Jy blaai in die argief vir 2009 Junie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Inspoel of uitspoel

Junie 25, 2009 in Sonder kategorie

 Die feit dat breinspoel doeltreffend is, kan die gewone mens nie betwis nie. Dit was jare lank die gekose geheime wapen. Ook is dit bewys dat dit ‘n goeie alternatiewe manier van torture is. Daar is geen fisiese bewyse nie. Geen letsel word agtergelaat nie.

Terug na die hede. Mishandelde vrouens, kinders, alkoholiste, dwelmverslaaftes, seksverslaaftes, internet-verslaaftes ens. ervaar dit op ‘n daaglikse basis. Daarmee saam verseker die spoeler die bose kringloop van; “sy wil weg gaan/ophou, maar kan nie” Op daardie stadium kan die bespoelde nie meer verstaan hoekom hul wil, maar nie kan nie. Rede is eenvoudig want breinspoeling is niks meer as die manupilasie van die gewete nie. Of jy kry een, of joune word gemanipuleer, of bloot eenvoudig verwyder.

Noudat SA hulself in die situasie bevind van oorvol tronke, (waarvan die meerderheid nog gehoor afwagtend is) inmates wat nooit rehabiliteerbaar is nie, en die jonges wat met ‘super-criminal-intent-certificates’ vrygelaat word en dies meer. Sou hierdie derglike situasie nie teen voordeel van die nasie effens uitgebuit kan word deur om alle kriminele aan vereiste ‘goeie’ breinspoellings te onderwerp nie? Maak hulle goed, sonder dat hulle ooit weet hulle het verander, met ’n nuwe ingebore soeke na die ‘regte-ding-om-te-doen’ in hulle eie gemeenskap.

Dit kan ook ingestel word as ’n verpligte klas op hoërskool waar kinders met respek en morele waardes vernuwe kan word. Maar dit kan ook gebruik word om mense te help heel. Slagoffers van geweld, verkragtings, kanker, algemene gesondheids kwale en so meer. Die kringloop proses van vernuwing; “skok, hartseer, woede, seer, woede, aanvaarding en vergifnis” kan hiermee vergemaklik word. Dit kan op enige persoon in enige situasie gebruik word. Dit kan medikasie vervang, dit kan mense van binne gesond maak deur hulself gesond te dink.

“Wat jy nie weet nie, kan jou nie seer maak nie”

In hierdie oomblik van ledigheid, sien ek sommer ’n heel ander wêreld…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Voz sola

Junie 23, 2009 in Sonder kategorie

Handgranaat en loodglas
plofbaar en ook peinsend
ongemagtig ‘n gedreuning
slegs in ‘n ander se gemoed
is ondenkbaar donker,
diep vibreer die
stille skok, ‘n
stem, alleenlik enkel
uitgestyg, is so damn
moeilik van platvloers tot
driedimensioneel,
stamina voorwaar
rook benoud verklaar,
span ‘n doringdraad die berg
hoop beskaamd en nood gevra, ‘n
skoenveter het nou die slot verruil.
©

Profile photo of VozSola

by VozSola

Staar of laat vaar?

Junie 18, 2009 in Sonder kategorie

 Ondervind jy ook ’n stop krisis by die verkeerslig?

Staar jy blind na die ongesiende bedelaar en voel skuldig al die pad huis toe? Of laat vaar jy jouself tot diep binne dié se gemoed, en gee ’n ietsie of twee by elke tweede stop?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Knoppieslaagte.

Junie 17, 2009 in Sonder kategorie

 Ek wil graag gesels met die hoof van Knoppieslaagte. Daar is ‘n paar kwellinge in my gemoed vandag. Daar is weinig min wat deesdae sonder ‘n knoppie kan werk. Kom ons dink mooi daaroor…

– Om by jou huis/garage in te kom, moet jy eers die knoppie druk.

– Stap jy jou huis binne, moet jy eers die knoppie druk voordat die alarm jou betrap.

– Om jou ketel aan te skakel, druk jy die knoppie.

– Vir die roast, draai jy die oond se knoppie.

– Vir die rys, druk jy die mikrogolf se knoppie.

– Om 7de Laan se sien, baklei jy eers, en druk sommer ‘n hele paar knoppies.

– Nou vir die natuur-roepings se wegdoen, druk jy ook deesdae ‘n fênsie knoppie.

– So ook vir die handewas en gesig afspoel ritual.

– Nou ja, om Litnet en sy Blogs te kan lees, druk jy eers die Groot knoppie, dan druk jy die alphabet knoppies afgewissel met die muisknoppies, links en regs.

– O gaats, al weer môreoggend se brood en melk vergeet… knoppie, deur, knoppie deur toe, aanskakel, knoppie, uitry, knoppie. Stop klim uit, deur toe, knoppie. Winkel in, ATM knoppie, knoppies. Brood, melk. Knoppie, deur oop, deur toe, knoppie, aanskakel, ry. Knoppie. Ry in. Knoppie. En nou is jy weer terug by die begin.

– Jou familie kommunikasie bestaan nie meer uit knoppies en gesels nie, maar eerder uit beep-beep, knoppies, send. Beep-beep, knoppies, send. Oor en oor.

So Meneer, (of Mevrou) die hoof van Knoppieslaagte, ek kan nog saam met bogenoemde gerief/ongerief saamleef, maar wat my eintlik so knorrig het is die feit dat jy ook Eskom met ‘n ‘af’ knoppie bemag het. Dit natuurlik stel alle ander knoppies buitewerking!

Ook ‘n boodskappie aan sommige mans wat dink vrouens skakel ook net aan met die druk van ‘n knoppie…of twee. Jammer Meneer, ons werk nie op Eskom krag nie!

Hou maar gerus die knoppies dop!

  

Profile photo of VozSola

by VozSola

Sluier oor suiers

Junie 3, 2009 in Sonder kategorie

 

  

Suiers is van die mees uitkenbaarste karakter eienskappe van ‘n gewone mens. Jy, jouself, jou familie, vriende en selfs vyande kan hiervolgens geëien word. (of nie)

 

Hierdie suiers is die mees selfsugtigste, maar mees magtigste persoonlikhede wat daar is. Dit is totale emosionele uitmergeling om ‘n suier in jou vriendekring te hê. Die waarheid is – dat elkeen van ons ten minste twee of meer sulke persone ken. As jou hele vriendekring uit suiers bestaan is jy, óf baie ongelukkig óf jy beoefen ‘n beroep wat daarin spesialiseer.

 

Suiers is mense wat elke sekonde van hul lewe aan jou wil rapporteer. Hulle is ‘n groot oop boek, daar vir almal om te lees en die wat nie wil lees nie, word summier sommer vertel!

 

As suiers bel, sug hulle met jou ‘hallo’ en val sommer hulle eie gedagtes met praat in die rede. Hulle is nie bloot jou gewone klakouse nie. Hulle kla nie oor normale dinge anders as die horrible dinge in hul eie lewens nie. Hulle verstaan en aanvaar nooit jou raad nie. Maar plant alle slegte dinge wat gister uitgeploeg was, netjies weer terug. Elke dag.

 

Suier is van nature ‘n ongelukkige mens. Hulle is happy as hulle ongelukkig is. Al ooit vol krag, energie en met ‘n huppel in jou stap wakker geword en na een gesprek met ‘n suier, word al jou geluk skielik vanuit diep binne jou opgesuig? Nie eers om daardie persoon te laat beter voel nie, maar juis om hul krag te gee om nog meer ongelukkig te wees! Suiers is mood-demper-vampires!

 

Daar is ook natuurlik die happy-clappy-suiers. Hulle is net só gelukkig selfs in ongeluk. Nie dat hulle net jou gewone super positiewe en gelowige mense is nie, nee. Hulle neem dit nou weer ‘n stappie verder in die rigting. Super-happy-suiers maak gewone gebalanseerde mense depro met hul happiness.

 

Nou voor jy emosioneel uitgeput is na dese, moet jy verstaan dat daar nog die intellektuele suier is…maar dit is ‘n storie op sy eis vir ‘n ander dag.

 

So tussen die lag en huil behou ek eerder my sinne net hier en sit ‘n punt agterna…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Gille en grille

Junie 1, 2009 in Sonder kategorie

 

 

 

Heterosexual mans is nou maar eenmaal mode. Hul kleredrag lyk glad nie so verdag soos sommige middeljarige mans steeds aantrek nie. Dié ooms moet maar besin om ‘n geldjie te belê in ‘n vollengte spieël. Daardie klein stort-spieëltjie wat slegs verlengde neushare uitwys, is regtig nie meer voldoende na ‘n sekere ouderdom of slegte gewoonte dieët nie.

 

Hier is ‘n eenvoudige toets; As jy nie tussen heupe en bors 360 grade eweredig versprei is nie, maar ‘n verdikking tussenin toon – moet nooit ooit weer jou t-hemp of golfhemp in jou broek probeer insteek en doek-toemaak nie!  (lw. vernouing is wel toelaatbaar en word hoogs aanbeveel) En geel? Geel oom, dit is vir kanaries en die hoek-kafee se tafeldoeke! Dis nie vir aantrek nie! Nooit nie!

 

‘n Moulose t-hemp is ‘n vest. Punt. Dis nou soos in onderklere. Dit het miskien goed gelyk (afgewissel met ‘n t-hemp wat se moue netjies omgevou word) tussen haarolie, bubblegum, rolskaatse by ‘n roadhouse êrens op die Oos Rand op ‘n Vrydag aand…maar dit is nou verby en dus glad nie meer van toepassing nie. Veral nie as jy nog ‘n slegte agterstraat tattoo of ‘n ou prison tattoo het nie, met skurwe elmboë en al! Daar is steeds net een Hulk Hogan en hy is immers ‘n Amerikaner.

 

Sê my asseblief tog wat dit deesdae is met die musiek videos op eie bodem? Een is besig om van malpitte op en af uit ritme te spring, die ander het ‘n paar meisies wat iets suggereer wat eintlik instinktief op die grootskerm hoort. Dan is daar hierdie ouerige ooms wat met die vreemste handgebare denkbaar probeer om met onsigbare feetjies te dans, soms lyk dit asof hulle amper-amper saam met Mary Poppins gaan wals. Ongelooflik! Dalk het hulle vasgehak en denkbeeldig met ‘gone with the wind’ op vlerke van nostalgie of verlore drome wil vlieg…

 

Wit! Wit kleredrag in musiek videos maak jou nie heiliger as die sing wat jy sing nie! Dit maak die kykers se oë seer met hul oëverblindery. Eyeliner en gepoeierde mans gesiggies werk nie so goed as die kyker ‘n 42 inch televisie het nie. Dit is amper net so duidelik soos daai stof ‘orbs’ op ‘Die onverkaarbare.’

 

Ek koop al vir die afgelope vier jaar geen SA tydskrifte nie. Rede is eenvoudig. Dit laat my voel asof ek by ‘n confession afluister! Die enigste verskil is dat die Priester jou nie vir jou storie betaal nie, inteendeel. Wat is dit in elkgeval deesdae dat jy moet bieg, lieg, bedrieg? Indien nie, is jy en sal jy blykbaar altyd arm bly.

 

Daar is natuurlik ook die 70% advertensies waaruit die glanstydskrifte bestaan (blykbaar om dit bekostigbaar vir Jan-publiek te maak? eh?) Waspoeier is nie meer net gewone seeppoeier nie, Nee. Dit is intellegente korrels wat slegs na die vuilheid gaan en die skoon gedeeltes vuil laat? Steeds is die pakkies sop gans te waterig as mens dit maak volgens die aanwysings en die hondekos lyk en ruik (nie geproe) nog dieselfde al het dit ‘n nuwe, verbeterde smaak?

 

Met al die tegnologie en ontwikkeling in hierdie leeftyd, is daar steeds nie ‘n anti-statiese nylon onderklere nie. Steeds is daar nie ‘on”leerbare sykouse nie. Daar is darem al spry’n-can-tan…maar steeds is waxing seer en ontharingsroom ruik steeds soos suiwer amoniak, en die seep skuim al hoe minder, want dit is eintlik saamgepersde-handeroom…

 

Intussen bly ‘n Maandag net nog ‘n Maandag al is dit dan nou een dag nader aan Vrydag.