Profile photo of gidivet

by

Is hier marsmannetjies?

Oktober 20, 2012 in Uncategorized

Hier geland en dit voel bietjie soos Mars. Ek moet sê, ek’s nogal opgewonde om hier te wees. Ek sien ‘n paar ander ruimtereisigers se skippies staan ook hier rond geparkeer. Lyk my ons het heelhuids aangekom. Was juis nou buite gewees, en jy kan jou wrintiewaar asemhaal in hierdie atmosfeer.

En Afrikaans praat. Julle ander kan maar buite kom speel.

image

image

10 antwoorde op Is hier marsmannetjies?

  1. Ai, ek begin effens tuis voel wanneer ek die ou vriende hier raakloop, en ek kan selfs al asemhaal, maar wanneer ek na julle mooi prentjies kyk, weet ek, ek het nie ‘n IDEE hoe om dit op my blog te sit nie. Ek kan selfs nie eens foto’s laai nie, want WAAR sien mens hoe en waar om dit te laai? Gidi, ek is verdwaal!

    • gidivet het gesê op Oktober 24, 2012

      Hallo Joanna! Dis sooooo lekker om jou hier te sien. WordPress is aanvanklik ‘n bietjie oorweldigend maar uiteindelik baie meer bruikbaar. Vir agtergrond en opskrif soek die Paneelbord. Kyk bo-aan jou blog, waar die dun swart lyn is met die wit skrif. Van links na regs is “W” (vir WordPress), dan “My webwerwe”, dan “Blognaam”. Kliek op jou blognaam en kies “Paneelbord”. Dan kry jy die swart lintjie links af aan die kant. “Sweef” oor die woorde tot jy by “Appearance” kom. Daar onderaan is “Opskrif” en “Agtergrond”. Dis al wat ek sover uitgerig het. Leer ook nog teen ‘n stink spoed.

      • gidivet het gesê op Oktober 24, 2012

        Indien jy ‘n foto in ‘n nuwe bloginskrywing wil plaas is dit baie soortgelyk aan die ou litnet manier. Jy kliek op “+ Nuut”, dan net onder “Tik titel hier in” sien jy “Upload/Insert”. Vandaar af laai jy die foto direk van jou rekenaar af.

  2. ek spook nog effe om kop bo water te hou, maar glo ek sal kan swem voordat ek verdrink (dink ek het dit op iemand anders se blog ook gesê)
    ek kuier op die oomblik by oudste in Londen – weer maar goor

  3. ezile het gesê op Oktober 22, 2012

    Dagsê, my is ook hier. Voel vreeslik verlore, asof trek by die huis nie genoeg is nie, want al my maatjies is weg. Maar dit gaan goed, hoop met jou ook! 🙂

    • gidivet het gesê op Oktober 22, 2012

      Nee wat, dis lekker hier, alles werk, en weldra kom ‘n mens agter waar om jou goedjies uit te pak. Ek kry my vrinne so een na die ander weer, dan loer ek sommer wie hulle vrinne is net om seker te maak ek het almal. So tussendeur is daar ook ‘n paar wat hulle name verander het, maar hulle word ook uitgevind.
      Dis pret.

  4. Hallo meneer Ja dis al te lekker om almal te sien en mense kom sommer gou reg. … en daar is interessante verassings op die lys …

  5. gidivet het gesê op Oktober 20, 2012

    Hallo Woef-Woef. Dis lekker om te weet alles werk goed hier, ons moet dit net leer ken.

  6. Jip, hoop ons kan gou-gou die ruimte verken sodat dinge minder vreed voel!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.