by

Koffie (vir kammakazi)

November 17, 2008 in Sonder kategorie

Kazi het vanaand so pragtig geskryf oor koffie, toe onthou ek weer dié insidentjie.

Ek’t ‘n uitbundige vriend uit die Marico distrik, ‘n oggendmens. So ‘n (hele) klompie jare gelede doen ek ‘n locum op Rustenburg, en my werkgewer laat ons in ‘n pel van hom wat met vakansie is se huis bly. My ou groot vriend laat weet hy kom kuier sommer vroeg een oggend, ons moet die koffie reghou. Ja koffie op sy plaas is ‘n ritueel. Dit word nog steeds vars gemaal en dan in ‘n sak in die koffieketel getrek.

Ewentwel, die afgesproke oggend breek aan en so effens laat is daar ‘n huiwerende kloppie aan die voordeur. Vriend staan by die deur, in ‘n ietwat ingetoë bui. Word ingenooi en sitgemaak met boeretroos, toe kom die storie uit: Hy’t toe douvoordag die pad gevat en by die huis opgedaag waar hy dog ek bly. Baie baldadig sommer aan die kamervenster geklop met ‘n “Giet-jôn, KÔÔFFIE!”

Oeps, verkeerde huis, bed**rde eienaar wat sy kop half deur die war by die venster uitsteek…

Nou herinner ek my weer aan die spreuk:  “Wie vroeg in die môre sy naaste met ‘n harde stem ‘n seën toeroep, dit sal hom as ‘n vloek aangereken word.” (Spr 27:14)

Hoe sal ons naguile nou ooit so ‘n man se hart verstaan?

14 antwoorde op Koffie (vir kammakazi)

  1. gidivet het gesê op November 23, 2008

    A S.Kamer, jy’s welkom.

  2. Dankie vir die inloer daar by my.

    Ja, daardie buffel was amper ‘n vlamgat, soos hulle in die Lugmag sou se…

  3. gidivet het gesê op November 20, 2008

    Ja Ezile, ek drink heeldag tee, maar wanneer ek ontspan met vriende is dit koffie, vir die okkasie.

  4. gidivet het gesê op November 20, 2008

    Joanna, baie welkom hier. Ek is al hier van 1990 af.

  5. ezile het gesê op November 20, 2008

    Ek lag nou nog. Baie gepaste teksvers ook – sê sy terwyl sy ‘n heerlike koppie koffie opslurp.

  6. Ai, dit was nou ‘n lekkerlees! Met ‘n lekker koppie koffie kan jy my ok in ‘n wip vang.

    Is jy al lank in die groot B? Dankie dat jy op my blog kom kuier het, nou’t ek jou ook ontdek.

  7. gidivet het gesê op November 20, 2008

    The who – thanks for parking your vellies on my blog!

  8. gidivet het gesê op November 19, 2008

    lowercase v – >^..^< Hallo

  9. gidivet het gesê op November 18, 2008

    Bietjie besig vandag. Kan ek sommer dankie sê vir almal wat inloer en kommentaar lewer. Dit word waardeer.

  10. Ceara het gesê op November 17, 2008

    LOL! Inderdaad, hoe sal ons? 🙂

  11. Dis waarvan “sweet memories” geweef is.

  12. Ant Sussa kom later al jou goedjies lees, sy is bietjie agter met die dat sy so besig is.

  13. Lag ek nou lekker …

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.