Profile photo of gidivet

by

Tussen die bome

April 6, 2014 in Uncategorized

Die bloggery in Afrikaans en in Engels smokkel met my kop.
Daar’s nou minder as drie weke oor voor die groot stap begin.
Ek het tot dusver baie gelees, baie gestap en elke item in my rugsak is geweeg tot op die gram. So ken julle my mos. Ek raak so vasgestrengel in die detail dat ek nie die eintlike punt kan insien nie.

Gelukkig bly ek die afgelope paar dae op ‘n bizarre plek. Dis ‘n motel op ‘n snelweg, iets soos ‘n Ultracity. Jy sou dink dis raserig, maar ek kan amper glad nie die karre hoor nie, en die kamer is grafstil. Ek sit net hier met my gedagtes, en dink oor die reis wat voorlê. En lees boeke. In die dag werk ek as locum by ‘n nuwe praktyk wat nog nie amptelik oop is nie. Daar is heelwat tyd tussen afsprake. Baie tyd vir gedagtes om te dwaal.

Dis amper soos om in ‘n tydkapsule opgesluit te wees. Onder die grond. Dis asof alle ander geraas geabsorbeer word en hier binne is dit baie, baie stil.

Maar dit kan mens mos nie lekker in Engels skryf nie, so dis wat ek eintlik geskryf het:

Through the trees

 

 

15 antwoorde op Tussen die bome

  1. heerlik . die introspeksie . alle reise begin en eindig mos maar diep binne ‘n mens self . . . 🙂 jy moet dit gaan geniet , en hou asb. aan om jou reis in Engels hier te vlaggie , ek wil ook niks mis nie !

    • gidivet het gesê op April 8, 2014

      Ek sal probeer. Ek het so met die lokums en in motelle bly die frustrasie reeds beleef van internet wat nie altyd werk nie. Ek vermoed my kamera gaan baie werk kry. Dan sal ek darem ietsie kan opplak. Dit is natuurlik maklik om “data” weer te gee, byvoorbeeld afstand gestap en plekke gesien. Die idee om meer persoonlike goed te skryf moet ek nog mee vrede maak. Miskien raak my tong los na die einde toe.

      Ek sukkel so ‘n bietjie met kniegge – hulle lyk my is die swak plekke. Vandag les opgesê na 9 km se bulte stap. Seer linker kuit ook. Oor 2 weke moet ek die Pirenees uitstap. Sal dit maar rustig vat.

      Daar is ‘n interessante noodhulpboekie spesiaal geskryf vir die Camino. Ek het dit nogal geniet om dit te lees. Sal probeer om dit op my blog te plaas as ek kan agterkom hoe om ‘n pdf boek op te laai.

  2. berwick het gesê op April 7, 2014

    Soos Neil Armstrong in die ruimte.

  3. tantekoba het gesê op April 7, 2014

    opwindende tye wat jy beleef. Jy gaan die staptog baie geniet

  4. Wat weeg die hele pak, nat met water en drinkwater gepak?

    🙂

    • gidivet het gesê op April 8, 2014

      Ongeveer 10 kg met 1 liter water in die sakkie. Ek sal nie die finale gewig weet tot op die laaste dag nie want ek hou die weer dop, mag sekere goed los as dit bietjie warmer word. Ek oefen met 10 kg en dit voel heel goed. Die pak is gemaklik.

  5. tina10 het gesê op April 7, 2014

    Dit klink of jou kop reg is. Sterkte vir die laaste 3 weke

  6. perdebytjie het gesê op April 7, 2014

    Gelukkig kan jy jou in stilte geestelik voorberei vir die staptog.Wanneer begin dit?

  7. Dit is nou tyd dat jy begin stap.Ek sien uit daarna. Het die skrywes, van Bileam se donkie oor die roete, baie geniet. Jammer hy wil nie maar weer hier begin nie. Daar is so baie wat ek geniet het, wat net weg is.

    • gidivet het gesê op April 8, 2014

      Dag Danie. Daar is maar ook net sóveel wat ‘n blogger kan skryf voor die stories opraak. Die nuwe formaat het seker bygedra om party mense te laat handoek ingooi. Baie van die ou Litnetters is darem op Facebook waar mens nog verder kan kuier.

      Ja dit is nou tyd om te begin stap. Nie meer lank nie. Op 23 April vlieg ek.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.