Thailand – 3 Mark 1

Vir die besoek aan die orgidee-kwekery loer hier: http://rondomtaliedraai.wordpress.com/2012/06/05/bangkok-2-orgidee/

Wanneer ‘n bus met toeriste by is plek stilhou is daar gewoonlik smouse wat hulle ware smous soos ook maar in SA.  By die orgidee plaas was daar ook oulike jong dametjie met ‘n ernstige kamera wat elkeen van die bus af klim afneem, wanneer jy dan weer later in die bus klim is daar ‘n tafeltjie met bordjies/raampies waarop jou gesig pryk wat jy kan koop – vir my is dit ‘n baie vindingryke manier van geldmaak.

By die eerste mark wat ons besoek het het ek wild en wakker foto’s geneem. Ek was baie gefassineerd deur die ‘kuns’ items. Ek hou van die oordadige kleure. Wat ek die meeste gemis het was boekwinkels/stalletjies, maar kunswinkels/stalletjies was deel van elke mark.  Ek het hier ‘n piepklein waterverf skilderytjie gekoop… die kunstenaar het dit daar vir my onderteken en daarom is dit vir my spesiaal.

Ek hou van die Fotografie posters…dit het ‘n atmosfeer wat duidelik is van die land en sy mense.

 

 

 

Ek hou van die eenvoud en die kleur…

 

Van hierdie hou ek minder maar tog is dit heel indrukwekkend

 

33 thoughts on “Thailand – 3 Mark 1

  1. Interessant en kleurvol. Die mense hou darem baie daarvan om goud in alles te gebruik. As ek die orgideë sien, dan lyk my ou paartjies in my tuin soos stink afrikanertjies.

  2. Ja …
    *fluister* ek het vir my ‘n reënboog rok gekoop waarmee ek nooit in die openbaar sal verskyn nie maar lekker vir by die huis sal gebruik.

  3. Die was ‘n kleiner mark en in die begin van die toer… later word dit so algemeen dat dit nie meer spesiaal is nie.

  4. Ja hulle is dol goud en veral in die paleis en die tempels.

    Jy moenie die Afrikaners so minag nie Hulle maak sulke blomkranse van Afrikaners wat hulle inryg en hulle hang dit dan vir Boeddha op. Ek het nogal ‘n keer daaraan geruik maar dit ruik na niks.

  5. Ja daar vas van die mooiste materiale. Ek het vir my tot ‘n Josefsrok gekoop wat ek net by die huis sal dra maar dit lyk soos ‘n reënboog ‘bold and beautiful!’

  6. Ek ook nie. Daar is egter baie raakpunte met dit wat ek glo en as jy glo dat God alles gemaak het, moet jy glo dat God Boeddha ook gemaak het.

  7. Ek sal nog ‘n foto neem … hehehe… jy kan nie dink hoe lui ek is nie Ek het vandag eers ‘n prop vir die iPad gekoop. Dis in teenstelling met aard want ek kan gewoonlik nie wag om te sien nie.

Los ’n antwoord vir HeavyHenry. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.