Profile photo of gidivet

by

Hoe ek my blog-opskrif gemaak het.

Oktober 24, 2012 in Uncategorized

Party van ons is al ‘n ruk op WordPress en vir diesulkes sal hierdie ou nuus wees. Vir die ander van ons agterosse wat nou eers hier insleep mag dit dalk help om bietjie raad uit te ruil. Ek het byvoorbeeld ‘n maklike manier gekry om my opskrif foto (“custom header”) op te laai. ‘n Mens gaan na jou paneelbord / Appearance / opskrif. Dan “choose an image from your computer” / browse / oplaai.

Vir baie is dit genoeg. Jy kies jou foto, en die webwerf sal jou help om die foto daar reg te sny (crop) tot hy pas.

In my geval was dit makliker om eers die foto te sny dat hy presies die regte vorm is voor hy opgelaai word.

In Picasa, kies ‘n foto, daarvandaan onder die “spannertjie” kies “crop photo”, dan “add custom aspect ratio”. In die blokkies sit jy 1250 en 133, en gee die nuwe raampie ‘n naampie. Myne heet “WordPress Header”.

Nou is dit baie maklik om die foto net reg te sny en dan op te laai.

Ek hoop dit help iemand.

Groetnis.

2 antwoorde op Hoe ek my blog-opskrif gemaak het.

  1. Latino het gesê op Oktober 25, 2012

    Baie dankie, ek gaan dit probeer, sodra ek bietjie selfvertroue het en tog net eers kan blog.

  2. Dankie… die administrateur antwoord al weer nie mens se vrae nie

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.