giant sampioene wat met my gesels. Ek eet toe maar ’n stukkie hier en ’n bietjie daar en siedaar! Aliens! Feetjies! Bome wat praat! Klopjag wat erens in my gemoed van Koeëldoppies en halfkaal vrouens neurie…Superman en Batman… 

Ek los natuurlik hier ’n hele paar intieme details van die droom uit. Dit is veilger dat dit presies net daar in my super droomland gelaat word. Ek self is nog in denial daaroor. Feit bly staan, dit was so fantasties dat ek wonder of ek dalk weer eendag die geleendheid sal kry om weer daar te gaan wandel. 

Ek besef nou eers dat alles wat mens sien, lees en oor gesels, altyd neffens jou onderbewussyn vassteek, net om met ’n bietjie hulp van ’n ou pilletjie uit ’n pakkie herroep te word na ’n skielike werklikheid in jou drome…

Ook dat as jou sisteem normaalweg nie eers twee Panado’s kan hanteer nie, om enige ander medikasie onder streng toesig gebruik, want kleinding wou nie eers hê ek moes kos maak nie, want hy wou nie “spotted-chicken” vir dinner hê nie! 

Moral is; Moenie jou ore uitleen op ’n bandwagon van massa-histerie in die wêreld nie!

Nooit nie!