Profile photo of gidivet

by

Ibuprofen en honde

Oktober 26, 2012 in Uncategorized

Net ‘n vinnige inskrywing oor Ibuprofen. Ek gryp net gou die megafoon, indien dit dalk ‘n hond of kat iewers kan help.

Indien jou dier in pyn is wil ‘n mens natuurlik help. En ek weet die meeste mense het dalk al hierdie ene gehoor. Maar mens moet die boodskap uitkry, net ingeval dit jou, of dalk ‘n vriend van jou, ontglip het:

Moet asseblief nie menslike pynstillers vir diere gee nie sonder professionele advies van jou veearts nie. Daar is baie beter en veiliger middels wat spesifiek vir diere geregistreer is.

Gaan lees hier oor die 10 mees algemene navrae by die Britse Veterinary Poisons Information Service:

http://www.vpisuk.co.uk/portal/CommonPoisons/tabid/119/Default.aspx

1) NSAIDS (non-steroidal, anti-inflammatory, analgesic drug)

These most commonly include ibuprofen, diclofenac and carprofen. NSAIDS are commonly available in the UK as an “over-the counter” medication used for pain management. Ibuprofen is particularly poisonous to dogs and can cause vomiting, diarrhoea, gastric ulceration and kidney failure. Approximately 11,502 VPIS enquiries to date*.

Daar is ‘n hele paar ander interessante, maar ook dodelike goed wat ‘n mens nie vir ‘n dier moet gee nie.

Ek neem aan die meeste van ons weet om nie sjokolade vir ‘n hond te gee nie, maar weet jy dat lelies jou kat kan doodmaak, of rosyntjies jou hond?

Hier sit ek nou weer die megafoon neer, dis tyd om by die werk uit te kom.

Groete

13 antwoorde op Ibuprofen en honde

  1. na my 33 jare op Onderstepoort as hoofhoenerhoer en die selfde tyd saam met Izak op medschool as pos-mort dummy , skryf ek WITBLITS vir alle pyne, skete, gebrekke en sielsversteurings voor

  2. Dankie Gidi, my boerboelteef het ‘hip dysplasia’ en dit nogal kan nogal pynlik raak as sy te veel rondhol saam met haar pel Tippie. Ek sal onthou! Het gelukkig nog nie probeer om dit vir haar te gee nie!!! ‘n Disprin?

  3. hier in sentraal RSA word ibuprofen aan honde met groot gewrigs artritis geresepteer , dalk is die formulering van die middels se drasubstanse in die pille anders as in die brufenagtige samestellings vir mense ?

    • gidivet het gesê op Oktober 26, 2012

      Die klem lê op “resepteer”, wat impliseer ‘n veearts of ander kundige doen dit. Daar is baie spesies-spesifieke gelisensëerde middels wat ‘n baie groter veiligheidsgrens het. Dit was in al die jare vir my nog nooit nodig om ibuprofen te gebruik weens gebrek aan ‘n veiliger middel nie. Selfs nie in RSA nie.
      Die eerste groot misrekening wat ‘n eienaar mag doen is om die relatiewe verskil te verontagsaam tussen ‘n mens van byvoorbeeld 70 kg en ‘n hond van 7 kg. Dan is daar tussen-spesies verskille in hoe middels geabsorbeer en verwerk word. ‘n Goeie voorbeeld is Paracetamol, wat as relatief veilig in mense beskou word. In katte is dit baie toksies selfs in klein dosisse. Katte ontbreek die ensiem glucuronyl transferase om paracetamol af te breek, en ontwikkel methemoglobinemie. (my Afr spelling is verroes).

  4. Thanx Gidi sal ‘n mental nota daarvan maak

  5. Mens is nooit te oud om te leer… ek het nie geweet van die rosyntjies nie – nie dat ek dit ooit oorweeg het nie
    Dankie

  6. Nog nooit daaraan gedink om lelies vir my kat of rosyntjies vir my hond te voer nie.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.