Jy blaai in die argief vir 2009 Julie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Sopie sonde

Julie 29, 2009 in Sonder kategorie

 



Hierdie berig het seker vele mense na drank gedryf!



Ek sou eerder verkies dat elke Restaurant en Nagklub en dies meer, eerder vervoer (teen betaling) beskikbaar stel vir hul kliente. Jy sorg self om daar te kom, en hulle besorg jou veilig terug by die huis. Dit moet natuurlik deur die drankwet gekontroleer word. “No vehicle, no ‘v’ine”



Maar dit verander steeds nie die ander uitwerkings wat drank het nie. Nie net op jouself nie, maar teenoor ander. Drank maak die lewe vir die nugtere gemoedere maar baie onplesierig. Daarmee saam het dit ’n negatiewe invloed op die familie lewe met verbale mishandeling wat oorgaan na skop-skiet-en-donner-oomblikke wat selfs Bud Spencer sal laat les op sê!



Die beste voorbeelde van sopie-sondes is te verkry op Corporate funksies/Networking sessies…Mense arriveer opgedollie en profesioneel. Knikke van koppe op die regte oomblik, juggling-acts tussen glas, bordjie, kos in die mond, handskud en saggies gesels. Hoe later, hoe voller bly die glase. Gesprekke word ook heelwat louder. Dan breek die een vrou die klankgrens met ‘n giggel. Dit is die groenlig dat hulle maar die maskers kan laat val. Mense se bekke het nie brieke nie, wyn en brandewyn ook nie. ’n Elite high-society vrou gaan sit en trek skoene uit. Sy is teen die einde van die aand geheel platvloers. Mans is te onvas om stil te staan, hulle dink ou Blue eyes se beste musiek was tog maar swing…



Die volgende dag, bel hierdie mense mekaar in die hoop om besigheid te gesels. Min besef hoekom sekere mense nou maar net nie besigheid wil doen nie…”ons het dan mos so lekker gekuier?”



Nee wat, Waarheids-vloeistof behoort met respek gebruik te word.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Die Venus van Mars…

Julie 24, 2009 in Sonder kategorie

 



Mans is soos ’n monkey-puzzle.


a) Ja


b) Nee,


c) Beide van bogenoemde



Vrouens is soos ’n Huisgenoot blokkiesraaisel.
Kriptiese leidrade…net soveel blokkies… en die antwoord moet dubbel en dwars sowel as onderstebo en agterstevoor kan pas. Slegs dan is die antwoord korrek.



Wil enige van julle die bogenoemde voorbeelde betwis?


Profile photo of VozSola

by VozSola

Blok(g)tyd

Julie 22, 2009 in Sonder kategorie

 



O wee, Mense en veranderings is nou maar een maal nie maatjies nie. Gooi tegnologie en veral bulle (Taurus) op een gebruiksforum saam…en ’n globale moeder van assumption baar kuberkleintjies. Almal omtrent so by die twee jaar oud! Sonder beoefende geduld, beproewing, aanvaarding en ervaaring gaan ons nooit hierdie kleintjies groot kry nie.



Ek lees so tussen die lyne deur dat daar heelwat mense is wat ’n drieling gehad het. Of dalk praat hulle regtig in repeat-mode? Wie weet, partykeer moet mens noodgedwonge woorde herhaal, herhaal, juis om die herhaling te beklemtoon!




Nou ja, ek het nie onnodig doeke omgeruil toe die baba nog geslaap het nie. Sien my blog werk 100%. Ek sal my blog op ’n blok sit en vir geduld dankie sê!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Kil van koue is 5 grade

Julie 20, 2009 in Sonder kategorie

 Ek is nou nie iemand wat ’n issue maak uit dinge wat ek nie kan verander nie. Ja, ek wonder tog soms daaroor, maar kla, nee wat. Ek is met min tevrede…behalwe, koue water!

Ons het elke dag warm water gehad. As ek die warmkraan oopdraai, is die water warm. Tot met verlede naweek. Toe is daar net koue water. My man dink hy weet, en vervang die termostaat. (Blyk toe heel onnodig) want die plumper seg toe dit ’n elektiese fout. Die electrician seg dis die isolator. Die is toe vervang en alles werk…maar die water is nie meer warm nie! Die geyser was gestel op 65 grade. Maar met my man se gevroetel is dit nou na 60 grade gestel, want hy sê die water is te warm…Flip, dit is mos hoekom jy koue water het, of hoe?

Nou was ek skottelgoed, sonder die hulp van ’n koue kraan. Nou bad ek bibberend…en die geyser word leeg getap, sonder dat ek warm word/kry. In hierdie koue weer die afgelope twee weke, begin ek terugkeer na die natuur, ek laat dit nou maar gang gaan…want om te probeer skeer as jy permanente hoendervleis het, is nogal pynlik… Hier by my, maak vyf grade ’n groot verskil/geskil in die graad van liefde ook.

Help my om hom te oorreed… Op hoeveel grade is julle geyser gestel?

Profile photo of VozSola

by VozSola

‘Saai-kick’ sal ‘Saai-sien’

Julie 16, 2009 in Sonder kategorie

Een ding wat wel waar is, is dat op hierdie ganse aarde (ongeag of dit nou regtig 6000 of 600miljoen jaar oud is of nie), wel heelwat meer dooies is as lewendiges was/is. Wat onwaar is, is dit wat daaop kan volg.

Ek gee erkenning dat nie alle ‘siendes’ dieselfde sien nie. Hene tog, nie eers regte mense sien soms regtig nie! (veral nie die padgebruikers of die anti-korrupsie amptenare nie) Maar van hierdie siendes laat my soms terugdink aan die Beatles se Lucy in the sky with Diamonds…

Nou kyk, ek laat my nie deur die onverklaarbaares vertel dat die dansende in-gezoomde dust bunnies op die tv skerm, deur middel van ’n tegnologiese wonder-kamera in “orbs” verander nie! ’n Mega-super-slagveld van honderde verlore siele in elke 10cm van die leë lug om ons?. Nie eers die Karoo het soveel stof in Augustus nie!

So sit ek en bekyk die een paranormale program na die ander en tussendeur ’n ene Sue, John, die Aunti inni UK en one eie tannie van êrens saam met Rian.

“ek sien ’n man” Jippee, dit is my pa, my Oom, my Oupa, my neef ens… “hy staan agter jou” Darn right, want ek sou mos gesien het as hy voor my gestaan het…ens. ens. ens. Hulle is almal ‘saai-siendes’

Maar dan is daar regte ‘saai-kicks’ Nee, ek praat ook nie van die oorkantste buurtannie wat teeblare lees nie. Ek praat ook nie van evil-geniuses wat ’n Viking wil oproep om jou te beskerm nie. Nee, ek praat van diegene wat werklik die insig gekry het, wat die waarheid verkondig en hulle gegewe talente ten goede gebruik. Oor hulle, het ek nie grappies om te vertel nie…

Het jy al kennis gemaak met ’n saai-kick wat saai-sien? Kom vertel. Ek luister graag.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Afrikunde

Julie 14, 2009 in Sonder kategorie

 

Afrikunde is geen gebied waar jy opvoedkundig hoef in te dweep nie. Nee, Afrikunde is prakties en enige iemand in Afrika kan daarin ’n graad of twee of drie verwerf. Die belangrikste is dat die Afrikundige NIE self Afrikunde mag toepas nie, maar slegs moet kan uitken en geniet. As ‘n gesoute Afrikundige en na genoegsame navorsing, deel ek graag hierdie ondervindinge gratis met julle.

Ek lys hiermee ’n paar voorbeelde vanuit die magdom van wysheid wat in leke taal as ‘die koerant’ bekendstaan. Lw. Ek gebruik my eie woorde vanuit ‘die koerant’ sodat ek nie deur ander lewenspraktisyns vervolg kan word nie.

Afrikunde is;

1. Jy jaag k@k aan. Jy word aangekla. Jy word ‘suspended’ – met volle voordele. Jy word jare later eers gevra om jou saak te stel. Intussen is die meeste ‘witnesses’ nie meer nie, en die papierwerk verbrand in die hobo’s se bonfire op die hoek. Dan bedank jy vrywillig en collect jou pensioen, voordele en hou jou huis en kar en die nagwag.

2. Jy kry ’n huis, water en krag verniet. Dan brand jy dit af om jou ongelukkigheid met die stukkend venster en die gebreekte gloeilamp te bewys. Dan kry jy ’n nuwe een.

3. Jy convert jou diet slegs om aandag te trek; “Jammer, ek eet nie varkvleis nie” as daar pork sausages op die buffet is nie, “Kan ek asb. eerder Bacon kry” of; “ek eet nie ham nie, maar jy kan polonie op my broodjie sit”

4. Om ’n Union-member te wees en jou lede geld te betaal, sluit ongelukkig nie die natural rhythm van ’n toi-toi in nie.

5. As jy ’n 4×4 het met ’n GPS en jy ry off-road in Pretoria rond, want jou GPS het weereens verdwaal in nog ’n ‘gesluit’ of verkeerde-rigting straat.

6. Jy verdien meer geld as jy nie by die werk is nie, as om wel by die werk te wees. (Slim een daai)

7. Om jou bure se hond se naam te ken, maar nie die bure self nie. (die buurvrou se naam is sekerlik nie “ou-nooi” nie?)

8. Jy kry 50% afslag op jou agterstallige ‘utilities’ rekening, maar nie afslag as jy ten volle betaal nie. Wonder of mens ooit agterstallig kan raak as jou dienste opgeskort is en jy illegally jou bure se konneksie tap?

9. Om twee heel verskillende nuusberigte raak te lees, met dieselfde foto. Een storie gaan oor Tshwane en die ander oor Pretoria.

10. Om hier te lees en te dink, “Haai, dis dan waar! – Genuine”

Profile photo of VozSola

by VozSola

Onvanpaste voorspelbaarheid.

Julie 2, 2009 in Sonder kategorie

So, daar is man en vrou. Bacon & Avo. Koffie en beskuit. Tee en koek. Wyn & chocolates. Strawberries and cream. Pen en papier. Julle kry die idee…

Dus, wat kan ons op die lysie van onvanpastes bymekaar sit?

Profile photo of VozSola

by VozSola

“Yello” RICA.

Julie 2, 2009 in Sonder kategorie

Ek wonder hoe veilig gaan my persoonlike inligting wees by RICA? Seker net so veilig soos wat dit is by FICA?

Dit is hoekom ek deesdae straat-pos kry (letterlik, want ons gee nooit ons straat adres uit nie), ek kry bank-aanbiedings briewe met persoonlike my inligting wat die sypaadjie vol lê. Enige iemand (nie eers slim nie) kan dit optel, my naam is daarop en sommige het selfs my identiteits nommer.

Dieselfde geld vir die hordes oproepe na my cell-foon, wat begin met, “Hi, is this Mrs…. (ek weet sommer onmiddelik dit is mense wat my nie ken nie, want hulle kan nie my van uitspreek nie) en dan begin hulle van ’n lysie aflees, ter inleiding van hul gesprek. Ek onderbreek na die noem van my naam die gesprek en vra waar hulle hierdie nommer gekry het, want dit is onregmatig bekom…’beeeeeep’ is gewoonlik die antwoord.

Dus, as RICA dink ek gaan my siel en lewe vir ’n nege-en-negentig sent inboet, moet ‘sy’ ’n damn goeie stelsel instel te beskerming van my privaatheid, want ek dink dit gaan ’n groot swart-mark inligting stelsel word, een by wie Binnelandse sake nogal goeie besigheid kan doen.

Wat dink julle?