Profile photo of gidivet

by

Voetstappe

Maart 7, 2014 in Uncategorized

Sy voetstappe weerklink hol in die leë gang af. Die reuk van muwwe papier draal in die lug.

 

Hy klop aan by sy ou kantoor. Geen antwoord. ‘n Ligte drukkie teen die deur en dit kraak oop. Spinnerakke maak interessante patroontjies in die hoeke, dowwe lig val deur die stowwerige ruite tot op die lessenaar.

Die dagboek lê oop by 4 September 2013. Genugtig! So lank gelede. Dit voel soos nou die dag dat hy hier uitgestap het. Sommer blindelings die nag in.

 

Eish, dit lyk my die skoonmakers het ook ander weivelde gaan soek.

 

En tog, iewers in die gebou is ‘n dowwe geruis. Dalk is die ander in die kantien. Hy stap verder in die gang af, en jou wrintiewaar, daar’s ‘n skrefie lig onder die deur en hy ruik koffie…

 

-o0o-

Jip, dis ekke. Die hare is bietjie minder, maar dis nog dieselfde ekke. Of dalk is daar ‘n subtiele verandering:

Ek het my praktyk hierdie week verkoop.

Ek het een van daardie verjaarsdae met die nulle gehad.

En ek maak reg om die Camino de Santiago te gaan stap.

Ek wonder of iemand ‘n ietsie daaroor wil hoor.

 

24 antwoorde op Voetstappe

  1. @gidivet. sal graag wil saamstap. sien daarna uit . ( sou wou hoor of die praktykverkopery met iets anders opgevolg gaan word ? )

  2. perdebytjie het gesê op Maart 9, 2014

    Sal graag die stap wil meemaak…skryf net wat in jou kop opkom,die atmosfeer,jou emosies,gewaarwordinge,die mense saam met jou.Ons wag in spanning.

  3. Hallo! Baie bly jy’s hier – al sou ek natuurlik liefs in Afrikaans oor die Camino de Santiago wou gelees het, weet ek jy sal dit boeiend vertel.

    • gidivet het gesê op Maart 7, 2014

      @frandr

      Hallo! Lekker om hier te wees. ‘n Mens weet nooit. Miskien werk party gedagtes beter in Afrikaans. Ek het nog nooit so ver geloop nie en weet nie wat in my kop gaan verskuif nie. Ek hoop daar sal ‘n hele paar mense virtueel saamstap.

  4. tina10 het gesê op Maart 7, 2014

    Aha hoe lekker is dit om jou te sien!

    Natuurlik wil ons alles less/sien van die staptog.
    Het jy nou amptelik afgetree? Kom julle terug? Ek moet sê dis vir my ongelooflik lekker om afgetree te wees.

    • gidivet het gesê op Maart 7, 2014

      @tina10

      Ook lekker om jou te sien. Nee man, ek is nou eers by die halfpadmerk, daar’s nie sprake van aftree nie. Ek werk nog steeds as ‘n lokum tot tyd en wyl ek die stappie kan stap. Hopelik is daar meer duidelikheid oor die toekoms vanaf Junie.

      Ek het die volgende probleem/uitdaging: Daar is heelwat Engelssprekendes wat my storie ook wil lees. Ek beplan dus om my blog in Engels te doen, en dan elke keer die skakel hier op Litnet te plaas. Hopelik werk dit vir die meerderheid – dié wat nie ‘n WordPress blog het nie kan hier kommentaar lewer. Wat dink jy?

      • tantekoba het gesê op Maart 9, 2014

        @gidivet
        dit maak net sin dat jy dit in Engels sal doen. ek het op FB kontak met ‘n Kanadees en gedurig kry ek pvt boodskappe wat hy meer wil weet van my foto’s. maar net te wille van hom gaan ek nou nie Engles op FB nie!! Hy sien seker ook nie noodwendig alles wat ek plaas nie

  5. Geluk! Net verlede week ‘n film daaroor gekyk, dink die naam is The Way en nogal gedink dit behoort ‘n ondervinding te wees. Skryf asseblief baie.

  6. tantekoba het gesê op Maart 7, 2014

    😀
    Min mense in die kantien. ek is ook die afgelope tyd herdoop na Koba omdat my boekie vol was. (dit was my ma se dreigement as ons sondes te veel geraak het en die pakslae was op hande. 😛 ) Roosdoring
    Baie geluk met die verjaarsdag (My NUL verjaarsdag is 2 maande weg) en die besigheidstransaksie en voorspoed vir die stap!

  7. Godiva het gesê op Maart 7, 2014

    Geluk met jou verjaardag. Voorspoed vir die pelgrimstog.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.