Niemand gaan jou kom red nie. Hierdie lewe van jou is 100% jou eie verantwoordelikheid.

Vanoggend in die dokter se wagkamer vertel die ontvangsdame my dat daar twee dae tevore by die praktyk ingebreek is. Al die rekenaars en eksterne hardeskywe – backups die lot – is gesteel. Nou moet hulle álles oordoen.

Natuurlik spreek ek my verbasing uit oor die feit dat die rugsteunskywe op dieselfde plek as die rekenaars gehou is. Boonop is al die pasiënte se besonderhede nou in vreemde hande en kan nie eens passwords tegnologiekenners verhoed om daarby uit te kom nie. En daar’s niks wat mens nou daaraan kan doen nie. Ek ken die gevoel van magteloosheid, het self al onder inbrekers deurgeloop.

In die spreekkamer spreek ook die dokter haar frustrasie uit en noem dat iemand vroeër die oggend vir haar ‘n mooi boodskap gestuur het. Sy tel haar selfoon op, soek ‘n rukkie rond en begin dan voorlees.

‘n Bybelversie. Sug.

“Ek’s die verkeerde een om dit voor te lees,” knip ek haar kort. “Ek’s ongelowig.”

Sy kyk my verontwaardig aan. “Dit bied vir my troos.”

“Dan soek jy mos troos by die een wat dit alles in die eerste plek toegelaat het.”

Sy dink vir ‘n oomblik na. “Waaraan glo jy?”

“Ek’s ‘n volbloed ateïs. ‘n Humanis. Vrydenker. Glo aan geen supernatural gods nie.

“Vir hoe lank al?”

“Al vir jare. ‘n Reuse las het van my skouers afgeval toe ek godsdiens vaarwel toegeroep het. Nou glo ek aan lewe vóór die dood, maak die beste van hierdie een lewe tot my beskikking.”

Ek kan sien sy’s ge-rattle. Gelukkig is ek net daar vir ‘n herhalingsvoorskrif.

Toe ek opstaan is sy skoon bewoë en ek wens haar sterkte toe. Ek voel werklik jammer vir haar. In die wagkamer wens ek ook die ander personeellede sterkte toe. Meer kan ek nie vir hulle doen nie.

5 thoughts on “Niemand gaan jou kom red nie. Hierdie lewe van jou is 100% jou eie verantwoordelikheid.

  1. Lewe voor die dood!! BG – ek glo ook daaraan. Toe ek die “shackles” van die geloof van my afgeskud het, het Jesus se woorde ironies genoeg, by my opgekom: “Die waarheid sal julle vrymaak”. Die waarheid hier vir my was die besef dat die hele geloofswêreld menslike konstrukte is.
    Mooi week vir jou.

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

Jy mag hierdie HTML-merkers en eienskappe gebruik: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>