Soos net ‘n pou kan pronk …. of nie

Ons het onlangs ‘n draai by die Willow Feather Farm gaan maak waar ek so gelukkig was om dié mannetjiespou se imposante hofmakery met my selfoon te kon vasvang. Om nie eens te praat van nog ‘n pou se kostelike, lomp vertoninkie direk daarna nie :-)

Ongelukkig weet ek nie of die tweede een ‘n wyfie of ‘n onervare jong mannetjie is nie. Laasgenoemde kry eers op drie jaar tydens die broeiseisoen ‘n indrukwekkende stertveredos terwyl wyfies volgens een bron blykbaar soms ‘n mannetjie se vertoning probeer naboots.

 

2 thoughts on “Soos net ‘n pou kan pronk …. of nie

  1. Nope dis ‘n jong mannetjie, het iemand my nou weer aan die twyfel. Wyfies se kleure is nie so helder nie, seg hy. Ek hét nogal aanvanklik gedink daai blou strek te ver ondertoe vir ‘n wyfie.

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

Jy mag hierdie HTML-merkers en eienskappe gebruik: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>