by

Sopie sonde

Julie 29, 2009 in Sonder kategorie

 



Hierdie berig het seker vele mense na drank gedryf!



Ek sou eerder verkies dat elke Restaurant en Nagklub en dies meer, eerder vervoer (teen betaling) beskikbaar stel vir hul kliente. Jy sorg self om daar te kom, en hulle besorg jou veilig terug by die huis. Dit moet natuurlik deur die drankwet gekontroleer word. “No vehicle, no ‘v’ine”



Maar dit verander steeds nie die ander uitwerkings wat drank het nie. Nie net op jouself nie, maar teenoor ander. Drank maak die lewe vir die nugtere gemoedere maar baie onplesierig. Daarmee saam het dit ’n negatiewe invloed op die familie lewe met verbale mishandeling wat oorgaan na skop-skiet-en-donner-oomblikke wat selfs Bud Spencer sal laat les op sê!



Die beste voorbeelde van sopie-sondes is te verkry op Corporate funksies/Networking sessies…Mense arriveer opgedollie en profesioneel. Knikke van koppe op die regte oomblik, juggling-acts tussen glas, bordjie, kos in die mond, handskud en saggies gesels. Hoe later, hoe voller bly die glase. Gesprekke word ook heelwat louder. Dan breek die een vrou die klankgrens met ‘n giggel. Dit is die groenlig dat hulle maar die maskers kan laat val. Mense se bekke het nie brieke nie, wyn en brandewyn ook nie. ’n Elite high-society vrou gaan sit en trek skoene uit. Sy is teen die einde van die aand geheel platvloers. Mans is te onvas om stil te staan, hulle dink ou Blue eyes se beste musiek was tog maar swing…



Die volgende dag, bel hierdie mense mekaar in die hoop om besigheid te gesels. Min besef hoekom sekere mense nou maar net nie besigheid wil doen nie…”ons het dan mos so lekker gekuier?”



Nee wat, Waarheids-vloeistof behoort met respek gebruik te word.

1 antwoord op Sopie sonde

  1. godfatha het gesê op Julie 29, 2009

    Dit kan n taai situasie afgee

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.