Op ‘n G-noot

IMG_8220

Reg langs die ingang van Cinema Nouveau sien ek vir die eerste keer ‘n musiekwinkel raak. Ek neem aan dis nuut, want wat ookal voorheen daar was, het nooit my aandag getrek nie.

Ek besluit om sommer ‘n nuwe G-snaar vir my kitaar te koop. ‘n Heel snaar is net die ding om my vingers weer los te maak.

As kind het ek my eie akroniem uitgedink om die volgorde van die oopsnare (E B G D A E) te onthou: Ek Bring Gou Die Ander Een.

Op die rak sien ek slegs staalsnare en ek wend my tot die man agter die toonbank: “I’m looking for a nylon G-string.”

Die man draai om om vir my een te gaan haal.

Met die dat my woorde nog so in my eggogeheue talm, kry my giggelspiere skielik lewe. En vang my oog dié van ‘n mede-koper wat vir my breed staan en glimlag.

Pakslae, loesing, slaan, foeter …. noem dit wat jy wil

@losbek @avega @rosiemetdorings @charly @kompethenry na aanleiding hiervan.

Nie so lank gelede nie was dit in Westerse samelewings aanvaarbaar vir ‘n man om sy vrou te slaan. Daar was selfs wette wat daarvoor voorsiening gemaak het soos byvoorbeeld dat ‘n man nie sy vrou met ‘n stok dikker as sy duim mag slaan nie. Al word hierdie spesifieke wet vandag nie meer toegepas nie, staan dit steeds so in die Amerikaanse staat Alabama se wetboeke en is dit dus nog nie formeel geskrap nie.

Vandag weet ons darem van beter. Mens slaan nie aan ‘n vrou nie, uit en gedaan.

Hoekom dit dan steeds aan ons kinders doen? Hulle wat juis in hul vormingsjare op hul kwesbaarste is?

88 studies wat oor 62 jaar gedoen is, is ontleed om vas te stel wat die effek van pakslae op kinders is en daar is ‘n 93% ooreenstemming dat dit skadelik is. Hier is ‘n paar van die bevindings:

Lyfstraf vergroot die kans op anti-sosiale gedrag en kroniese uittarting in die kinderjare.

Pakslae is ‘n risikofaktor vir geweld en misdaad asook mishandeling teenoor ‘n lewensmaat en kinders later in die lewe.

Kinders wat deur hul ouers geklap of geslaan is, is twee keer meer geneig tot alkoholverslawing en dwelmmisbruik. Daar blyk ‘n lineêre verband te wees tussen die frekwensie van pakslae in die kinderjare en ‘n leeftyd se voorkoms van angsversteurings, drankmisbruik of afhanklikheid.

Pakslae word ook aan depressie gekoppel en hoe meer pakslae, hoe groter die waarskynlikheid van post-traumatiese stressimptome.

Lyfstraf wat gereeld toegepas word (byvoorbeeld pakslae meer as twee keer per maand) hou ‘n verhoogde risiko in vir hoër vlakke van aggressie wanneer die kind twee jaar ouer is. Hoe meer ‘n 3-6-jaar oue kind geslaan is, hoe erger is hul gedrag twee jaar later.

Kinders van ouers wat fisiese straf of skree as dissipline gebruik, is baie meer geneig om betrokke te raak in aggressiewe gedrag soos boelie en gemeenheid teenoor ander. Selfs minimale hoeveelhede van pakslae kan tot verhoogde waarskynlikheid van anti-sosiale gedrag lei.

Pakslae strem ‘n kind se verstandelike vermoëns aansienlik en het later in hul lewens ‘n laer IK tot gevolg. Daar is gekyk na lyfstrafpraktyke in 32 lande en in nasies waar pakslae meer algemeen was, is daar ‘n laer gemiddelde IK. Kinders wat onder pakslae deurgeloop het, het tot ‘n vyf-punt laer IK-telling as kinders wat nie fisies gestraf is nie. Veral die ontwikkeling van twee tot sesjariges se verstandelike vermoë is deur pakslae geraak. Hoe meer hulle geslaan is, hoe meer het hulle agtergeraak in kognitiewe ontwikkeling. Minder is bekend oor waarom pakslae kognitiewe ontwikkeling strem. Een moontlikheid is dat ouers wat slaan, minder geneig is om redenasie wat goed is vir ontwikkeling, te gebruik.

Ouers wat raps of pakslae uitdeel is meer geneig om ander vorme van lyfstraf en ‘n groter verskeidenheid van verbale en ander strafmaatreëls te gebruik. Wanneer dit faal, is hulle ook geneig om die intentisiteit daarvan te verhoog eerder as om strategieë te verander. Verder is hulle meer geneig om te slaan wanneer hulle kwaad, geïrriteerd, depressief, moeg of gespanne is en om dit eenvoudig te “verloor”.

Ouers wat as kinders gereeld lyfstraf ervaar het, beskou dit as aanvaarbaar en gee dikwels hul eie kinders loesings. Hul kinders gebruik dan weer op hul beurt aggressiewe strategieë vir konflikoplossing. Pakslae skep ‘n model vir die gebruik van aggressie, juis omdat kinders geneig is om ouers se gedrag na te boots.

Hier is ‘n meer volledige verslag:

‘n Kommersiële kort video van Dr Phil:

Kyk gerus hier na die insiggewende Carte blanche-verslag “Spare the Rod”.

Lees ook hier oor meer as vier dekades se navorsing wat saamgevat is in ‘n nuwe boek deur Murray Straus, stigter van die Family Research Lab en emeritus professor in sosiologie aan die Universiteit van New Hampshire.

Bykomende bronne:

Die storie agter die gesiggies

Na aanleiding van my vorige inskrywing.

Ek het slegs ‘n paar basiese foto’s gebruik en bloot die gesigte daarop gecrop.

Op die foto’s waarvoor gepose is, sien mens behoorlik iets van als. Ernstig, vrolik, verspot ….

2008-02-19 IMG_0219 copy 122006-12 Plaas 1 018 copy

…. en natuurlik ook skaam.

Vir die volgende foto is daar nie rêrig gepose nie, ek het maar net die geleentheid aangegryp om ‘n besonderse toneeltjie af te neem.

2008-02-20 IMG_0074 copy 2

Hoekom die outjie regs so sielsongelukkig was weet ek nie, maar dis mos ook maar deel van die lewe.

Die kinders wat bedrywig was met dagtakies of sommer net besig was om te ontdek, was die ene konsentrasie.

2008-02-20 IMG_0005 copy 4 2008-02-20 IMG_0002 copy 2 2008-02-21 IMG_0111 copy 5

Jammer vir die voete wat so afgesny is, maar die outjies was baie woelig en aan die gang.

En dan, die kinders wat aan’t spele was.

2008-02-16 IMG_0029 copy 5

IMG_0080 copy 2

Heel vrolik en opgewek, soos dit hoort.

En laastens, wat is kindwees dan nou sonder ‘n verbeelding?

IMG_0202 copy 3 IMG_0204 copy

Die musiek wat ek gekies het was nie my eerste keuse nie. Ek wou eerder hierdie ongelooflike mooi song uit Madagaskar gebruik, maar dis ongelukkig te lank en die slideshow sou dan veels te uitgerek gewees het. Ek kon dit ook nie oor my hart kry om die musiek halfpad kort te knip nie.

 

 

Van willewragtag tot stroopstroopsoet

In teenstelling met die Kosaksong op ‘n vorige blog, iets heeltemal anders uit die hartjie van Rusland.

Regte tagtigerjare modes en haarstyle. Dis nou nie heelbo aan my lys van gunstelinge nie, maar tog goed genoeg vir daardie rondrol-nagte wanneer ‘n ooraktiewe brein sukkel om tot ruste te kom.

En nou gaan ek dit ‘n onreg aandoen deur die direkte googlevertaling van die lirieke hier te plaas, ter wille van die nuuskierige agies (indien enige).

Of nee, liewers nie. Doen dit self as jy nuuskierig genoeg is. En as jy nou rêrig verveeld is, kan jy die woorde hier probeer volg terwyl hulle dit sing. 😉

А мне опять твой голос чудится,

Жизнь моя, боль моя,

Быть может, наша встреча сбудется,

Ведь так мала Земля.

Мне всё дороже, всё родней

Воспоминания далёких дней,

И мне всё чудится, чудится

Город прежний, тихая улица, голос нежный.

 

Где нет любви, там нет надежды,

Выходят в свет чужие повести,

Новых дней, юных лет,

Другая жизнь, другие скорости,

Весна иных Джульетт.

праздничных огней

Воспоминания ещё острей,

А мне всё чудится бережно мной хранимый,

Кружится, кружится диск старинный

Тобой и мной такой любимый.

 

И снова мне твой голос чудится,

Жизнь моя, боль моя,

Едва ли наша встреча сбудется,

Так велика Земля.

В твоём окне зажжётся свет,

Но этой улицы на свете нет.

И только дальняя, дальняя

Песня ветра сердцу печальному,

Нет ответа и лишь надеждой жизнь согрета.

my opRegte apologie

(Tina se uitdaging)

hieRmee bied ek gRaag veRskoning aan omdat my wolkepRojek nog nie ingehandig is nie. ek besef dat ‘n iedeR en elk van julle in spanning wag om dit ondeR oë te kRy, daarom gee ek julle die veRsekering dat dit wel teen vRydag klaaR sal wees.

weeReens jammeR vir die ongeRief

😉

Edit: Ag nee vrrrek. En sien Perrebytjie het my toe nou wrrrragtag voorsgespring. Damn.

Cossacks never say die!

‘n Lekker woeste Kosak-song vir Henry na aanleiding van ons gesprek hier.

@kompethenry

Die Kosakke is ‘n groep van hoofsaaklik Oos-Slawiese mense in Oekraïne en Suid-Rusland wat veral as onverskrokke, uitmuntende perderuiters vir eeue vrees by die vyand ingeboesem het. Saam met die Tsaredom van Rusland het hulle met die stelselmatige verowering en kolonisering van land begin om grense te beveilig.

Gedurende Napoleon se inval in Rusland was dit hulle wat die meeste deur die Franse troepe gevrees was. Napoleon het juis verklaar dat die Kosakke die beste perdekrygers ooit was.  Só lyk hulle as ruiters:

Vanweë hul militêre tradisie het Kosakmagte ‘n belangrike rol in Rusland se oorloë  van die 18de tot die 20ste eeu gespeel. In die laat 19de, vroeë 20ste eeu is hulle gebruik om omvattende polisiediens te verrig en het as grenswagte gedien op nasionale en interne etniese grense.

Tydens die Russiese burgeroorlog het die Kosakke egter openlik oorlog teen die Bolsjewiste verklaar en hulself teen 1918 algeheel onafhanklik verklaar.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het etniese Kosakke aan beide kante van die konflik geveg. ‘n Groot aantal het hul aan die kant van die Duitsers geskaar in reaksie op die onderdrukking en volksmoord op hul mense as gevolg van Joseph Stalin se beleid. Die oorgrote meerderheid het egter teen die Nazi’s geveg en hul diens was deurslaggewend. Hulle is gebruik vir frontale patrollies en logistiek op die oop vlaktes (steppe) wat hulle goed geken het.

Na die oorlog is die Kosakke vrygestel van die Sowjet-leër. Tydens die Perestroika-era van die laat 1980’s was hulle entoesiasties oor die hervatting van hul nasionale tradisies. Vele pogings is aangewend om die Kosak-impak op die Russiese samelewing te verhoog en plaaslike owerhede het ooreengekom om sommige administrasie- en polisiëringspligte aan hulle te oorhandig. In Rusland se 2010 Bevolkingsensus is die Kosakke dan ook as ‘n etnisiteit erken.

Ironies genoeg het die woeste song hierbo (Cossacks Never Say Die!) niks te doen met waansinnige gevegte, riviere bloed en berge afkoppe nie. Dit gaan inderwaarheid oor ‘n Kosak wat toenadering soek tot ‘n meisie wat in ‘n tuin werk, maar sonder sukses.

Glas vir ‘n eksentrieke, passievolle vrou

Nieu-Bethesda in die Groot Karoo is vir die meeste mense bekend as die dorpie waar die Uilvrou, Helen Martins, gebore is, gewoon en gesterf het. Sy was wel vir ‘n tyd weg uit die dorp, maar het na twee mislukte huwelike weer teruggekeer om na haar siek ouers om te sien. Na hul dood het sy in die huis agtergebly om dit te herskep.

IMG_0303 copy

Sy het ‘n passie vir glas, veral gebreekte glas, ontwikkel wat sy orals in en om die huis laat sement en vasgeverf het.

IMG_0290 copy

Nadat sy haar huis binne heeltemal omskep het in ‘n mengsel van kleur, lig en glas, het sy haar aandag op die erf toegespits en begin om lewensgrote beelde te maak.

IMG_0253 copy

Miss Helen is deur die dorp se mense verstoot bloot omdat sy nie soos die hoofstroom was nie. En omdat sy nie kerk toe wou gaan nie. Net die kinders het vir haar glas en leë bottels, stukke metaal en draad aangedra wat sy nodig gehad het.

IMG_0293 copy

Die gemaal van die glas om met sement te meng het haar oë op die ou end ernstig beskadig.

Voor haar dood (sy het haar eie lewe geneem deur seepsoda te drink) het sy die wens uitgespreek dat haar Uilhuis behoue moet bly as ‘n museum ná haar dood. Dis ironies dat dit juis die Uilhuis is wat die dorp vandag aan die gang hou – die dorp wat haar eens verstoot het.

photo

 

 

Moerse teleurstelling

Met die dat die soet belustigheid Kelkie gister tref, glip sy vinnig by Mug & Bean in vir ‘n hemelse stuk lemon meringue. Maar omdat geen normale mens ‘n tipiese M&B-porsie op een slag kan verorber nie, versoek sy die kelnerin om die oorskiet vir haar in ‘n doggy bag te sit.

Toe sy nou vanmiddag lus raak vir die res en die bakkie uit die yskas loop haal, vind sy dié daarin:

IMG_6819

Damn.

Die outopsie

So ‘n jaar en ‘n half gelede het Kelkie haar Kindle mos in ‘n skuimbad laat val. Nadat sy google-raad ingewin het, het sy hom saam met rys in ‘n plastiese sakkie geseël in die hoop dat die rys (basmati nogals) die vog mettertyd sou absorbeer. Wie weet, dalk sou hy dan later, soos Sneeuwitjie in haar glaskis, nuwe lewe kry.

Maar Kelkie het mettertyd vergeet waar sy die drenkeling gebêre het en met die dat sy in elk geval vir haar ‘n iPad aangeskaf het, het sy ophou soek.

Vanoggend kom sy toe nou toevallig op die Kindle af, netjies verpak in sy oorspronklike bruin boksie binne-in die spaarkamerkas.

Sy het hom uit die sakkie rys gehaal en hoopvol aan sy laaier gekoppel, maar verniet. Geen nuwe lewe nie.

Toe doen sy en Wederhelf maar ‘n outopsie.

Oorsaak van dood: Kortsluiting.