by

Kil van koue is 5 grade

Julie 20, 2009 in Sonder kategorie

 Ek is nou nie iemand wat ’n issue maak uit dinge wat ek nie kan verander nie. Ja, ek wonder tog soms daaroor, maar kla, nee wat. Ek is met min tevrede…behalwe, koue water!

Ons het elke dag warm water gehad. As ek die warmkraan oopdraai, is die water warm. Tot met verlede naweek. Toe is daar net koue water. My man dink hy weet, en vervang die termostaat. (Blyk toe heel onnodig) want die plumper seg toe dit ’n elektiese fout. Die electrician seg dis die isolator. Die is toe vervang en alles werk…maar die water is nie meer warm nie! Die geyser was gestel op 65 grade. Maar met my man se gevroetel is dit nou na 60 grade gestel, want hy sê die water is te warm…Flip, dit is mos hoekom jy koue water het, of hoe?

Nou was ek skottelgoed, sonder die hulp van ’n koue kraan. Nou bad ek bibberend…en die geyser word leeg getap, sonder dat ek warm word/kry. In hierdie koue weer die afgelope twee weke, begin ek terugkeer na die natuur, ek laat dit nou maar gang gaan…want om te probeer skeer as jy permanente hoendervleis het, is nogal pynlik… Hier by my, maak vyf grade ’n groot verskil/geskil in die graad van liefde ook.

Help my om hom te oorreed… Op hoeveel grade is julle geyser gestel?

4 antwoorde op Kil van koue is 5 grade

  1. Aproqueen het gesê op Julie 20, 2009

    Staak!! tot di geyser weer op jou hitte gestel is… hoekom die toy toy dans onder koue water doen ?

  2. AntOos het gesê op Julie 20, 2009

    Glo dit of nie, ons s’n is op 95%, want ons is baie mense in die huis en elkeen soek sy bietjie warmte! Sterkte…

  3. icysparx het gesê op Julie 20, 2009

    Vrou, my badwater moet bykans kokend wees. Stel daai Geyser OP OP OP!!!

  4. VozSola het gesê op Julie 20, 2009

    Thanks Girls! Ek waardeer julle ondersteuning. Ek is net effens bekommerd oor die blog-mans se stilte. Wonder of hulle vir ‘n koue pampoen geskrik het, of bloot omdat hulle niks van hulle huise se geysers se settings af weet nie?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.