by

Afrikunde

Julie 14, 2009 in Sonder kategorie

 

Afrikunde is geen gebied waar jy opvoedkundig hoef in te dweep nie. Nee, Afrikunde is prakties en enige iemand in Afrika kan daarin ’n graad of twee of drie verwerf. Die belangrikste is dat die Afrikundige NIE self Afrikunde mag toepas nie, maar slegs moet kan uitken en geniet. As ‘n gesoute Afrikundige en na genoegsame navorsing, deel ek graag hierdie ondervindinge gratis met julle.

Ek lys hiermee ’n paar voorbeelde vanuit die magdom van wysheid wat in leke taal as ‘die koerant’ bekendstaan. Lw. Ek gebruik my eie woorde vanuit ‘die koerant’ sodat ek nie deur ander lewenspraktisyns vervolg kan word nie.

Afrikunde is;

1. Jy jaag [email protected] aan. Jy word aangekla. Jy word ‘suspended’ – met volle voordele. Jy word jare later eers gevra om jou saak te stel. Intussen is die meeste ‘witnesses’ nie meer nie, en die papierwerk verbrand in die hobo’s se bonfire op die hoek. Dan bedank jy vrywillig en collect jou pensioen, voordele en hou jou huis en kar en die nagwag.

2. Jy kry ’n huis, water en krag verniet. Dan brand jy dit af om jou ongelukkigheid met die stukkend venster en die gebreekte gloeilamp te bewys. Dan kry jy ’n nuwe een.

3. Jy convert jou diet slegs om aandag te trek; “Jammer, ek eet nie varkvleis nie” as daar pork sausages op die buffet is nie, “Kan ek asb. eerder Bacon kry” of; “ek eet nie ham nie, maar jy kan polonie op my broodjie sit”

4. Om ’n Union-member te wees en jou lede geld te betaal, sluit ongelukkig nie die natural rhythm van ’n toi-toi in nie.

5. As jy ’n 4×4 het met ’n GPS en jy ry off-road in Pretoria rond, want jou GPS het weereens verdwaal in nog ’n ‘gesluit’ of verkeerde-rigting straat.

6. Jy verdien meer geld as jy nie by die werk is nie, as om wel by die werk te wees. (Slim een daai)

7. Om jou bure se hond se naam te ken, maar nie die bure self nie. (die buurvrou se naam is sekerlik nie “ou-nooi” nie?)

8. Jy kry 50% afslag op jou agterstallige ‘utilities’ rekening, maar nie afslag as jy ten volle betaal nie. Wonder of mens ooit agterstallig kan raak as jou dienste opgeskort is en jy illegally jou bure se konneksie tap?

9. Om twee heel verskillende nuusberigte raak te lees, met dieselfde foto. Een storie gaan oor Tshwane en die ander oor Pretoria.

10. Om hier te lees en te dink, “Haai, dis dan waar! – Genuine”

2 antwoorde op Afrikunde

  1. AntOos het gesê op Julie 15, 2009

    F****N Genius Pappa! Briljant…

  2. Gits – dit is eintlik vreeslik verwarrend veral die Pretoria en Thswane issue. Geen wonder die GPS’e raak ookal deurmekaar nie. Oulik gedoen !!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.