Cheetahs

Die volgende dag neem ons die pad na Keetmanshoop toe aan. Die dorpie is seker die naaste aan ‘n SA dorp.

Eers wil ek jou vertel van die cheetah rehabilitasiesentrum. Ek wil jou nie verveel met al die detail nie, maar die besoek het my persoonlik diep geraak. As mens dink hoe mense die natuur vernietig kan jy net jou hoed hoog lig vir mense wat hierdie wonderlike taak verrig.  Elke keer as ek die Golf-advertensie sien en die vrou sê ‘just because she can’t run, doesn’t mean she isn’t a cheetah’ kry ek knop in die keel – kan dit nie ook van ons mense gesê word.

Hulle word mak soos honde. Daar was twee jongetjies wat nou gespeen word en dan ‘n ouer wyfie.

 

Toe ons daar aankom was twee onrustig besig om teen die draad te loop – wag vir hulle kos sien.  Voor die dame met die kos gekom het verskyn die drie skaaphonde – die katte blaas – maar hulle gaan stil in ‘n ry lê!

 

 

 

Dis die ouer wyfie en ek het aan haar kop gevat soos met ‘n hond. Sjoe, die pels is dik soos die van ‘n chow-hond. Die was vir my baie spesiaal.

 

Tina het geleer dat: sy gewoonlik wegskram van sulke sentrums, omdat veral kinders en diere se pyn haar geweldig ontstem, maar dat mens dalk moeite moet doen om wel te gaan en dan ‘n besliste bydra lewer. Hierdie besoek was ‘n hoogtepunt van my toer.

17 thoughts on “Cheetahs

  1. Dankie… ek was so meegevoer deur die vrou en die feit dat ek aan een kon vat, dat die foto’s tweede gekom het – gelukkig was daar nog genoeg bruikbares.

  2. Dankie Flenters. Die sal geen pryse wen nie en is nie ‘n intellektuele meesterstuk nie, maar ook vir my ‘n soort van oefening om te besluit wat moet in of uit – grinnik – en ja dit staan einde se kant toe.

  3. Pragtig man, laat my nou rerig huistoe verlang. Hul spin ook soos katte is dit nie? Jy kan gerus n slag Hoedspruit se rehabilitasie sentrum ook gaan besoek.Dis nie so ver om te ry soos Namibie nie! Het een jaar daar gaan kyk, dis werklik wonderlik om te sien hoeveel moeite daar gedoen word om alles so natuurlik moontlik te hou.
    Jou fotos is “awsome”( regte NZ uitdrukking!)

  4. Wanneer jy nou hier in die Kaap kom kuier sal ek jou na Spier toe neem – daar is ook ‘n Cheetah Outreach, maar wat net so great is, is die Eagle Encounters. Die voëls kom sit op jou hand en eet van ‘n handskoen af.

  5. Behalwe dat ek ten alle koste die drade wou mis het ek nie baie aandag aan die foto’s gegee nie – dit was vir my ‘awesome’

  6. Hulle het vooruit gekom saam met die vrou… dit was sooooo mooi hulle het hulle glad nie aan die mense gesteur nie maar asof hulle die katte moes oppas gaan lê. Later toe ons bus toe is het een van hulle met ‘n bal aangekom en het ek vir hom gegooi… ek het toe sommer ook aan na my vriendin Hessie se Klare verlang.

  7. Ek is maar gewoonlik versigtig… ek wil nie stories van seer en swaarkry hoor nie. Ek het genoeg van my eie. Eendag sal ons nog so maak!

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.