Profile photo of gidivet

by

Lente? Haikona!

Maart 23, 2013 in Uncategorized

Ja hier is dit amptelike lente van 21 Maart af. Maar ons bibber!

In die noorde lyk dit so:

Voertuie onder sneeu begrawe

 

Ons verlang al vir die sonskyn!

 

13 antwoorde op Lente? Haikona!

  1. Berwick het gesê op Maart 24, 2013

    Elders mooi weer en warm.

  2. kry aanmekaar foto’s vanaf vriende wat ons daar bo agtergelaat het van die spiere wit landskappe!
    Ek het die bietjie wat ons beleef het geweldig geniet – kan glo as dit so aanhou ELKE jaar is dit nie meer so plesierig.

    • gidivet het gesê op Maart 24, 2013

      Ek stem. Mooi om na te kyk, maar nie pret as jy by die werk moet kom nie. Nou die aand het dit skielik begin sneeu en in plaas van 25 minute kos dit my toe 2.5 ure om die 8 myl tot by die huis te ry van die werk af. Die wind het die los sneeu op die pad gewaai en ‘n ongeluk het die pad geblokkeer.

  3. Dis wat hulle “aardverwarming”noem!Byt vas daar aan die ys.

  4. tina10 het gesê op Maart 24, 2013

    Vasbyt!… Hier in die Noorde van SA is die weer heerlik. Koel aande en middel 20’s bedags Kan nie vir beter vra nie

  5. die son sal weer skyn . hier by ons beleef ons ‘n warmrige herfs. ek hoop van harte die noordelike sneeu sal die jaar oorwaai hier na die Ooskaapse Berge tot by Lady Grey. . .!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.