by

“Yello” RICA.

Julie 2, 2009 in Sonder kategorie

Ek wonder hoe veilig gaan my persoonlike inligting wees by RICA? Seker net so veilig soos wat dit is by FICA?

Dit is hoekom ek deesdae straat-pos kry (letterlik, want ons gee nooit ons straat adres uit nie), ek kry bank-aanbiedings briewe met persoonlike my inligting wat die sypaadjie vol lê. Enige iemand (nie eers slim nie) kan dit optel, my naam is daarop en sommige het selfs my identiteits nommer.

Dieselfde geld vir die hordes oproepe na my cell-foon, wat begin met, “Hi, is this Mrs…. (ek weet sommer onmiddelik dit is mense wat my nie ken nie, want hulle kan nie my van uitspreek nie) en dan begin hulle van ’n lysie aflees, ter inleiding van hul gesprek. Ek onderbreek na die noem van my naam die gesprek en vra waar hulle hierdie nommer gekry het, want dit is onregmatig bekom…’beeeeeep’ is gewoonlik die antwoord.

Dus, as RICA dink ek gaan my siel en lewe vir ’n nege-en-negentig sent inboet, moet ‘sy’ ’n damn goeie stelsel instel te beskerming van my privaatheid, want ek dink dit gaan ’n groot swart-mark inligting stelsel word, een by wie Binnelandse sake nogal goeie besigheid kan doen.

Wat dink julle?

2 antwoorde op “Yello” RICA.

  1. zephur het gesê op Julie 2, 2009

    Ek kry ook nou straatpos al het ek privaat posbus…ja naam, van, ID alles…net wat ‘n goeie rambokker nodig het.

    En daai oproepe koer my moer nou al goed, hel man ek soek nie nog ‘n selfoon kontrak nie, en nee het genoeg lewensdekking.

  2. VozSola het gesê op Julie 2, 2009

    Jip,stem saam met julle. Dan elders debatteer hulle oor die gebruik van skuilname… dit is juiste hoekom ons dit gebruik.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.