'n Nuwe hoofstuk

Dins 16 Mar 2010, 02:06        (3) 0  Kommentaar     Stuur Artikel
Rapporteer Misbruik

My vennoot is terug in die Vrystaat. Iewers sis 'n steak op 'n rooster. Iewers knak 'n bier. Dit word my vertel. Dalk is mieliestronke daarby betrokke. Hoe sal ek nou weet. Maar terug is hy, sak en pak, en hier in my voorkamer sit 'n leersitkamerstel wat nie in die treklorrie kon inpas nie. Twee handige oondbakke om twee jaar se vennootskap te versinnebeeld.

 

Dit word lente hier, maar daar is min blomme. Alles het vanjaar swaargekry weens die strawwe winter, bolle het seker doodgevries. Die paadjie hoofkantoor toe gaan deur duimhoogte jong graan, wit en blou wolke jaag hulle skaduwees al oor die landerye en op die horison wei resiesperde. 'n Lieflike oop semi-sonskyndag. Tussen al die kontrakte wat ons teken is daar 'n uurtjie vry en stap ek die heuwels in. In die verte woer die windopwekkers.

 

Voor my strek die teerpad uit, een motorwydte, met gate in waar die ys hom geknou het.

 

Een oorblewende praktyk, een eienaar, enkelbaanpad.

 

Hmmm.

 

 

 

 

 

 

Onderwerpe: 

Pos 
| Vorige Pos

Herlaai Kommentaar
Lewer kommentaar
Kliek hier om in te teken en kommentaar te lewer.
[Sluit venster]

Pos 'n antwoord

Gereedskap

Help!

Gebruikersprofiel

gidivet

Geslag: Male Send Message Stuur Boodskap
Stad: Not Selected Add to Friends Voeg vriend by
Nasionaliteit: United Kingdom Block Blok gebruiker

Onlangs Opgedateer

eerlikwaar! net myself DinkWeer Dinkweer Stilekke(my... Stilekke
FAANSIE Faansie waan en sin suna Veselglas &... Voz Sola

Statistiek

Afrigator Rang

Bladlese: 13234
Kommentaar: 3315
Beoordeling:
Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer.

Kentekens

Skryf in vir die blog

Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog

Skryf in vir RSS vanaf die blog

Nooi uit

Jy het 10 intekenaar(s)

Argief

janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec