Insig

Ek het met die onlangse vakansie eerstehands gesien waarom Westerse mans so graag na die Ooste reis en dan daar met ‘n mooi meisie aan die sy gesien word:

 

 

Onderdanigheid!

 

 

Die mensies is fluks, klein en vriendelik, maar ek dink die aantreklikste vir mans moet die onderdanigheid wees.

 

53 thoughts on “Insig

  1. Nie vir my nie dankie. Party vrouens in Suid – Afrika moet nou nog so onderdanig aan hulle mans wees. Eish !

  2. Tina is neulerig, omdat Westerse vroue oor die algemeen, dik, ongeskikte slette is…wat hul VERBEEL hulle is BETER as mans…dit terwyl die Oosterse vroue WEET hulle is beter as mans..dis die enigste verskil…

  3. Ek neem sterk eksepsie oor die slette stelling. Daar is baie slette die wêreld deur. In die Ooste ook.

    Ek het nogal aan jou gedink met my besoek. Jy is reg. Die oosterse vroue is oor die algemeen pragtig en fluks Hulle het almal ons toeriste met die grootste vriendelike en respek behandel – ten spyte van die ‘taalgebrek’. Ek het ook gevind dat hulle baie dankbaar oor die kleinste dingetjie is.Die feit dar hulle as minderwaardig beskou word deur die mans daar is baie jammer.

  4. Gelukkig is my man nie die onderdrukkende tipe nie. Ons is in gelyke venootskap, hoewel ek sy opinie baie respekteer. xx

  5. Hierdie vroue is baie onafhanklik en kom goed op hulle eie reg. Hulle laat egter die besluite aan die mans oor…. ek sou dink dis sal mans ideaal pas

  6. Tina, hier is ‘n oosterse egpaartjie in ons kerk. Hy behandel haar so mooi en help haar altyd met hulle babatjie, dat ek my verkyk aan hulle

    (ek moet nog uitvind van watter land hulle kom)

  7. Ek dink die mans daar besef die vroue se waarde en behandel hulle daarvolgens … die mense het ongelooflik respek vir ander mense, maar ek dink nog oor die diere ding… ek dink hulle skiet daar ver tekort.

  8. Waar was jy dat die vroue kastig so minderwaardig is??
    Kannie dink dat ek al in ‘n Oosterse land was waar vroue as minderwaardig beskou word nie?
    Net omdat hulle nie dik, ongeskik, mislik, vet, kettingrokend, kronies-klaend, kermend en neulend-heulend deur die lewe gaan nie, beteken dit nie hulle is onderskik nie…in teendeel…

  9. Gits kan mens nie met jou ‘n normale gesprek voer nie? Jy kan nie praat sonder om te beledig nie?

    Vroue word verbied om hulle voete op sekere plekke in die tempels en die paleis te sit en dit beteken vir my hulle is minderwaardig.

  10. Ek dink nie die vroue is sieklik onderdanig nie – dis glad nie soos die Midde Ooste waar hulle toegemaak in die straat loop nie.Ek dink hulle benadering tot mans is vir hulle baie aantreklik. Saam met ons was daar ‘n getroude paar waarvan die man sy vrou so afgekraak het en toe het ek gewonder of hy dalk beter sal doen met so onderdanige vrou.

  11. Stem met jou saam. Hier is dit ook so. Sommige ou manne het hierdie oosterse dametjie wat so tree of wat agter hom loop om te kyk dat hy nie verkeerd loop nie! As dit n jongetjie is loop sy aan sy arm saam. Very interesting I must say!

  12. Ja miskien… ek dink egter dis vir sommige mans met ‘n ‘moeilike’ vrou tuis lekker om op ‘n ‘sakereis’ met die vroue deurmekaar te raak. Mens sien baie Westerse mans met die vroue aan die arm. Dalk is is die geleenthede net meer as bv. in Europa.

    Sug… aan die ander kant is ek nie ‘n kenner nie. Dit was net vir my opvallend

  13. Jy is seker reg! (Grinnik… is dit lekker?) Dit was net ‘n waarneming – ek verstaan half-en-half dat ‘n man met ‘n kwaai vrou tuis geselskap soek by iemand wat hom met soveel respek behandel. Wat vir my net tragies is, is dat mense wat eens soveel vir mekaar omgegee het so wegdryf.

    Aan die ander kant is ek die heel laaste een wat kan oordeel, want ek pas eintlik nêrens in.

  14. Ek het geweldige respek vir die oosterse mense in die algemeen. Kyk maar hoe ordelik het hul hulself gereorganiseer in tye van totale chaos en verarring met die aardbewing, Tsunami en toe die drygende kernramp in japan. Ek het niemand hul soos rampokkers sien gedra nie…

  15. Ja ek ook. Ons gids het ons baie van Boeddhisme vertel Dis baie interessant en daar is talle raakpunte wat my diep beïndruk het. As mens net na die verkeer in die land kyk is dit ongelooflik… hondbesig, maar niemand is vir niemand kwaad en jy hoor geen toeter. Ons was in spitstyd in ‘n toektoek (sp?) en die ou wou ons eers deur die stad neem, maar toe ons sê ons is haastig hotel toe maak hy net daar ‘n u-draai – ongelooflik- probeer bietjie ‘n u-draai in SA!

  16. Ek wonder of die mans hulle vrouens so respekteer, dat hulle as vrouens in ruil daarvoor onderdanig is. Want dan maak enige onderdanigheid vir my sin.

  17. Ek wens ons het sulke respek oraloor gehad. Ek lees in ‘n ou Huisgenoot dat die polisie nou gebruik word in skole en kinders tronkstraf opgelê word.

    Ek skud my kop in ongeloof…

    Mag die Vader met ons wees.

  18. MC Schoeman en (sorrie, maar weer die Ingelse se agterwerelde oor “etiket” se maai)
    die oosterlinge is die mees nederige en ordentlikste mense wat ek al teegekom het. Hulle het natuurlik hul skermunkels ook, maar algemene indruk

  19. Onderdanig en blykbaar goed tussen die lakens ook….daar is sekerlik tog iets goed aan dit ook. Let wel dat onderdanigheid nie beteken hulle word soos gemors en slawe behandel nie….eintlik doen hulle sonder dat hulle dit weet, presies wat die Bybel ook voorskryf en daarom werk dinge vir hulle goed.

  20. Dis waar Die vrou is nie soos die in die midde ooste wat nie praat of leef nie Hulle het baie spunk maar is tevrede dat die mans besluit.

  21. ‘n Vrou wat saam getoer het vertel hulle het langs ‘n vrou gesit wat Bangkok toe was omdat haar pa siek is. Sy vertel sy is met ‘n Afrikaanse man getroud. Hy is 45 sy 35 Hy het ‘n meubelwinkel en sy bedryf ‘n spa. Ek dink dit werk anders/beter as baie huwelike waar Afrikaners met anderse westerse mense getroud is?

  22. Ja dis baie waar. Sophia ons gids vertel egter dat hulle ook maar baie probleme het met die baie immigrante uit China. Ek wonder net hoe tevrede hierdie baie arm mense is?

  23. Nee jy is reg. Hulle word glad nie soos die in die Midde Ooste behandel nie. Hulle is ook vry om te werk en te sosialiseer soos hulle wil.

    Sophia het vertel dat die eerste opdrag van Boeddha is dat jy die goeie in jouself moet ontdek voor jy na ander kyk en dan sal jy ook die goeie in ander sien. Jy is reg God se opdrag is eerstens om Hom lief te hê en so ook ander. Ons maak dit vir onsself moeilik

  24. ek ook nie, maar later wou ek ook my hande saamvou en my kop buig! Ek het nie hier 5km in die verkeer gery voor ek my vererg het nie.

  25. Eenkeer op pad River Kwai toe het die mooiste klein meisietjie gevra om tog saam met die groot oom afgeneem te word.

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.