As alle drome maar kon waar word

Sê nou net die lang, uitgerekte verbod op die koop van sigarette het ten doel om meer en meer onwettige sigarethandelaars vas te trek ten einde die net al hoe nouer om die hooframpokker te span?

Mens mag maar droom ….

Twee weke voor ons nasionale inperking het ek joernaal begin hou oor my ervaring rondom die Covid-19-pandemie. Pligsgetrou het ek elke dag notas op een van my drie devices gemaak, afhangende van watter een byderhand was. Dit sál mos sync. Het ek gedog. Te laat het ek besef my daaglikse skrywes – toepaslike foto’s, video’s, die lot – het nooit gesinkroniseer nie. Gmf. Móét die kuberwolk wees. Kan tog sekerlik nie my eie skuld wees nie. Al die skryfseldrade sal een vir een opgetel, uitgepluis en as geheel herrangskik moet word.

Die dat ek nou maar eerder droom. Soveel makliker. En wie weet, dalk kan alles met die druk van ‘n instellingsknoppie in die regte volgorde getoor word.

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.