Thailand – 4 Mense

Langs die kanaal waarop ons gevaar het was daar ‘n hele paar luukse huise, in teenstelling met die armer vervalle deel: http://rondomtaliedraai.wordpress.com/2012/06/06/bangkok-3-kanaalvaart/

‘n Besoek aan Bangkok is sekerlik nie volmaak sonder ‘n besoek aan die Floating markets nie. Teen die tyd wat ons die mark besoek het was ek al meer gewoond aan die vreemde vrugte, kossoorte en eindelose stalletjies wat van alles en nog wat verkoop.

Hierdie mark is van 7 uur soggens tot laataand oop. Die eienaars sit plat in hulle bote gevul met hulle ware. Ek het gewonder oor die mense wat so eenvoudig leef. In die armoedige huisies langs die rivier/kanaal sit hulle plat op die grond met die knieë opgetrek… seker omdat die spasies maar klein is. Hier sien mens min jong mense en die bootverkopers of booteienaars is meer ouer vroue en ‘n paar mans.

Vir ‘n klein fooi sal die vrou mense op die kanaal vervoer.

Selfs kos word op die bote voorberei en verkoop.


 
Mens sien baie min mense lees in Bangkok. Koerante in die hotel maar ek het een boekwinkel gesien wat kookboeke verkoop het.

 

Die jong man gebruik ‘n interessante fluitjie om sy ware te verkoop.

 

Ok, ok nie al die inwoners is maer en mooi nie!

Interessante mense die. (Ek wonder wanneer hulle tyd kry om te gaan piepie)


25 thoughts on “Thailand – 4 Mense

  1. Sjoe dit lyk maar erg beknop en dit nog op die water ook. Weet darem nie of dit so lekker is nie. Verkoop hul darem van hul goed?

  2. nee ek het dit eers na die tyd gesien. Dis netjies gedoen. Het met ‘n monk gesels by ‘n tempel die dit het my opgeval…

  3. Ek het baie daaroor gedink … soms moet hulle niks verkoop nie. Soggens kry jy meer afslag veral as jy die eerste klant is.

  4. sies dis moontlik … hulle doen alles in die water was skottelgoed wasgoed en alles… tog leef die visse daar daarom moet daar iets wees wat hulle aan die lewe kan hou?

  5. Jou skrywe laat my om my kyk en dinge net meer waardeer.
    Ek wil nooit in my lewe soontoe gaan nie!
    Gee my liewer ‘n strand met waiters wat glasies met sambreeltjies in aandra.

  6. In Suid Korea is dit ook altyd ou mens wat in die markte werk. Jy het dus nog verseker iets wat jy nou kan oorweeg om jou besig te hou…..moenie my slaan nie, maar dis tog so.

  7. Nee hoekom sal ek jou nou slaan as jy reg is. Ek sou egter dit ongelooflik vervelig vind, maar ek dink ek is dalk innoverend genoeg om mense te vermaak en dan so meer kliënte te werf. Ek dink ook ek sou my ware baie sorgvuldig kies – wonder tog waar hulle hul aanvangskapitaal gekry het. Dink hulle doen dit as familie.

    Andersinds sal ek my deur ‘n hele hoop boeke kan lees.

  8. O daar is baie strand met waiters en sambreeltjies. Die kos is ook ongelooflik.

    Ek sal ook nie weer gaan nie maar is nie ‘n oomblik spyt ek het gegaan nie. Laat mens weer dankbaar wees oor dit wat mens het.

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.