Profile photo of vega

by

Handsakstories.

January 7, 2014 in Sonder kategorie

In 1990 rond het ek skoolgehou by Setumo High School in ‘n village buite Mmabatho. Wanneer mens skoolhou is ‘n handsak eintlik oorbodig, want mens dra ‘n sak vol skoolhougoed en ‘n handsak is te klein. Ek het my beursie en tissues in my skoolsak gedra. Ek dink nie ek het ‘n handsak besit nie. Ek was nie ‘n handsak mens nie. Selfone was nog nie in algemene gebruik nie. Wanneer ek winkels toe gegaan het, het ek my beursie en sleutels in my hand gedra. In elk geval wanneer mens klein kinders het, dra jy ook altyd ‘n doekesak saam, waarom dan nog ‘n handsak ook dra, want mens het eintlik jou hande nodig met kleintjies.

Die dag toe ek moes afskeid neem by die skool, waar ek die enigste wit persoon was, het al die personeel geld ingesamel en vir my ‘n swart Pierre Cardin leerhandsak gekoop. Die jong swart modebewuste onderwyseresse wat altyd saam met my dorp toe gery het op Vrydae het seker opgemerk dat ek nie ‘n handsak het nie. Dit was die mees spesiale afskeidsgeskenk wat ek ooit ontvang het. Daardie eerste handsak het ek seker vir 10 jaar of langer gebruik.

Ek het eers bewus geword van ‘n handsak as ‘n mode item toe my dogters begin handsakke dra.

Godiva onthul die inhoud van haar handsak en daag ons uit om dit ook te doen. http://blogs.litnet.co.za/ladygodiva/2014/01/06/hierdie-pos-is-spesiaal-vir-perdebytjie/

Myne is embarassing. Toe ek my handsak omdop toe lyk dit so.

DSC_0399

 

Nadat ek die rubbish weggegooi het toe lyk dit beter.

DSC_0402

 

Wat kan ek sê? Ek’s mal oor penne. Swart penne wat lekker skryf. Hulle vind altyd hulle weg na my handsak. My Kindle gaan oral saam. Rooi notaboek/dagboekie, oogdruppels ens. Wanneer ons reis gaan daar nog ‘n flitsie, handeroom, bottel water en ‘n opvousambreeltjie in. EN dan kom Wyseman se wallet en selfoon ook in my groot swart handsak. Die teaterkaartjies is net toevallig daar, want ons gaan my Pa na die Viennese New Year’s Concert by die Linder neem oor ‘n paar weke.

Maar die handsak het ‘n storie. Superster se Kanadese vriendinnetjie wat sy op ‘n Europa toer ontmoet het, het vir haar troue SA toe gekom. Toe sy moes teruggaan het sy te veel bagasie gehad, toe los sy haar handsak vir my. Die kind het in ons huis kom bly en nie geweet hoe om my aan te spreek nie, toe noem sy my ‘Mom’. Sy’t regtig ‘n wonderlike borrelende persoonlikheid en het in die 10 dae wat sy hier gekuier het, lewenslange vriende gemaak. Ek dra baie blou en denim, so die handsak is vir my baie spesiaal.

Ons was mos verlede Kersfees Europa en Praag toe. In een van die winkels daar het ek die mooiste Oilily handsak gesien, maar dit was SO duur.

http://oililyshop.com/en

Ek het drie dae geloop en wonder of ek dit moet koop. Die laaste dag besluit ek toe; nou of nooit, ek gaan hom koop. Toe ek by die winkel kom, was dit toe. Al die winkels in Europa is mos nie Sondae oop nie 🙁  Terug in SA koop ‘n vriendin toe vir my ‘n ‘lookalike- wannabe’ ene. Die ene is regtig nie vir my mooi nie en ek het dit nog nooit gebruik nie. Die grys handvatsels pas nie by die res van die kleure nie en dit pla my verskriklik.  Ai!

DSC_0401

 

Ek’s regtig nie eintlik ‘n handsak mens nie. ‘n Handsak met knippe en gespes wat moet oopgemaak word, sal my net irriteer. Ek dra my handsak met die zip oop, sodat ek net my hand kan indruk en my selfoon of beursie of sleutels kan uithaal.

Wanneer ek net gou winkel toe gaan, neem ek nie ‘n handsak nie. Dan dra ek my beursie, selfoon en sleutels; dis al wat mens eintlik nodig het.         Dan check ek; 3 goed; selfoon tick-beursie tick-sleutels tick.

Groot sug. Ek’s OK.

 

17 responses to Handsakstories.

  1. Ek gaan ook nou maar my handsak skoonmaak. Dit is ook maar bietjie van ‘n nes. Daar is selfs so grênd lipstif houer met lipstiffie in wat ek seker 5 jaar laas gebruik het. Ja dis tyd……….

  2. Dankie Vega, ek het nou so lekker gelees aan die pos.

    Daardie afskeidsgeskenk handsak was beslis spesiaal, en ek hou van die sentiment aan die Kanadese handsak ook.

    Die Oilily/oilcloth sakke is lekker ja. Hier waar dit permanent amper reen in die winter is dit ‘n goeie handsak om te hê want anders as leer of kunsleer doen dit nie skade op nie en bly waterdig.

    Ek sien jy het ook altyd handeroom byderhand 🙂

    • @ladygodiva daai is Elizabeth Arden 8-hour cream, dit is wonderlik vir enige velprobleem. My vel en oë is sensitief. Meestal is daar lekkerruik handeroom in my handsak sommer van Clicks of so (soms van Body Shop se lekker room as iemand vir my persent gegee het) .

      • Ek is net so lief vir die Body Shop se ware, my badkamer kas staan vol daarvan want hier kry ons lekker afslag, tot en met 70% so waneer daar sulke winskopies is koop ek sommer 3-4 van al die items wat ek daagliks gebruik soos die stortgel,sjamppo & cond en natuurlik hul body butters en handrome.

        My vel is net so sensitief en dit is natuurlik ook baie belangrik vir my waar alle produkte wat ek gebruik vandaan kom, en wat die bestandele daarin is, so amper alles in my badkamer is van hulle af.

  3. Ek hou van hierdie handsakstories.Ek wonder regtig of dit iets van mens se persoonlikheid vertel.Ek werk nog aan my storie.

    • @perdebytjie ek het nou die dag gewonder daaroor, want my 3 dogters is baie op bykomstighede gefokus, handsakke, skoene, serpe en juwele. Ek glad nie, maak nie eers my hare fensie nie, want ek is net nie gepla nie, baie prakties, maar tog vroulik.

    • @perdebytjie ja ek dink tog dit vertel ‘n bietjie van ‘n mens skat ek.
      As ek iets sou skryf sou ek graag wou weet wat jy van my leer
      🙂

  4. Lekker handsak storie

  5. Julle skryf so lekkerlees oor die inhoud van daardie heiligdom van elke vrou, dat daar eintlik ´n bundel daaroor uitgegee kan word.

  6. My een vriendin het baie jare lank in Frankryk gewoon. Die meeste vroue toe het minder klere maar baie goeie klere en dieselfde geld vir handsakke. Dis hoekom bv Hermes handsakke so gesog is – ek verkies ook een baie goeie handsak en dan hoef ek nie so aanmekaar oor te pak nie. Dis ‘n nagmerrie vir my.

  7. My handsak lyk ook min of meer soos joune ( voor die weggooi) Ek is ook glad nie ‘n handsak mens nie. Ek het selfs een keer my handsak in die Wimpy op Viliiers vergeet. Hardloop die kelnertjie gelukkig kar toe met die ding!

  8. Toe ek April 2012 in my Meenthuis intrek was my asem weggeslaan deur al die kaste wat ek het. My klere kan ek nou uitsprei ek het. My klere hang nou elk op hulle eie. Somer Klere, Winter Klere, Truie en Broeke en dan rakke vir al die opvou goed. En bo al die hang en pak plek is daar plek vir al my handsakke.

    Elkeen het ‘n storie. Ek is nie altyd modieus nie (omdat ek aan die ronderigheid is) maar ‘n handsak kan ek nie weerstaan nie. 90% is van leer en die res is iets anders of net mooi.

    ‘n Handsak is soos ‘n nuwe vriendin. Sodra jy haar gewoond geraak het kan jy nie sommer jou lewe sonder haar voorstel nie.

  9. Ek sie daar so ‘n ding vir 114 Euro – was 228!

    Eina bliksem!

    Kry liewer ‘n olifant oor en maak ‘n sak….

Leave a reply

Your email address will not be published.