Jy blaai in die argief vir 2009 Mei.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Praat paraat

Mei 26, 2009 in Sonder kategorie

 

 

Reg, as jy hier klaar gelees het, sou jy dalk kon sê “and the joke is on you” Ek sal dit dan met grasie aanvaar. Alhoewel dit duidelik nie my sienswyse sou kon verander nie. Daar is gewoon net mense wat nie besef wat hulle uiter nie. “Talk is cheap” is ‘n ware ding, net jammer dat die tiekkies en ½ sente nie meer bestaan nie, want dit kon sulke mense dalk ryk of is dit verryk gelaat het.

 

Mense is nie meer paraat met woorde nie. Hulle praat en praat en praat doelloos, bloot om die lug-leemte tussen mense te vul. Let bietjie op na geselskap. Gaan sit by in ‘n beknopte koffiewinkel waar jy soms gedwing word om na ander se geselskap te luister. Ek verseker jou jy sal dit uiters insiggewend vind.

 

‘n Paar algemene voorbeelde; Iemand het al sy hare afgeskeer. Wat vra die meerderheid; ‘Haai, het jy jou hare gesny?’ Iemand se arm is in gips; ‘haai, het jy jou arm gebreek?’ ‘Haai, het jy jou kar gestamp?’ Haai, is jy siek?’

 

Waar het hierdie onsinnige gewoonte sy geboorteplek in ons geselskap gevind?

 

Dan is daar natuurlik diegene wat nie daardie belangrikke volume-kontrole-knoppie in publieke geselskap kan/wil gebruik nie, maar selfs dan, as so ‘n persoon darem ingeligte aanmerkings maak oor onderwerpe geopper, is dit nie halfpad so erg soos die persoon wat ons hele Sondag middag uitstappie bederf het nie!

 

Daar sit ons die middag, een van sowat 11 tafels, in ‘n tee-tuin. Almal sit rustig en gesels en geniet middag-ete. Behalwe vir hierdie een persoon aan een van die tafels. Hy praat so hard en soveel ‘str.t’ moontlik, dat na ‘n uur die meeste van die ander tafels begin stilbly het en net vir hom gesit en heel moerig beloer het. Die beste is die onderwerpe veral die groot loof en geloof wat hy in die Europa gevind het. “the European system of bringing up your children with good manners…” en so voorts. Die beste is dat selfs die mense aan sy tafel kry nie eers ‘n woord te verdediging of saampraat in nie. Die een persoon is ‘n Duitser en hy baklei en stry selfs met die oor Duits en hoe verkeerd die Duitsers praat. Dan spring hy na Oprah en die vrou met ‘n ‘genuine’ gat in haar gesig en nie soos die vrou in Frankryk wat net bietjie gesigsprobleme gehad het nie. En so voorts…Die beste is dat die ou met sy swak-aangeplakte Europese aksent, eintlik maar net nog ‘n gewone Afrikaner is, wat sy ware kleure na vore gebring het toe hulle ‘n fout met sy rekening  gemaak het met…”hierdie rekening is f@@@ken verkeerd” Nou ja, drie tafels het opgestaan en vroegtydig verkas tydens sy 35 minute woordewisseling met die onskuldige kelner oor dieselfde rekeningsfout.

 

En die beste is, toe ons loop het ek in die verby gaan hard en duidelik aan my man genoem dat sekere mense geen praat etiket het nie, en die hele middag bederf het. So in die verby gaan hoor ek sy eggo…’…didn’t appreciate a good conversation…’

 

Ek dink my eie gedates koer nog daar rond.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Politiek en Politoer

Mei 22, 2009 in Sonder kategorie

 

 

 

En daar staat en sing Eskom met bak-handjies “give me hope…” in Europa, en ‘voila” kry 530 miljoen Euros vir daardie opvoering. Maar moenie bekommerd wees, ons sal weldra sien hoe elkeen van ons dit met ‘n ‘flick of the switch’ gaan begin terug betaal, met hul 35 of gaan dit 53% rente wees?

 

So van losse sente en sedes gepraat, hoe de moer gooi jy vier honderd duisend rand se verjaarsdag partytjie, en dan val jou ouderdom nie eers op ‘n ronde getal nie? Sjoe! Maybe gaan sy ‘n hand-me-down Merc kry?

 

Altyd onskuldig tot jy skuldig bevind word, al is daar bewyse, moet ‘n oom in ‘n toga besluit of daardie bewyse regtig geldig is om nie ‘skuld’ te bewys nie, maar juiste een se ‘onskuld’. Ek hou nie van die soort regstelsel nie. Maar met die ingevoerde Australian-gedierte se straat howe, mag jy die skuldige, skuldig bewys en dan self tronk toe gaan…al word jou skuldigheid die onskuld self. Stellig waar; keep close to your friends, but keep your enemies closer! Darem werk die justice sisteem in Dubai baie goed, doodsvonnis vir moord, al is jy ‘n super biljoener! Daar kan geen geld jou onskuld koop nie. In SA kan jy soms justice vir vyftig rand koop op ‘n stil Vrystaatse plaaspad met ‘n speedtrap.

 

Sport, sport, sport…Hoe kleiner die balle word, hoe groter word die wengeld! So word tegniek en intelletuele ook ‘n fyner kuns. Kyk hoeveel intellektuele inspanning neem dit om vir kilometres oor ‘n paar dae agter ‘n klein wit balletjie aan te loop, weer vorentoe te slaan en maar weer agterna loop? In Indianapolis, daar ry hulle vir 24 uur om-en-om-en-om-en-om-en-om…dalk kan Welkom ook so ‘n wedren aanbied in spitsverkeer.

 

Intussen polish ons Rugby boots en krieketballe vir die biltong naweek. Dit is altyd so interesting om die straatverkopers se initiatief te sien. As die Sharks en die Bulle in Pretoria speel, verkoop hulle net swart en wit vlaggies by die robots, en in Durb’s is dit blou-op-blou vlaggies? Wonder wat hulle more oggend gaan verkoop?

 

Dit is jammer dat Helkom se telefoon drade nie treinbestand is nie, ook nie die meeste van Pretoria se strate nie…hulle het dit reeds omgedolwe, kan net so wel die tremspore so lank lê…Eendag oppe trem na Pretoria…

 

So sê hulle; ‘n kat het nege lewens, maar Mickey Mouse, het net een gehad en sy stem is nou stil en ek is sommer sad.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Gebrekkige taal of taalgebrek?

Mei 21, 2009 in Sonder kategorie

 

 

 

Ons het ‘n wonderlike lewendige jong groeiend taal. Die taal wat ons Afrikaans noem. Die mooiste dinge denkbaar kan gesê, beskryf of selfs (sonder die doef-doef) besing word.

 

Die beste is die natuulike meng van die ou-spregtaal met die hedendaagse. (ja, om tussendeur oor die waters van die kakies te leen, word ook as aanvaarbaar beskou) Dit is dan net die uitspraak wat verander, soos die Ingelsman se pavement word dan bloot  ‘pa-fe-ment’ en dies meer.

 

Wat my die meeste aan die dink sit is sekere sêgoed soos;

– ‘n dooie lyk? (huh?)

  so dood soos ‘n mossie. (is ander se dood nie ook dood nie, of word dit regtig ‘n 

   ander se brood?)

– ‘n feit soos ‘n koei (Ag, kan IEMAND nie tog, assebkief vir my die oorsprong van dié een gee nie!)

 

Sekere benoemings waarmee ons voorouers voorendag gekom het met die skepping van nuwe woorde vanuit Anglisismes is ondenkbaar, eintlik het dit niks met die voorhandligende te doen nie.

– Kameelperd. Niks te doen met ‘n kameel of ‘n perd nie, en sou jy wel dit gekruis kry,

  sou dit glad nie so lyk nie!

– Luiperd. Mmm, need I say more? Want ‘n lui perd is verseker dalk ‘n steekse donkie.

– Seekoei. As haar naam nie Huberta is nie, het hul nog nooit die see gesien nie, en toe hul benoem is, het hul nog nie geweet dat hul evolve het en die vinne pote geword het nie…

 

Maar dan is daar ook net iets wat op Afrikaans genoem kan word soos “ou’volk” of ‘n ander naam sal wees “sonkyker” Dit is voorwaar net die regte beskrywing vir dit.

 

Die kraai in my tuin vlieg ook nie reguit nie (maar my GPS vlieg nie soos die kraai nie) en ek dink dat alles nie altyd ‘so reg soos reën’ is nie, maar dalk eerder dalk ‘so reg soos ‘n hoer se hart’

 

Fluit-fluit my storie is uit…(?)

Profile photo of VozSola

by VozSola

Hede of Verlede

Mei 21, 2009 in Sonder kategorie

 

Die sinnelose gejaag na die ‘waarheid’ lê slegs opgesluit in die toekoms. Wat presies die toekoms inhou is steeds onduidelik en sal altyd wees. Jy kan alles via Google soek en kry, maar nie eers met Microsoft se nuwe Kumo sal jy die toekoms kan sien nie. Nie eers die karavaan tannie met haar teeblare of die internet Physic of die ou buurman next door sal jou dit kan vertel nie. Selfs die weerberig het sommige stoere boere al verkeerd bewys, dit is meestal verkeerd om mee te begin.

 

Terug na die verlede, daar waar die meeste van ons ons ankers gevind het om blykbaar van dag tot dag te probeer vasstaan en lewe. (regtig!) Die verlede blyk slegs ’n mirage van ’n oase vol woestyn-antwoorde te wees. So teenstrydig wat mens teen mens is, (van nature) so teenstrydig is die hede oor die verlede.

 

Hulle bepaal die ouderdom van opgegrawe ‘tekens’ van lewe (duh?) verby miljoene en miljoene jare, tog stry hul oor die ouderdom van die aarde (wat heelwat) jonger is as die opgrawens self? Maar bepaal die geskrewe woord (kringetjies en kruisies) gehang teen die natuur se mure, tussen 50,000 en 75,000 jaar oud. Dieselfde tekeninge in ‘’n bepaalde ’n tydsgreep, teenoor ’n ander tydsgreep op ’n ander kontinent?  Verklaar dit die mensdom se voortuitgang en dan skielik weer bewys dit die einste agteruitgang?

 

Was daar dalk wel ’n oerknal op aarde  (of dalk een van vele) wat te same die intellegente menslikheid nietig gemaak het, en slegs ’n paar (natuurlik wat aan die vele secret societies behoort het) oorleef het, wat weer van vooraf die aarde moes vul? Steeds baklei ons oor die verlede waarteen diegene wat weet, verklaar dat Desember 2012, die begin van die einde vir ons almal inhou?

 

Waar is die Freud en Einstein van vandag? Sou ons sê dit is Bill Gates en die laaitie van die garage-google? Waar is die Bach en Beethoven vandag? Sou ons sê dis Jurie of Steve? Waar is die ingeneurs van die Piramides? Sou ons sê hulle werk tans in Dubai? Waar is die Hitler vandag? In Zimbabwe?

 

Waar is jy vandag? Is dit waar jy dalk self môre sal wil wees?