Profile photo of gidivet

by

Aantree!

Januarie 13, 2013 in Uncategorized

Ek het doelbewus die nabetragting oor 2012 gesystap. Daar was nie tyd vir nostalgie en sielswroeging nie. Terwyl (sommige / die meeste?) Suiderlinge in die son gel^e het is hier gewoeker. My nuwe assistent is terug Spanje toe vir Kersfees en hier moes die fort gehou word. Gelukkig darem Kersdag en 2de Kersdag tyd gespandeer saam met die gesin.

Hier rondom Kersfees is dinge nie altyd maklik in ons beroep nie. Eerstens vat ander mense vakansie en ons moet werk. Jy s^e ek kla met die brood onder die arm en jy’s reg. Ander mense moet ook werk. Winkels is ongelooflik (ongoddelik?) besig. Nooddienste word oorweldig. En tog. Ek wens partykeer ons kan die tydperk tussen 15 Desember en 15 Januarie uitsny en voortgaan asof dit nie bestaan nie.

Vir troeteldiere is die feesseisoen gereeld onprettig. Vreemde mense kom werp die roetine omver. Vreemde diere kom versteur die status quo. Ongewone voorwerpe, insluitende kersversierings en snaakse kossoorte. Humeure vlam op. Mage werk. En dan is daar “The Christmas Clearout.” Ek wil nou nie in detail hierop ingaan nie. Net om te s^e dat dit ‘n hartseer tyd is vir ons wat dit moet hanteer.

Gelukkig is ons darem nou anderkant uit. En is daar ‘n skoon bladsy om weer te begin.

En nee, vanjaar kry jy ook g’n niks geen nuwejaarsvoornemens uit my uit nie.

Niks.

Nada!

17 antwoorde op Aantree!

  1. So al wat ek wil se, is : Ek het die grootste bewondering vir julle veeartse wat regtig omgee en ek kan net dink hoe pynlik dit moet wees wanneer julle mense teekom wat nie ‘n flenter vir hulle diere omgee nie!

  2. Gidi, ek het die grootste bewondering vir ons veearts hier op Graaff-Reinet. Toe ons ons dierbare ou Boerboel Diesel moes laat uitsit omdat die kankerbehandeling en operasies nie meer gehelp het nie, het hy saam met my gehuil. Na die tyd vra hy toe om verskoning – hy kan nie help nie, hy huil saam met elke mens wat ‘n troeteldier by hom kom laat uitsit. Dit bly vir hom ‘n traumatiese ondervinding. Is dit nie ‘n wonderlike veearts om te he nie!

  3. tina10 het gesê op Januarie 27, 2013

    h8u3 … SUUUUUUGGGGGGGG
    Dis nog maar steeds hier

  4. Ek maak liewer elke dag een klein voorneminkie 😉
    Doen voort met jou goeie werk, ek dink dis een van die edelste beroepe….

  5. Vir 7 jaar het ek spoorlyn onderhoudskontrakte gehanteer, en moes gereeld noodwerk uitvoer op Kersdag. Dit was nie lekker nie. Strekte vir die res van die jaar,

  6. Voorspoed vir 2013 vir jou en jou gesin .
    My een kind het gekla omdat hy nuwejaarsdag moes werk, toe herinner ek hom dat hy dankbaar moes wees hy het ‘n werk. Maar ja ek verstaan, dit is meestal gevalle wat mense oor hulleself en hulle diere bring wat hierdie dae en tye besig maak

  7. tina10 het gesê op Januarie 14, 2013

    Ek kan glo dis ‘n moeilike tyd vir veeartse.
    Hoop jy het die allermooiste jaar.

  8. @gidivet ; Mag jou jaar geluk, gesondheid en voorspoed bring in alle fasette van jou menswees. Die kersgety word wereldwyd toenemend deur die geldgod gekommersialiseer , vandaar die gruwelike hartseer ~ mag die Verjaarsdagkind dan ook in julle lewens Die Koning, en in alle voornemens, sigbaar bly.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.