by

Perspektief

Maart 3, 2010 in Sonder kategorie

Deel I – Woensdagoggend

Ek moes gister na ‘n tien uur werksdag jaag na die naaste depot omdat die koerier wat ons die oggend al bestel het nooit opgedaag het nie. Baie belangrike pakkie. Moet vanoggend teen nege-uur by sy bestemming wees. Dis nou Penrith in Cumbria. So ek ry ‘n uur tot by TNT se depot en weer ‘n uur terug tot by die huis om…….twee botteljies papagaaimis te stuur!

Deel II – Woensdagaand

Ja amper het die spreekwoordelike die waaier getref. Maar wonder bo wonder, toe ek vanoggend die laboratorium bel om verskoning te maak dat die pakkie dalk laat mag wees, toe het hulle hom pas ontvang. En om dit alles te kroon was die resultaat negatief so ons geveerde vriende kan saam met hulle eienaar reis na Europa.

Naskrif

Nooit in my wildste drome het ek gedink dat ek so sou “tjol” aanjaag op ‘n blog nie.

17 antwoorde op Perspektief

  1. gidivet het gesê op Maart 6, 2010

    Ook weer waar.

  2. shlwanjan het gesê op Maart 6, 2010

    So, soms is negatief goed {-;

  3. gidivet het gesê op Maart 6, 2010

    Vir seker – sien jou netnou.

  4. gidivet het gesê op Maart 5, 2010

    Terloops gisteraand het ek besluit bogger die verkoue en saam met ‘n pel ‘n bier en “bread and butter pudding” met baie vla gaan eet.

  5. gidivet het gesê op Maart 5, 2010

    Ja spaces is ‘n bietjie deur die mis op die oomblik – “Why use 1 mouse click if 5 will do the job just as well and confuse everybody.” Daar is darem een troos oor die papagaaimis – dis PCR negatief vir Chlamydophila. So as die blikkies dalk omgeruil is in die pos is jy ok.

  6. gidivet het gesê op Maart 3, 2010

    All in a day’s work.
    Weet jy DK, al is ek nou ook vanaand lus vir bier moet ek verby hou, want ek’t bietjie “man flu” opgetel vandag. Sal maar uitstel tot volgende week.

  7. gidivet het gesê op Maart 3, 2010

    Jy ook Berwick.

  8. gidivet het gesê op Maart 3, 2010

    Ja ek jaag k.. aan. Goeienaand. Alles goed?

  9. DroomKind het gesê op Maart 3, 2010

    Nou’t ek (amper) alles gehoor!
    Is Woensdag nie ook Pub quizz aand daar op die eiland nie? So vir saam met die ale 🙂

  10. Berwick het gesê op Maart 3, 2010

    Goed gaan, Gidivet.

  11. gidivet het gesê op Maart 3, 2010

    Oeps ek moet tjaila, anders laat vir werk. Sien julle later.

  12. gidivet het gesê op Maart 3, 2010

    Ek soek ‘n bier vanaand. (Real ale of course)

  13. gidivet het gesê op Maart 3, 2010

    As die mis nie die lab haal teen ‘n sekere tyd vanoggend nie moet ons ‘n week wag.

  14. gidivet het gesê op Maart 3, 2010

    Ja, moet ontleed word vir Psittakose sodat die voëls na Spanje uitgevoer kan word.
    Eienaar het bietjie laat wakker geskrik.

  15. zephur het gesê op Maart 3, 2010

    Dis kort Saterdag…hoop jou dag is rustiger vandag

  16. maryke-anne het gesê op Maart 3, 2010

    Slaat my om met ‘n papegaaiveer. Waarvoor al die haas oor twee bolletjies papegaaimis?

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.